Аннотация

Well-known and respected theologian Prof. Denise Ackermann openly explores her experiences after she was diagnosed first with cancer, and then with macular degeneration leading to impaired sight. She shares her search for answers in this gripping, thought-provoking book. Honest and revealing, she grapples with her faith in Jesus in this, her “biography of faith” – faith in “the man on the borrowed donkey”, as she calls him. Facing some of life’s hardest questions, she discovers the ability to view her own life with the eyes of faith and to see, above all else, a history of blessings – many blessings.

Аннотация

Jakobus skryf sy brief aan Christene in ’n era van konflik. Rondom hulle in die samelewing is daar rusies en konflik; tussen hulle as gemeentelede is daar stryd en onmin; en binne-in hulself is daar teenstrydige begeertes, onsekerheid, en twyfel oor wat hulle te doen staan. Christene in Suid-Afrika beleef tans ook konflik van allerlei aard. Dit maak nie saak waar ’n mens kyk of van watter Christene ’n mens praat nie. Die ironie is dat ons dikwels nie besef ons is die oorsaak van ons eie probleme nie. Deur hierdie bestudering van Jakobus, word ’n spieël opgehou waarin lesers kan kyk met die doel om konflikte te bowe te kom, vrede te vind en genees te word.

Аннотация

Ryker as die tempelkore is ’n persoonlike reis na ’n dieper kennis van die God wat ons oorvloediglik met genadegawes seën. Die skrywers nooi die leser om hul opnuut in die Psalms te verdiep en sodoende in te gaan in die magtige krag van één Woord en één verbond. Ou-Testamentiese psalms word met Nuwe-Testamentiese Skrif gekombineer om die leser die geestelike dissipline te wys waardeur die gelowige van duisternis na lig, van radeloosheid tot sekerheid kan beweeg. Hierin herontdek die leser die Ou Testament en die Nuwe Testament as één geskiedenis van God se liefde en trou. Die leser ontdek ook watter mag daar is om erns te maak met God se Bybelse name tydens selfstudie.

Аннотация

Hierdie nuwe verhaal deur Helena Hugo is die storie van die Van den Heevers, ’n gesin wat aan die Weskus naby Lambertsbaai woon. Hulle hou hulle eenkant, maar beland onder die soeklig wanneer Theuns van den Heever nie wil hê sy dogters moet aan ’n Kersspel deelneem nie. Dit lyk asof hy sy vrou en kinders met ’n ysterhand regeer. Theuns is ’n streng gelowige wat sy dogters teen slegte invloede en seerkry wil beskerm, min wetend dat hy dit te ver voer en sy vrou en dogters die kans ontneem om te groei en te kan ontwikkel. Die titel kom vanuit Markus 5:41 waar Jesus vir die dogtertjie sê: “Talita, staan op!” Dit word simbolies gebruik as prentjie van die ontwaking van ’n kind, maar ook ’n sigbare teken van ’n kind wat volwasse word en haar eie identiteit moet vestig, weg van die beskerming van haar ouers. Sy moet as ’t ware opstaan en op haar eie kan staan.

Аннотация

Hoeveel beskermengele is daar per persoon? Word mense engele wanneer hulle sterf? Waarvandaan kom engele? Wat is hul aandeel in die geesteswêreld? Engele by ons is ’n interessante studie oor engele en beantwoord die mees algemene vrae oor hierdie geestelike wesens. Dit beskryf verskeie persoonlike ontmoetings met engele, waarna die skrywer fokus op wat die Bybel oor engele sê. Sy tref ’n duidelike onderskeid tussen goeie en slegte engele en sluit ook afdelings oor drome, visioene en gesigte, die kwessie van beskermengele, gebedsverhoring en engele en spiritualiteit in.

Аннотация

Ons leef in ’n stukkende, gebroke wêreld. Maar selfs in hierdie wêreld is daar oral flentertjies vreugde, liefde, hoop en selfs geloof. Die sleutel is om te weet hoe om betrokke te raak en hoe om ’n helpende hand uit te steek Lina du Plessis is een van daardie juweelmense wie se vingerafdrukke lewenslank op jou hart rondlê. Van 2006 af is Lina betrokke by twee pleegsorghuise in Pretoria. Van 2009 tot onlangs woon sy as pleegouer in een van die huise. Flenters is ’n versameling van Lina se belewenisse en verhale wat sy bymekaar gemaak het in die tyd wat sy by die versorging van weeskinders betrokke was. Hierdie kort sketse oor weeskinders en die vreugdes van pleegsorg word met humor en deernis vertel. Dit vertel vanuit verskillende hoeke aangrypende verhale van God se goedheid. Hierdie boek open nuwe vensters op God se genade wat die leser sprakeloos sal laat en hulle sal aanspoor om God op nuwe maniere aktief te begin dien.

