Аннотация

Twee maande nadat Rivkah na die Filippyne vertrek het, word sy deur die hospitaal ontslaan. Die Krige-huishouding het skaars weer na normaal teruggekeer toe drie Israeli-tieners ontvoer word en 'n paar regses meen Jode het ook die reg om wraak te neem. Dan wanneer die Tzuk Eitan-grondoffensief afgekondig word, word Marc saam met 40 000 ander reserviste na die Gasa-grens gestuur. Ná 'n baie moeilike jaar sien beide Rivkah en Marc uiteindelik uit na hul “geskenkweek” in Parys, waarheen Marc vir 'n simposium genooi word. Maar selfs in hierdie betowerende stad, met sy kunstenaars en keisteenstrate, kan Marc en Rivkah nie van die terreuraanvalle ontsnap nie en kort voor lank is hulle in lewensgevaar…

Аннотация

Wat maak die Psalms so geliefd? Dit moet die menslikheid daarvan wees. Hier, in die hart van God se Woord, tussen al die groot woorde en ingrypende gebeure deur, staan die liedere en gebede van 'n ou volk opgeteken. Hulle uitbundige vreugde en hulle diepe hartseer; hulle worstelinge, onbegrip, hulle moedeloosheid. Sóveel van hulle geskiedenis. En nog net so van toepassing op vandag. Die gebede in hierdie boek is in gesprek met die Bybel se psalmboek gebid. Dit verklap sekerlik heelwat van die bidder en die manier waarop hy die Psalms lees. Maar dalk bring dit ook iewers, vir iemand, 'n skerfie lig. En 'n duideliker blik op die Eerste Adres vir ons hedendaagse vrae, ons knaende kleingeloof, ons hardnekkige twyfel – en die genadige sekerhede. En vir ál ons lof, dank en aanbidding.

Аннотация

Uit die Beek is die oudste Bybeldagboek in Afrikaans en het oor die jare heen 'n staatmaker in menige huis geword. Dit bied jou die geleentheid om met verloop van tyd deur die hele Bybel te werk. Daar is ook 'n teksgedeelte wat in die aand gelees kan word, sake waarvoor daagliks gebid kan word en inleidings tot die Bybelboeke wat gelees kan word. Dit is geskik vir persoonlike stiltetyd én vir huisgodsdiens. Uit die Ou Testament lees ons vanjaar uit Numeri, 1 en 2 Konings, Daniël, Hooglied, Hosea, Obadja, Miga, Amos en Klaagliedere; en uit die Nuwe Testament uit Johannes, Efesiërs, 1 en 2 Tessalonisense, Titus en Hebreërs. Sondae lees ons soos gewoonlik uit die Psalms. Met Uit die Beek 2016 sal jy ontdek hoe aktueel selfs die minder bekende Bybelboeke vir jou daaglikse lewe is. Mag hierdie jaar vir jou 'n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.

Аннотация

Seks is belangrik. God het dit belangrik gemaak. Wat is 'n seksueel gesonde huwelik? Is dit nie waar dat, wanneer dit in die huwelik goed gaan, seks vanself gebeur nie? Ons almal weet mos wat om te doen wanneer die ligte afgaan… Maar gesonde seks in die huwelik is nie vanselfsprekend nie. As ons gesonde seks in ons huwelike wil geniet, gaan ons oor seks moet begin praat. Nie as 'n nagedagte of as 'n voetnota of as 'n afgerammelde onderwerp nie, maar as 'n hoofpunt van bespreking. Met hierdie boek praat Timothy met elke mens op sy vlak – of jy nou konserwatief of oopkop is oor die tipe van goed. Timothy praat oor kwessies soos hoe God seksualiteit sien, seksrolle in 'n huwelik, orale seks, masturbasie, pornografie en sosiale media.

Аннотация

Ons almal ken verlies … Of dit nou jou kind se keuses, aflegging by die werk, egskeiding of siekte is. Dalk het jy gestremd geraak, pas 'n kankerdiagnose ontvang of moes 'n geliefde aan die dood afstaan. Bekende skrywer en radiopersoonlikheid Helana Olivier verstaan die pyn van verlies, en hoe flenters jy voel. Sy probeer, soos met haar drie vorige boeke (Ware verhale van vergifnis, Ware verhale van hoop en Ware verhale van geloof ), jou bemagtig en bemoedig om weer op jou eie bene te staan. Sy lei jou om deur jou verlies God weer te leer ken sodat 'n nuwe storie van liefde in jou lewe geskryf kan word.

