Аннотация

Romeine 12: 2 “…maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe…”
Met Dink jouself gelukkig wys die wêreldbekende spreker Pieter van Jaarsveld jou hoe jy jou lewe kan omkeer. Dié inspirerende boek: • Ontbloot ondermynende mites oor geluk • Verduidelik dat vreugde vir alle mense beskore is • Wys hoe jy jou brein kan herbedraad • Inspireer jou tot ’n positiwe ingesteldheid • Bevat die nuutste navorsing en tegnieke

Аннотация

Rainbow through my tears presents the reader with 31 devotions, prayers and inspirational quotes that share God’s consolation in turbulent times, as well as a list of Bible promises for specific needs in difficult times.

Аннотация

Ronell Bezuidenhout lei jou om – aan die hand van ou geloofstradisies soos eenvoud en afsondering – hierdie stilte te ontdek, en God weer opnuut te ervaar.

Аннотация

Gebede vir elke vrou is ’n versamelboek van gebede vir vroue. Wat ookal jou ervaring, dié boek bied jou ’n gepaste gebed: of jy nou hartseer is, jou bekommer, eensaam en verlate voel of siek is. Gebede vir elke vrou bevat ook wonderlike gebede vir jou huwelik, oor en vir jou kinders en oor vriendskap. Van groot vreugde tot die diepste hartseer – vind die gebed wat jou gemoed nodig het hier.

Аннотация

As jy al gewonder het oor die sin van die lewe, of dalk vuisvoos is vir ’n plastiekgodsdiens wat net kitsantwoorde opdis en heeltyd vertel hoe maklik dit is om in Christus te glo, is hierdie boek vir jou bedoel. Dit wil juis vir jou op daardie kant van die evangelie wys wat ook rekening hou met al die swaarkry, onsekerhede, vrese, skuldgevoelens en pyn van die lewe.

Аннотация

Corrie ten Boom en haar doodgewone gelukkige gesin bly bo haar pa se horlosiewinkel met die uitbreek van die Tweede Wêrerldoorlog. Hulle word genader deur die Nederlandse versetbeweging om te help met om vervolgde Jode weg te steek. Sonder om twee keer te dink reik hulle uit na dié mense in hul verskriklike nood. Dan word hulle verraai … Corrie ten Boom se verstommende ware verhaal van liefde en hoop leer ons om op God te vertrou in alle omstandighede, selfs in ’n Nazi-konsentrasiekamp. Dié storie oor die wonder van onvoorwaardelike liefde is vandag net so relevant as in Nazi-Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog.

Аннотация

Van ’n arm kind wat saam met die twee huishonde op die straathoek vir haar ouma sit en wag, tot suksesvolle nuusleser op eNuus … Die radiopersoonlikheid en motiveringspreker Jenna-Leigh February vertel haar eie lewensverhaal van swaarkry en seer en hoe sy dit, met die hulp van God, in sukses omskep het. Net soos Hy haar gehelp het, kan God en ons deurdra met sy goedheid en guns, selfs in die slegtste van omstandighede. Jenna-Leigh se eerlike en openhartige verhaal inspireer ons almal om God te volg en Hom te verheerlik. ’n Merkwaardige en aangrypende ware verhaal wat lesers sal inspireer en vertroos.

Аннотация

Geen verhouding is altyd gemaklik en foutloos of sonder konflik nie. Dit is dikwels die andersheid van jou lewensmaat wat jou in die eerste plek na hom of haar aantrek. Maar later lei hierdie andersheid tot groot konflik. Ek en jy verskil hemelsbreed gee praktiese raad oor hoe om met hierdie verskille saam te leef en julle huwelik ten volle te geniet. Louise van Coller bespreek huwelike in vandag se realiteit, praat uitvoerig oor verskillende persoonlikheidstipes, verskillende agtergronde, die invloed van kinders op huwelike, konflik en konflikhantering. Bekende paartjies soos Corné en Justine Krige en Bobby en Annatjie van Jaarsveld se huwelike word as gevallestudies gebruik. Ek en jy verskil hemelsbreed is ’n boek vir jong-getroudes, ontnugterdes, leë-nessers, geskeides, getroudes met jong kinders of diegene wat ’n tweede huwelik oorweeg.

Аннотация

Dit is belangriker om om te weet hóé om te lewe as om die korrekte belydenis te vind. Die sin van die Christelike geloof is nie soseer dat dit ’n rustige verblyf in ’n hiernamaals waarborg nie, maar dat ons hiér in liefde teenoor mekaar kan leef en van hierdie wêreld ’n beter plek kan maak

Аннотация

In talle huise het Ena Murray deur die jare ’n bekende en geliefde naam geword. Wie haar boeke ken, sal weet: hier is iemand aan die woord na wie ’n mens graag luister, iemand by wie jy tuis voel. En nou, in dié hersiene, bygewerkte uitgawe (bygewerk met nuwe stukkies en gedigte uit haar boek Roosknop vir ’n engel – verse vir ’n vrou) van Ena Murray Oordenkings kom lê sy weer besoek af by haar duisende vriende – hierdie keer met ’n dwingende uitnodiging: Kom loop saam met my die pad wat die Here vir sy mense bestem het! Uit haar persoonlike omgang met die Skrif, uit haar eie ervaring met die lewe van die gees bring sy in 366 dagstukke boodskappe vir elke dag van die jaar. Sy vermaan, sy verduidelik, sy bemoedig, sy roep op tot nadenke. En dan, aan die einde van elke dagstuk, lei sy haar lesers in ’n kort, kernagtige gebed na die Troon van Genade. Ena Murray Oordenkings is ’n boek vir die private stiltetyd, ongeag die ouderdom van die leser. Dit is ook ’n boek vir die gesin wat sáám oor die dinge van God wil besin