Аннотация

Uit die Beek, die geliefde Afrikaanse Bybeldagboek, kom vanjaar uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuses vir elke dag is grootliks op die Revised Common Lectionary (oftewel die RCL-leesrooster) gebaseer. Dit maak hierdie tydlose Bybelse dagboek weer opnuut geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou 'n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.

Аннотация

Uit die Beek is die oudste Bybeldagboek in Afrikaans en het oor die jare heen ’n staatmaker in menige huis geword. Dit bied jou die geleentheid om met verloop van tyd deur die hele Bybel te werk. Daar is ook ’n teksgedeelte wat in die aand gelees kan word, sake waarvoor daagliks gebid kan word en inleidings tot die Bybelboeke wat gelees kan word. Dit is geskik vir persoonlike stiltetyd én vir huisgodsdiens. In die Ou Testament lees ons vanjaar uit Deuteronomium, Rut, 1 en 2 Kronieke, Ester, Joël, Jona, Nahum, Habakuk, Sefanja, Haggai en Maleagi; en in die Nuwe Testament uit Handelinge, Kolossense, 1 en 2 Timoteus, Filemon, Judas en Openbaring. Sondae lees ons, soos gewoonlik, uit die Psalms.

Аннотация

Uit die Beek is die oudste Bybeldagboek in Afrikaans en het oor die jare heen 'n staatmaker in menige huis geword. Dit bied jou die geleentheid om met verloop van tyd deur die hele Bybel te werk. Daar is ook 'n teksgedeelte wat in die aand gelees kan word, sake waarvoor daagliks gebid kan word en inleidings tot die Bybelboeke wat gelees kan word. Dit is geskik vir persoonlike stiltetyd én vir huisgodsdiens. Uit die Ou Testament lees ons vanjaar uit Numeri, 1 en 2 Konings, Daniël, Hooglied, Hosea, Obadja, Miga, Amos en Klaagliedere; en uit die Nuwe Testament uit Johannes, Efesiërs, 1 en 2 Tessalonisense, Titus en Hebreërs. Sondae lees ons soos gewoonlik uit die Psalms. Met Uit die Beek 2016 sal jy ontdek hoe aktueel selfs die minder bekende Bybelboeke vir jou daaglikse lewe is. Mag hierdie jaar vir jou 'n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.

Аннотация

Uit die Beek is nie net die oudste Bybeldagboek in Afrikaans nie, maar die skrywer van hierdie 89ste uitgawe is ook die kleinseun van die oorspronklike skrywer. Attie van Wijk is ‘n bekende teoloog in eie reg, en hy bied met hierdie boek lesers weer eens die geleentheid om hulle elke dag by die vars water van die Woord te te verfris en voor te berei vir die dag wat voorlê. Dié dagboek is geskik vir persoonlike stiltetyd, en ook om tydens huisgodsdiens te gebruik. Ontdek só dat die Bybel elke dag byderwets, nuut en vars is.

Аннотация

Vanjaar se 365 oordenkings kom uit Eksodus, Rigters, Esra, Nehemia, Prediker, Jeremia, Sagaria (Ou Testament) en Markus, 1 en 2 Korintiërs en 1 en 2 Petrus uit die Nuwe Testament. Sondae lees ons uit die Psalms. Ds AJ van Wijk sr. het in 1925 begin om hierdie oordenkings te skryf. Sedert 1927 is dit Uit de Beek genoem, na aanleiding van Psalm 110:7 in die Nederlandse Bybel: “Hij zal op den weg uit de beek drinken; daarom zal Hij het hoofd omhoog heffen”. Sedert 1929 is hierdie oordenkings in Afrikaans geskryf, wat Uit die Beek die oudste Bybeldagboek in Afrikaans maak. Die huidige skrywer is ’n kleinseun van die oorspronklike skrywer. Hierdie jaar s’n is die 89ste uitgawe daarvan. Dié dagboek is geskik vir jou persoonlike stiltetyd, en ook om tydens huisgodsdiens te gebruik. Ontdek só dat die Bybel elke dag byderwets, nuut en vars is.

Аннотация

Uit die Beek bied aan lesers die geleentheid om hulle elke dag by die vars water van die Woord te verfris vir die dag wat voorlê. Ons begin vanjaar met ’n nuwe vyf-jaar siklus en vier dit met ’n pragtige groter, makliker leesbare formaat. Vanjaar se 365 oordenkings kom uit Genesis, Josua, Spreuke, Jesaja, Matteus, Romeine, Filippense en Jakobus. Sondae lees ons uit die Psalms. Ds AJ van Wijk (Snr) het in 1925 begin om hierdie oordenkings te skryf. Sedert 1927 is dit die Uit de Beek genoem, na aanleiding van Ps 110:7 in die Nederlandse Bybel: “Hij zal op den weg uit de beek drinken; daarom zal Hij het hoofd omhoog heffen”. Sedert 1929 is hierdie oordenkings in Afrikaans geskryf, wat Uit die Beek die oudste Bybeldagboek in Afrikaans maak. Die huidige skrywer is ’n kleinseun van die oorspronklike skrywer. Hierdie jaar s’n is die 88ste uitgawe daarvan. Dié dagboek is geskik vir jou persoonlike stiltetyd, en ook om tydens huisgodsdiens gebruik te word. Ontdek só dat die Bybel elke dag byderwets, nuut en vars is.

Аннотация

Uit die Beek bied aan lesers die geleentheid om hulle elke dag by die vars water van die Woord te verfris vir die dag wat voorlê. Vanjaar se 365 stukkies kom uit Deuteronomium, 1 en 2 Konings, 2 Kronieke, Hosea, Sagaria en Maleagi in die Ou Testament, en Handelinge, Efesiërs, Titus, Filemon en Openbaring in die Nuwe Testament. Sondae se stukkies kom uit die Psalms. Dié dagboek is geskik vir jou persoonlike stiltetyd, en ook om tydens huisgodsdiens gebruik te word. Ontdek só dat die Bybel elke dag byderwets, nuut en vars is.