Аннотация

Toe Vivian Brutus op 16-jarige ouderdom haar pa in die winkel waar sy uithelp se deur sien staan met sy hoed in sy hand het sy geweet haar lewe gaan onkeerbaar verander – haar pa het sy werk verloor. Hulle word uit hulle huis op Paternoster gesit en sy en ses sussies en 'n boetie word uitgedeel aan die famlie in Vredenburg. Vivian dink sy is gelukkig toe die veel ouer John by die werk wat sy noodgedwonge moes neem in haar begin belangstel. Hy belowe om vir haar gesin 'n huis in Vredenburg te kry, maar min weet sy die huis het 'n prys. So word Vivian uiteindelik vervreem van haar familie en verval sy in 'n spiraal van mishandeling. Sy laat haar egter nie onderkry nie. Sy besluit eendag dat sy genoeg gehad het, en loop uit die huwelik uit. Vivian begin haar lewe weer van voor af bou. Sy het 'n kop vir besigheid, en nadat sy onder andere gewerk het as 'n huisagent, 'n makelaar en 'n personeelagent, besluit sy om haar eie besigheid te begin. Sy begin haar eie wynetiket. Nou, jare later, het sy haar eerste oes afgehaal en die wyn word na die VSA uitgevoer. Vivian se verhaal is een van hoop, passie en deursettingsvermoë, en die wete dat God daar is, al lyk die omstandighede hoe sleg.

Аннотация

Op die spoor van hoop is ’n dokumentasie van die lewens van mense wat in hul pyn steier, maar tog bly getuig dat God, soos Hy in sy Woord belowe, jou ook nie in die dal van doodskaduwee begewe of verlaat nie. Ná jare in die joernalistiek wéét Jacqueline Leuvennink: Jy kom nie ongeskonde uit ’n opdrag om te skryf oor mense met ’n diep binnepyn nie. Dit vra van jou om jou skoene uit te trek, tussen die lyne te luister, sáám te sug oor ’n skeefgelooptheid. Sy vat dan die spoor op soek na dit wat krom en skeef was, wat uiteindelik insig en deernis gebring het. Om halsstarrig te bly hoop, al is die pad soms lank.