Аннотация

Terwyl die 17-jarige Marta se pa in haar arms sterf, vra hy haar om na haar ma om te sien. Sy vertolk hierdie belofte letterlik en verlaat die skool. Marta verwerf ’n diploma in haarkappery en begin ’n haarsalon in haar tuisdorp, sodat sy haar ma kan versorg. Mettertyd kring haar dienslewering wyer uit: na die ouetehuis in Lambertsbaai en werk by die kerk. Sy en haar Ma het ’n roetine van Bybellees en bid in die aand, maar dis net nog ’n plig en hul gebede steek vas by afgerammelde rympies. Sy neem haar kort-kort voor om haar lewe beter in te rig, maar dit gebeur nie. Eendag word dit alles te veel vir haar – die dag toe haar blinde bewondering vir Deon Swanepoel haar in groot verleentheid bring. Dít is Marta se verhaal en hoe sy uit ’n web van pligpleging, onderdrukking, skewe waardes en onmoontlike drome bevry word. Hierdie treffende verhaal van onvervulde drome, leë werke en liefdelose pligplegings wat geen bevrediging bring nie, maar net hartseer en verwyte, wys dat alles omgedraai kan word wanneer mense tyd maak vir Jesus. Deur sy vergifnis en sy liefde te aanvaar, kan jy met dankbaarheid die toekoms tegemoet gaan.

Аннотация

Oorkom jou vrees is die vierde boek in Lux Verbi se nuwe Bybelstudiereeks, Ontdek God in die Bybel. Hierdie nuwe boek fokus op die vele maniere waarop vrees die gelowige se lewe kan beïnvloed en hoe om hierdie verskillende vrese te oorkom. Benescke Janse van Rensburg behandel die vele fasette van vrees aan die hand van ’n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe. Oorkom jou vrees is nie net 31 daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as ’n Bybelstudieboek vir groepe. Die skrywer verskaf Bybelverwysings en besprekingsvrae by elke hoofstuk, wat verdere studie en bespreking moontlik maak, asook ’n gebed wat leiding kan gee aan die leser se eie gesprek met God. Hierdie boek vorm deel van Benescke se passie om God se Woord en beloftes op ’n kreatiewe en relevante manier met ander te deel. Sy verseker haar lesers daarvan dat, ongeag wat die situasie is, jy vreesloos kan leef met die wete dat God steeds wonderwerke doen.

Аннотация

Ignatius Smit sterf by geboorte op Woensdag, 3 Maart 1982 op Katima Mulilo in Namibië se Kaprivistrook. Omdat Ignatius se ouers die sendingpaar is, word hy begrawe op ’n afgeleë plek in ’n bos, naby die graf van magistraat Trollop wat aan koors in Barotsiland gesterf het. Sy ma sukkel om sy dood te verwerk, omdat sy as geestelike leier verantwoordelik voel vir die vertroosting van die dorpsmense, wat net so platgeslaan is deur sy onverwagte dood. Jare later haal sy onverwekte dood haar in. Hierdie is háár, Leonette, se verhaal. Dis ’n verhaal van verlies en die verwerking daarvan, wat grootliks afspeel binne die militêre milieu – waarvan grenslewe ’n groot komponent is. Baie jare later kry sy vertroosting deur berading en musiekterapie van ’n orrelsimfonie van Saint-Saëns. Dit gee vir haar ’n visualisering van Ignatius se lewe na die dood. Só kry sy volkome bevryding vir haar pynlike smart. Grens sal veral spreek tot lesers wat bekend is met verlies en die proses van rou ná die dood.

Аннотация

Dit is Augustus 2011 in Jerusalem. Marc verlaat die Ou Stad vir sy verpligte jaarlikse reserwediens van een maand in die Negev, terwyl die kinders somerskoolvakansie hou in Bat Yam, naby Tel Aviv by die see. Dis dan wanneer Rikvah die nuus van die skietaanval hoor. Geweld en terreur is steeds deel van die normale gang van lewe in Israel. Tog probeer Marc dit by die seuns tuisbring dat geweld nie ’n oplossing is nie, terwyl hy self worstel om die grusame ervarings van oorlog te verwerk. Dan kontak Gadi Marc en nooi hom uit om hom in Parys te besoek. Dis daar wat Marc gekonfronteer word met herinneringe van sy eerste liefde, sy pa wat gay was, en die verlokkinge van die wêreld . . . Klein Natan word siek en hy moet hom huis toe haas. Ten spyte van al sy vrese plaas Marc sy vertroue inHaShem, die Een wat Adonai is, die Koning van die Heelal, wat doen wat reg is in sy oë. Kavod Adonai, die vrese van die Here, is die sesde titel in Marzanne-Leroux Van der Boon se gewilde Israel-reeks. Lesers sal hul opnuut verdiep in die lief en leed van Marc Krige en sy gesin.

