Аннотация

Dr. Henry Cloud deel in Die een oplossing vir die lewe talle waardevolle strategieë vir ’n lewe met groter samehang en eenvoud ten opsigte van werk, gesin en geloof. Hierdie boek is spesiaal geskryf vir mense wie se inbox nooit leeg word nie, wat gefragmenteerd en gefrustreerd voel – asof hulle in te veel rigtings getrek of gedryf word. Dit behandel die moeilike balans tussen werk en persoonlike lewe, wat soms in chaos eindig. Dr. Cloud wys die leser hoe om: selfvernietigende gedrag in toom te hou; jouself te definieer en te weet wie jy is; perke te stel wanneer dit nodig is, doeltreffend te kommunikeer asook om jou werkverrigting by die werk en daarbuite te verbeter. Publishers Weekly noem dit “A must-have life management Bible”. Ons noem dit Die een oplossing vir die lewe. Herwin jou persoonlike lewe en bereik meer sukses in die werkplek.

Аннотация

Kort op die hakke van die eerste titel in die nuwe Bybelstudiereeks, Ontdek God in die Bybel, is daar nou ’n nuwe dagstukkieboek uit Benescke se pen. Hoop in tye van nood. Daaglikse oordenkings oor Psalms is nie net 31 daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as ’n Bybelstudieboek vir groepe. In dieselfde trant as Ontdek God in die stories van mense behandel Benescke elke hoofstuk van Psalms aan die hand van ’n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe. Die eerste titel in die reeks was Wysheid. Oordenkings oor Spreuke.

Аннотация

Byna almal glo dat ‘rykdom’ te make het met hoeveel besittings, status en mag ’n mens het. En dat jou lewe gejaagd en verwikkeld moet wees om te tel. Maar hoe leeg en arm laat dit jou uiteindelik innerlik? Daarom vra Willem Nicol of daar nie groter rykdom in die teenoorgestelde rigting lê nie: in ’n alternatiewe leefstyl en waardestelsel van eenvoud. Die rotteresies het ’n gepaste simbool vir ons tyd geword: ’n mal gejaag … waarheen? Gelowiges, veral, kan besluit om hul lewe te vereenvoudig, sodat hulle meer tyd en krag het om te fokus op die wesenlike waardes. Dan sal daar iemand wees om vir die gejaagdes hoop te gee dat vryheid en ‘n rustiger lewe wel moontlik is. Rykdom in eenvoud handel oor hierdie pad na so ’n alternatiewe leefstyl. Dit wys die leser hoe eenvoud haar lewe op verrassende wyse kan verryk.

Аннотация

Francois Kruger is al baie jare in die bediening en wil deur hierdie boek vir gelowiges tot die besef bring dat die kerk nie die gebou, die leiers, 'n stelsel, 'n denominasie of selfs ander mense is nie, maar jý, as gelowige. Hy wil hê ons moenie meer vra “Wat beteken die kerk vir my?” nie, maar “Wat beteken ek vir Jesus?” – of “Wat se diens lewer die kerk aan my?” nie, maar “Hoe dien ek ander?”. Hy wil gelowiges help om Jesus-gesentreerde mense te wees, want dis die enigste manier waarop 'n kerk ook Jesus-gesentreerd kan word.

Аннотация

Samba is ’n versameling van Jeanne Els se rubrieke wat oor die jare in koerante en tydskrifte verskyn het. Sy het al twee ander boeke uitgegee wat ook danstemas gehad het – Ligdans en Tango. In Samba neem sy die leser op wêreldreise en binnetogte, sy vertel hulle van plekke wat sy gesien het, ervarings wat sy gehad het en mense wat sy ontmoet het. Dis ’n boek wat lesers sal wys dat ’n mens kan dans te midde van teëspoed en ander dinge wat die lewe op ons pad bring.

Аннотация

Dié aangrypende verhaal van pyn en genesing ná die dood van twee broers enkele jare ná mekaar word deur hul ma in die derde persoon vertel. So probeer sy (die vrou) afstand van die pynlike gebeure verkry. Dit verleen ’n meer dramatiese impak aan die gebeure, hoewel dit ’n oormaat rou emosie voorkom. Dit word ’n hoendervleis-kry-ervaring om saam met die skrywer die wagtyd in ’n trauma-saal by Tygerberghospitaal deur te maak, of die soektog na ’n vermiste kind op see. Dit lees byna soos fiksie, ’n spanningsverhaal. Maar wat dit uitlig bo die gewone, is die gestroopte styl, die Christelike hoop daarin, die simboliek, die skrynende humor, die gedigte en die terapeutiese krag vir lesers wat hul eie smart leer verwerk deur te identifiseer met die verteller.

Аннотация

Johan Smit se nuutste dagstukkieboek in grootdruk. Van die maandelikse temas wat Smit aanraak, is: * In die begin; * Woord en antwoord; * Inkeer, bestek neem; * ’n Nuwe lewenstyl; * Die Gees van God aan die werk; * Toerusting vir die nuwe lewe; * Gevare en struikelblokke; * ’n Mens in verhouding met ander; * Groei en vrugdra; * Troos en bemoediging; * Gereed vir môre; * Lig en vrede.

Аннотация

Uit die Beek bied aan lesers die geleentheid om hulle elke dag by die vars water van die Woord te verfris vir die dag wat voorlê. Vanjaar se 365 stukkies kom uit Deuteronomium, 1 en 2 Konings, 2 Kronieke, Hosea, Sagaria en Maleagi in die Ou Testament, en Handelinge, Efesiërs, Titus, Filemon en Openbaring in die Nuwe Testament. Sondae se stukkies kom uit die Psalms. Dié dagboek is geskik vir jou persoonlike stiltetyd, en ook om tydens huisgodsdiens gebruik te word. Ontdek só dat die Bybel elke dag byderwets, nuut en vars is.

Аннотация

Bybelboodskappe vir elke week van die jaar is ’n versameling van 55 tematiese preekskemas wat deur geestelike bedienaars gebruik kan word om hulle voor te berei vir die bediening van die Woord aan groepe. Dit kan ook deur individue gebruik word om leiding te gee tydens selfstudie in die Woord. Hierdie handleiding is die vrug van Jan Hulme se jare lange bediening van die Woord by Korrektiewe Dienste se Jeugsentrum op Mosselbaai. Dit is geskik vir gebruik deur kleingroepleiers, dienswerkers, lekepredikers, jeugwerkers en geestelike werkers wat gereeld die Woord aan mense in groepe moet bedien. Dit sluit basiese riglyne in wat ’n bedienaar sal help met voorbereiding en strukturering van die boodskap. Die temas dek ’n wye verskeidenheid onderwerpe en is gerig op geestelike groei en genesing in verwonde mense. Al die boodskappe is met Bybelverse toegelig en kan net so gebruik of aangepas word, soos nodig.

Аннотация

Dis Januarie 2010 en Marc en Henok is in Pole vir Bevrydingsdag. Rivkah het enkele dae vantevore teruggekeer uit Haïti waar sy as paramedikus deel was van MADA, Israel se Rooikruis, se noodreddingsoperasie ná die aardbewing. Marc kan nie van die gevoel ontslae raak dat daar groot fout is met Rivkah nie – sy het vreemd opgetree toe hy en die seuntjies haar op die lughawe gaan haal het. Wat steek sy weg? Opdragte en beloftes Die Koning wat weer kom