Аннотация

Hoe bereik ons ander mense vir die Here? Hoe kan ons uitreik sonder om mense af te sit? Hoe kan ons mense van God se liefde en omgee oortuig? Ons uitdaging is om vars te dink oor hoe ons ons geloof uitleef. Maar denke alleen is nie genoeg nie. Inligting ook nie. Ons kort 'n nuwe styl – Jesus s'n. Bekroonde teoloog Stephan Joubert, skrywer van meer as 60 plaaslike en internasionale boeke, daag ons met hierdie boek uit om anders te dink – en te doen.

Аннотация

"Vandag is die enigste tyd wat jy het om iets konstruktief gedoen te kry … en ook om vir die Here te leef." 'n Lewe voor God is 366 dagstukkies uit die pen van een van Suid-Afrika se geliefde skrywers en teoloë, Stephan Joubert. Met dié keur uit sy dagstukkies help Stephan ons om elke dag bewustelik en met oorgawe in die aangesig van God te leef. Hy lei ons deur middel van temas soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade om elke dag in eerlikheid voor God ons lewe aan te pak.

Аннотация

As jy al gewonder het oor die sin van die lewe, of dalk vuisvoos is vir ’n plastiekgodsdiens wat net kitsantwoorde opdis en heeltyd vertel hoe maklik dit is om in Christus te glo, is hierdie boek vir jou bedoel. Dit wil juis vir jou op daardie kant van die evangelie wys wat ook rekening hou met al die swaarkry, onsekerhede, vrese, skuldgevoelens en pyn van die lewe.

Аннотация

Moet ek bly of emigreer? Is hier plek vir my in Suid-Afrika? Ons moet ons besluite as morele keuses benader. Ons het dan minder keuses om te maak omdat ons al daardie selfsugtige keuses van die tafel af vee. Morele keuses organiseer ons opsies beter in verskillende kompartemente vanaf eties tot oneties, en vanaf nuttig tot nutteloos. Ons wil hê ons lewens moet iewers tel, daarom maak ons gedurig goeie keuses. Ons maak morele keuses – ook wanneer ons reis-en-verblyf keuses maak.