Аннотация

Hierdie is ’n versameling ware verhale wat God se almag en ingryping in die lewe van sy kinders illustreer. As joernalis in die geestelike en inspirasiemark het Benescke Janse van Rensburg oor die jare talle onderhoude gevoer met mense wie se stories haar meer van God se karakter geleer het. In Ontdek God in die stories van mense deel Benescke hierdie ontdekkings oor God se karakter met haar lesers. Sy rangskik hierdie ontdekkings van A tot Z volgens die karaktereienskap van God wat uit die gebeure na vore tree. Die toeganklike A-tot-Z-formaat maak dit ideaal vir gemeentestudie, huisgodsdiens, Bybelstudiegroepe en selgroepe. Ontdek God in die stories van mense laat ’n mens opnuut lief word vir die almagtige God wat ons dien, bou ’n mens se geloof vir moeilike tye en help ’n mens om vas te staan in die storms van die lewe.

Аннотация

Oorkom jou vrees is die vierde boek in Lux Verbi se nuwe Bybelstudiereeks, Ontdek God in die Bybel. Hierdie nuwe boek fokus op die vele maniere waarop vrees die gelowige se lewe kan beïnvloed en hoe om hierdie verskillende vrese te oorkom. Benescke Janse van Rensburg behandel die vele fasette van vrees aan die hand van ’n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe. Oorkom jou vrees is nie net 31 daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as ’n Bybelstudieboek vir groepe. Die skrywer verskaf Bybelverwysings en besprekingsvrae by elke hoofstuk, wat verdere studie en bespreking moontlik maak, asook ’n gebed wat leiding kan gee aan die leser se eie gesprek met God. Hierdie boek vorm deel van Benescke se passie om God se Woord en beloftes op ’n kreatiewe en relevante manier met ander te deel. Sy verseker haar lesers daarvan dat, ongeag wat die situasie is, jy vreesloos kan leef met die wete dat God steeds wonderwerke doen.

Аннотация

Kort op die hakke van die eerste titel in die nuwe Bybelstudiereeks, Ontdek God in die Bybel, is daar nou ’n nuwe dagstukkieboek uit Benescke se pen. Hoop in tye van nood. Daaglikse oordenkings oor Psalms is nie net 31 daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as ’n Bybelstudieboek vir groepe. In dieselfde trant as Ontdek God in die stories van mense behandel Benescke elke hoofstuk van Psalms aan die hand van ’n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe. Die eerste titel in die reeks was Wysheid. Oordenkings oor Spreuke.

Аннотация

Ná die ongelooflike sukses van Benescke se eerste boek, Ontdek God in die stories van mense, is daar nou ‘n dagstukkieboek uit haar pen. Wysheid – 31 Daaglikse oordenkings oor Spreuke – is nie net daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as ’n Bybelstudieboek vir groepe. Dis die eerste titel in Lux Verbi se nuwe Bybelstudiereeks – Ontdek God in die Bybel. In dieselfde trant as Ontdek God in die stories van mense behandel Benescke elke hoofstuk van Spreuke aan die hand van ’n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe.