Аннотация

Аннотация

Die bekende hoofkarakters uit die vorige boeke in Marzanne Leroux-Van der Boon se gewilde Israel-reeks word weer in hul geliefde land blootgestel aan die geweld van stedelike terreur en die vyandigheid van die omringende nie-Joodse lande. Marc word weer opgeroep, hierdie keer vir militêre diens in Gasa. Skadu’s van Suid-Afrika se eie gewelddadige samelewing val ook oor Marc wanneer sy ma ’n slagoffer van Suid-Afrika se misdaadprobleem word. Wanneer hy terug in Stellenbosch is, sien hy weer sy jeugliefde, Nicola. Boonop maak Henok Kambungu ’n verrassende ontdekking wat hom in konflik bring met sy blanke vrou, Sarah. Skokkende herinnerings van ou Zvi, ’n Holocaust-oorlewende, laat die leser algaande besef waarom die Israeli’s so verbete vasklou aan hul beloofde land.

Аннотация

"Ek skryf die boek vir mense soos ek, mense vir wie geloof nie altyd maklik kom nie en wie beslis nie hul geloof kan aanbied as prestasie nie . . ."
Met dié woorde skop die teoloog Julian Müller die verhaal van sy geloofsreis af. Sy sketse van die plaasseun wat dominee geword het, roep dadelik 'n bekende Afrikaanse leefwêreld op. Sy reis hou vir hom vele ontnugterings in, maar ook belangrike insigte wat sy geloof verdiep. As jong predikant vra hy kritiese vrae oor die kerk se rol in apartheid en spreek hom uit teen Christelike nasionalisme. Soos wat hy op sy pad van geestelike groei vorder, word hy gekonfronteer met verskeie netelige geloofskwessies soos die evolusieleer en hoe verskillende Godsbeskouings ons geloof beïnvloed.
Müller beywer hom vandag vir 'n soort Christenskap waar die gelowige toegelaat word om vrae te vra en «buite die boks» te glo.

Аннотация

Op die spoor van hoop is ’n dokumentasie van die lewens van mense wat in hul pyn steier, maar tog bly getuig dat God, soos Hy in sy Woord belowe, jou ook nie in die dal van doodskaduwee begewe of verlaat nie. Ná jare in die joernalistiek wéét Jacqueline Leuvennink: Jy kom nie ongeskonde uit ’n opdrag om te skryf oor mense met ’n diep binnepyn nie. Dit vra van jou om jou skoene uit te trek, tussen die lyne te luister, sáám te sug oor ’n skeefgelooptheid. Sy vat dan die spoor op soek na dit wat krom en skeef was, wat uiteindelik insig en deernis gebring het. Om halsstarrig te bly hoop, al is die pad soms lank.

Аннотация

Die skilder Monet se tuin in Giverny in Frankryk bevat ’n mengelmoes van irisse, lelies, malvas, kappertjies, papawers, dahlias en ander blomme wat welig en deurmekaar groei, skryf Christine Ferreira. Geen besoeker se liriese beskrywing van die rye papawers, antieke rose en ander blomme kan jou voorberei op wat agter die hoë tuinmuur op jou wag nie. Net so is hierdie bundel vol oordenkings iets wat jy self moet ervaar. Maak dit deel van jou stilwordterapie en vier saam met Christine die mooi in die lewe. Sy skryf oor liefde, geloof en hoop – alles sake wat ná aan haar hart is. Elke storie is ’n klein blik op God se alomteenwoordigheid en sy betrokkenheid by elke aspek van ons daaglikse lewe. Haar boodskap is een van inspirasie wat jou met nuwe oë na jou verhouding met jouself, ander en God sal laat kyk. Algaande sal jy ook God se stem in sagte liefde hoor roep . . .