Аннотация

Stukkies van die hemel op aarde bied fynproewer-leesstof vir mense met ‘n verlange na méér wanneer hulle ‘n geestelike boek optel. Die gedagtes, insigte en humor in die stukke in hierdie bundel verteenwoordig die essensie van Dirkie Smit se verrykende denke en verstommende belesenheid in die teologie en kultuur; van sy lesings, prediking en gesprekke oor baie jare. By die lees van hierdie pragboek kom die leser onder die indruk van die uitsonderlike wysheid en lewensrypheid van hierdie skrywer, denker en mentor van vele.

Аннотация

Soet, mooi woorde kan mens mos raam of in jou Bybel bêre of teen jou hart vasdruk. Hulle las niks by jou heupmaat nie en verwelk ook nie weens die geringste bietjie hitte nie. Woorde van liefde en waardering kan koel skadu’s gooi oor ’n songeskroeide gemoed en ’n volmaan laat skyn in ’n hart wat onontwykbare donkertes moet deur. Opregte, fyn gekose, koesterwoorde kan vaaltes kleur en droogtes breek. Hierdie boek is gevul met sulke woorde. Dit bied die leser ’n versameling essays met spesiaal uitgesoekte woorde. Woorde wat jou sal goed doen. Woorde wat jou lewe sal verryk. Woorde wat jou sal laat voel jy word verstaan en waardeer. Woorde wat jou Lig sal bring. Só deel Annalise Wiid met haar lesers 56 essays wat sal bemoedig en inspireer, wat lesers sal wil lees en wéér lees.

Аннотация

Hierdie bundel is ’n versameling uit die keur van Marzanne Leroux-Van der Boon se essays wat die afgelope agt jaar in Lééf met hart en siel verskyn het. Haar vertellings is kort sketse oor die lewe wat handel oor al dié dinge wat ons lewens inkleur, soms met sagte pastelle, en soms met harder hale. Dit vertel van die weerloosheid van die mens, maar ook van hoop en vertroue. Dit beskryf die uitdagings wat die lewe ons bied, maar ook die vertroosting van die Here se liefde en genade wanneer ons dit die nodigste het. Dit teken die afwagting en onsekerheid van reis en verhuis, die kommer en chaos van siekte en dood, maar ook die teenwoordigheid en die voorsiening van die Een wat ons hartseer laat bedaar en ons soms ’n dubbelporsie van sy goedheid gee, sodat ons blymoedig van blydskap kan dans.

Аннотация

Twee jaar gelede was Emily Covington ’n dwelmverslaafde. Intussen was sy ’n jaar lank in ’n rehabilitasiesentrum en sedertdien gebruik sy nou al vir ’n hele jaar lank glad nie dwelms nie. Tog sukkel haar gesin steeds om haar te vertrou en is haar ma voortdurend bekommerd dat sy ’n terugslag sal hê. Na alles wat gebeur het terwyl sy aan dwelms verslaaf was, moet sy haarself nou bewys. Wanneer Emily en Lance ‘n tuisgemaakte bom onder Emily se kar kry, en sy uitvind dat een van haar vriende se vrou dieselfde oggend vermoor is, begin sy twee en twee bymekaarsit. ’n Gesprek wat sy met twee mans gehad het, ’n Alfred Hitchcock-fliek en die beplanning van ’n dubbelmoord – skielik maak alles sin. Emily is die enigste een wat die moordenaar kan identifiseer en die volgende potensiële slagoffer se lewe kan red! Maar gaan enigeen haar glo? Terwyl sy naarstiglik probeer om die stukkies van die legkaart bymekaar te sit en die owerhede te oortuig van die waarheid, word sy die fokus van die ondersoek! Sy het gedoen presies wat die moordenaar wou hê … en hy gaan nie ophou voordat nog lewens vernietig is nie.

Аннотация

Аннотация

Afterlives of the Saints is a woven gathering of groundbreaking essays that move through Renaissance anatomy and the Sistine Chapel, Borges’ «Library of Babel,» the history of spontaneous human combustion, the dangers of masturbation, the pleasures of castration, “and so forth” — each essay focusing on the story of a particular (and particularly strange) saint.