Аннотация

Die Bybel praat van eeue en jare en maande en weke en dae. Maar meestal van dae, omdat selfs die eeue tog ook maar dae is. Tog lees ons in die Bybel ook van weke wat stadig verbygegaan het omdat hulle so vol was, of wat eintlik nooit verbygegaan het nie. Een so ’n week was die laaste week van Jesus se lewe op aarde, toe Hy al die pyn en smart, al die hoon en haat van hierdie wêreld gely het. Tog was die laaste week uiteindelik vol blydskap: Die son het weer opgekom oor die nuwe môre van die opstanding. En uit die skeur in die aarde het die Lewensvors gestap, vol genade vir ál ons weke. Omdat Hy in daardie week vir alles gely het, kom Hy om ons uit te lei uit ons weke van smart na sy weke van genade, na sy ewige liefde. Nou kyk ons terug op daardie laaste week. Maak ons dié week weer dae. Want dit was oorspronklik dae, sewe dae van Sondag tot Saterdag, sewe dae van gebeurtenisse en smart. Die laaste sewe dae gee vir ons ’n blik op Jesus se voetspore dag ná dag deur die laaste week van sy lyding op aarde. Murray Janson vat die gegewens uit al vier die Evangelies chronologies saam om ’n aangrypende geheelbeeld te vorm van daardie dramatiese laaste sewe dae.

Аннотация

Ons wêreld word ten diepste gekwel deur morele verwarring en betekenisloosheid. Of ons dit nou wil weet of nie, ons lewe word deur waardes bepaal en ons besluite berus daarop. Hoewel materiële welvaart vandag dikwels as die hoogste waarde beskou word, het dit sy beperkings; in die dieptes van ons siel is ’n leegheid wat geld nie kan vul nie. Die Bybel toon aan ons morele waardes om ons te lei in die lewe met sy vele besluite, geleenthede en versoekings. Hierdie waardes kan betekenis aan ons lewe gee en standhou in die wisselvalligheid van ons aardse bestaan – selfs óór die grense van ons aardse bestaan. Dit het nodig geword om weer oor hierdie waardes na te dink, om die betekenis daarvan te herontdek vir ons eie wêreld. Dit is veral in die lewe en woorde van Jesus dat ons sien hoe ryk hierdie konsepte is en hoe relevant dit is vir ons tyd. Die waardes van geloof, hoop, geregtigheid, nederigheid, blydskap en vrede, waarheid en liefde gee ons ’n glimp van die heerlike Wese van God. Dit wys ons hoe ons ons lewe in navolging van Jesus behoort te lei en só, as dissipel van Jesus iets van God se heerlikheid in ons daaglikse lewe te weerspieël. En dít is die manier om ons leë lewe met betekenis te vul. In Die wonder van die goddelike liefde ontleed Chris van der Merwe die Bybeltekste en -verhale wat deur geslagte van gelowiges aan ons oorgelewer is, en bespreek hy die rykdom en toepaslikheid daarvan, in die strewe om nader te kom aan die God van liefde in wie hy, en ons, geleer het om te glo.

Аннотация

Kragtige gebede is ’n praktiese gids wat vloei uit die behoeftes van gelowiges wat nie weet wat om te bid nie en nie weet watter woorde om te gebruik nie. Hierdie boek spel die onontbeerlikheid van gebed uit. Dit wys op die voordele en krag wat gereelde Bybelse gebede vir die bidder inhou, asook die positiewe uitwerking wat dit op die bidder se lewe het. Gebede wat op die Bybel gegrond is, hou die voordeel van gewaarborgde geestelike groei in, nie net omdat ons hierdeur leer wat God vir ons oor ons lewensomstandighede sê nie, maar ook omdat dit ons help om ons denke in ooreenstemming met God se Woord te bring. Verder is die Bybel ook ’n roetekaart ten opsigte van hoe ons teenoor ander behoort op te tree. Só kan jy in tere bewondering tot God bid of vra vir die beskerming van jou gesin. Jy kan bid vir goeie gesondheid of vir die herstel van jou huwelik. Jy kan bid vir diegene wat Jesus nodig het én ook vir dié wat teruggeval het. Jy kan bid vir jou kind wat onverskillig leef of vir antwoorde op ’n moeilike saak. Kragtige gebede is bedoel vir diegene wat deur opregte liefde vir God gedring word om hul harte tot Hom te rig en met woorde teenoor Hom uiting te gee aan hul gedagtes.

Аннотация

Dis die somer van 2006 in Jerusalem en die tweede Libanese oorlog breek uit. Marc, Rivkah en hul babaseuntjie word in die gewelddadige gebeure rondom hulle vasgevang. Wanneer die oorlog in intensiteit toeneem, word dit duidelik dat Marc, gevoelige kunstenaar wat hy is, beslis opgeroep gaan word. Hul persoonlike krisis verdiep wanneer hulle besef dat Rivkah weer swanger is, terwyl sy brand om as paramedikus haar deel tot die land se verdediging by te dra. Dit is iets wat Marc ten sterkste afkeur. Terselfdertyd maak hulle kennis met Henok en Sarah Kambungu, twee Suid-Afrikaners wat hulle op hul eerste besoek aan Israel midde-in ’n oorlog bevind. Henok dra ná dertig jaar nog swaar aan sy donker herinnerings van die Kassinga-slagting gedurende die grensoorlog in Namibië. En terwyl die oorlog rondom hom woed, kom rabbi Chaim Cohen, Marc se skoonpa, voor die grootste uitdaging van sy lewe te staan. Hoe gaan hy bekend maak dat Yeshua wel die Joodse Messias is, en wat gaan die gevolge van dié belydenis wees? Shomer Yisra’el is die derde roman in die gewilde Israel-reeks.