Аннотация

Verloofdes wat gaan trou, kan dit in hul wittebroodtasse pak. Mense wat ’n permanente verbintenis aan mekaar gesweer het en opreg bedoel om toegewy aan mekaar te lewe, kan die boek gebruik om mekaar se lewens te verryk. Selfs ná veertig of vyftig getroude jare kan ’n mens met so ’n boek weer die liefdesvlam hoog blaas en opgewonde raak oor nuwe moontlikhede vir die bou van verhoudings. Miskien voel jy soms onseker oor jouself en jy wonder of jou verhouding ooit gaan uitwerk. Dalk het jy indringende vrae oor seks en seksualiteit of selfs oor die aard van die liefde. Jy is dalk skepties oor jou maat se motiewe . . . Die Bybel wil mense se lewens verryk anderkant die begrensings van menslike potensiaal en kultuur. Die huwelik is ’n kuns van liefde en ’n guns van Gods genade. Wie ons in Christus is, en hoe ons dit aanwend om tot volwassenheid te groei en die lewe mooi en heel te maak, te bemagtig en te verryk – dít is wat liefde vir altyd laat voortleef.

Аннотация

Kies die lewe is die bekende en beminde Solly Ozrovech se immergroen oordenkings in 366 dagstukkies oor die ryk en betekenisvolle lewe wat God in sy oneindigende genade aan al sy volgelinge gee. Hy inspireer sy lesers om Christus te kies en sodoende die lewe te kies. Christus omskep die alledaagsheid van ’n kleurlose sleurbestaan in bruisende lewe en die lewe word in Hom ’n opwindende avontuur. Kies die lewe bied tydlose pitkos vir elke dag van die jaar. Deur vryelik van ons liefde te gee en kreatief te leef, sal ons ’n geur versprei wat die lewe van ander sal verryk en van hierdie wêreld ’n beter plek sal maak.

Аннотация

Wanneer God jou vashou is die geliefde skrywer Johan Smit sê oordenkings van lof in 366 dagstukkies oor God se genade. Dit getuig van die God wat jou nooit begeef nie, al is jou pad deur diep driwwe uitgestip. Met kenmerkende eerlikheid raak Johan temas soos die volgende aan: Uitdagings, oorwinnings en teleurstellings; Die Here is my herder; Beloftes; Vreugde en hoop; My tye in sy hand; Wanneer God ’n verskil maak en Vertroue. Wanneer God jou vashou bied vars pitkos vir elke dag van die jaar. Laat Hy jou elke dag vashou en ervaar die gerusstelling van God se genade.

Аннотация

Vanjaar se 365 oordenkings kom uit Eksodus, Rigters, Esra, Nehemia, Prediker, Jeremia, Sagaria (Ou Testament) en Markus, 1 en 2 Korintiërs en 1 en 2 Petrus uit die Nuwe Testament. Sondae lees ons uit die Psalms. Ds AJ van Wijk sr. het in 1925 begin om hierdie oordenkings te skryf. Sedert 1927 is dit Uit de Beek genoem, na aanleiding van Psalm 110:7 in die Nederlandse Bybel: “Hij zal op den weg uit de beek drinken; daarom zal Hij het hoofd omhoog heffen”. Sedert 1929 is hierdie oordenkings in Afrikaans geskryf, wat Uit die Beek die oudste Bybeldagboek in Afrikaans maak. Die huidige skrywer is ’n kleinseun van die oorspronklike skrywer. Hierdie jaar s’n is die 89ste uitgawe daarvan. Dié dagboek is geskik vir jou persoonlike stiltetyd, en ook om tydens huisgodsdiens te gebruik. Ontdek só dat die Bybel elke dag byderwets, nuut en vars is.

Аннотация

God se pad van vryheid is die gewilde en ervare Engela Linde se eietydse oordenkings in 366 dagstukkies waarmee sy lesers nooi om die Bybel opnuut te ontdek en hulle volledig daarin te verdiep. Sy doen dit met haar gemaklike humoristiese styl en skryf die tekste vir die leser óóp deur haar dagstukkies met woorde van bekendes soos dr. Louw Alberts, JM Coetzee, Ingrid Jonker, Albert Schweitzer en Rudolf Bohren te vervleg. Engela se besondere kennis van die Bybel, sy karakters, nuanses, gebruike en idiome laat lesers met nuwe oë na die ou bekende verse kyk. Sy bind haar besinnings en wyse woorde op merkwaardige wyse saam. Die fynproewer sal ure se genot uit God se pad van vryheid put. Uiteraard is ons vry; nie om weg te beur nie, maar om nader te kom; nie om te verstrooi nie, maar om te versamel.