Аннотация

In die Negev-woestyn in die suide van Israel word Sarah deur ’n Arabier aangeval sonder dat sy die vaagste benul het waaroor dit gaan. Toe sy haar bewussyn herwin, is daar weer ’n donker man aan haar sy, maar Ariel is ’n Israeli, ’n mediese dokter. In die weke wat hy oor haar gesondheid waak, ontstaan daar ’n intense verbintenis tussen hulle wat gou liefde word en hierdie liefde word gevoed deur hulle gemeenskaplike geloof in God. Rondom hulle is die wêreld egter allermins ’n oord van vrede en liefde. Soos die magstryd om beheer in die buiteland en in Suid-Afrika ontvou, word dit vir Ariel en Sarah duidelik dat daar ’n lewensgevaarlike stryd voorlê voor hulle bymekaar sal kan wees – ás dit moontlik is. In Kaïro smee die Drie Broeders bose planne; hulle plig as vryheidsvegters in diens van Islam. Vir die buitewêreld is hierdie fanatici egter terroriste. En in Suid-Afrika is Sarah en Ariel bloot in die pad van die Broeders se groter plan wat korrupsie en afskuwelike geweld insluit. Of hierdie twee mense ooit sal tuis kom in hulle oase van liefde, weet hulle nie. Maar dié wonderlike woorde uit Hooglied is vir altyd hulle s’n: Anee l’dode, v’dode li. Ek is my beminde s’n en hy is myne.

Аннотация

Dania Pietersen is Dora en Jonnie Stals se susterskind wat vandat sy tien jaar oud is, by hulle inwoon. Sy is ’n modelkind wat haar sakgeld verdien deur babas en ou mense op te pas, in die skool en op die sportveld presteer, en boonop oulik toneel speel. Vakansies gaan sy gereeld na Ma-Lea in Worcester, tensy Jo-Anne al die pad van Londen af kom kuier. Dan roer sy nie, want tussen hulle is daar ’n baie spesiale band.
Volgende jaar is Dania sestien en Dora en Jonnie kan dit nie meer ontken nie: Dania hoort nie by hulle nie – sy is haar ma se kind. Maar wie gaan dit vir haar sê? Hoe kan hulle, noudat dit lyk asof die dag van waarheid weer eens uitgestel moet word.

Аннотация

Wat bly oor die dag ná die rowers by jou was, jy gehoor het dat jy kanker het, die egskeidingsbevel op jou beteken is, jy by die graf van ’n geliefde gestaan het? Hoe lyk jou reis van bloot oorleef na weer leef? Dié boek wil jou aanmoedig om te vergeet van gister se mislukkings en môre se bekommernisse … Om te leef vir die oomblik. Om te leef hier en nou.

Аннотация

Swangerskap is nie net ’n biologiese reis nie, maar ook ’n geestelike reis.
Met ’n predikant en ’n ginekoloog as medeskrywers vier hierdie boek beide dié reise. Dit maak ons opnuut bewus van die wonder van konsepsie en hoe God ons by die skepping van ons kinders wil betrek. Naas die mees onlangse inligting oor hoe jou baba in elke trimester ontwikkel, bied dit ook praktiese inligting vir geestelike groei – waarvoor en hoe om te bid vir jou baba en julle toekoms saam.
Met ware ervarings van gebedverhoring en wonderwerk-verhale, sowel as praktiese raad oor bid (ook ná jou baba se geboorte), is dié gids onontbeerlik vir elke verwagtende ma of pa wat erns maak met die wonderlike reis wat voorlê.

Аннотация

Maria is bloedjonk, en swanger. Op die klein Nederlandse dorpie waar haar stiefpa predikant is, is dit ongehoord. Sy word inderhaas na haar tante weggestuur om uit die oog van die dorp geboorte te gee. Wie is haar dogter Mara se pa? En sal Maria Mara kan leer liefkry?