Аннотация

Janine was maar klein toe haar ouers dood is en sy die deur tussen haar en Jesus toegemaak het. Net sy het dit geweet. Sy wou ten alle koste wegkom van die klein dorpie waar almal mekaar ken. Haar kans kom toe Greg Walker die Engels klas oor neem. Met drome in haar oë gaan sy Londen toe waar sy groter hartseer leer ken, maar ook die grootste ontdekking van haar lewe maak. Soos papierblomme in die wind, so het haar lewe verwaai. Sal sy dit regkry om die flentertjies weer op te tel?

Аннотация

Skoukoek, Tipsytert of Gevulde Pannekoek? Ons vroue is so verskillend en elkeen net so uniek soos die koeke en terte en wat nog als in 'n tuisnywerheid. Ons styl, persoonlikheid en kleur verskil; ons vorm, grootte en bestanddele verskil. Party is soeter, ander s(t)outer. Sommige is styf, ander meer plooibaar … Die geliefde skrywer Susan Coetzer moedig jou humoristies aan om uit te rys tot die beste weergawe van jouself – of jy nou koekerig of terterig of iets tussenin is. Nie een van ons is volmaak nie; daar is altyd ruimte vir groei. Veral in naasteliefde, deernis en aanvaarding.

Аннотация

"Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag …" (Psalm 23:2-3). Uit die Beek, die geliefde Afrikaanse Bybeldagboek, kom vanjaar weer uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuses vir elke dag is grootliks op die Revised Common Lectionary (oftewel die RCL-leesrooster) gebaseer. Hierdie tydlose Bybelse dagboek is geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir gebruik in Bybel studiegroepe. Kom les jou geestelike dors elke dag by die vars water van die Woord en ontdek ware rus en vreugde in God.

Аннотация

'n Lewe van oorvloed is vir ons elkeen beskore. Maar wanneer dit sleg gaan, is dit soms moeilik om dit te glo. Wat as jy kan verander wat jy glo? Sodat die bewyse meer sigbaar in jou lewe raak? Dis wat dankbaarheid doen. Dit laat ons soek vir die dinge wat ons weet maar nie glo nie, want ons harte is met te veel vrees en angs gevul. Dankbaarheid verander ons perspektief op die lewe sodat ons vanuit Liefde na alles kan kyk. Neem 'n 100-dae reis van dankbaarheid saam met Francine Prins – en sien dat dit heel eenvoudig is om in dankbaarheid te leef en dat die beloning groot is.

Аннотация

Jy kry die vreeslike nuus. Iemand vir wie jy omgee moes 'n geliefde aan die dood afstaan. Jou eerste gedagte is dat jy dadelik wil bel, maar dan besef jy – jy weet glad nie wat om te sê nie. As jy al ooit só gevoel het, is dié boek vir jou bedoel. Braam Klopper, predikant en pastorale terapeut van Kemptonpark-Oos, spits homself toe op die hantering en verwerking van rou. Hy weet presies waarmee ons worstel as ons wil uitreik, maar sprakeloos staan voor die pyn van ander. Wanneer woorde ontbreek bevat vele praktiese riglyne. Dit wys op die verskillende «routake» wat deurgevoer moet word, en lys alles wat met 'n geliefde se dood afgehandel moet word. Braam bekyk ook die impak van selfdood of die dood van 'n kind op die rouproses. 'n Onontbeerlike, wyse gids vir ons donkerste tye.

Аннотация

Anlea: Die prostituut wat uit die kettings waarmee geld jou bind probeer ontsnap. Frankie: Die slagoffer van 'n sekshandel sindikaat op soek na vrede vir haar siel. Bianca en Ragel: Die ma en dogter wat wegdryf van mekaar weens 'n groot geheim. Abby: Die modekoningin wat troos soek aan die bodem van 'n bottel. En Kirabo: Die helper wat weier om haar eie storie te vertel. Vyf uiteenlopende vroue wat deurgeloop het onder groot wreedheid kom op 'n afgesonderde plaas in die middel van die Sederberge bymekaar. Om gesond en heel te word. In die loop van die paar dae werk God met elkeen van hierdie vroue en breek mure af. Maar dan begin die verdwynings, en elkeen moet leer wat dit verg om werklik te doen wat God van jou vra.

Аннотация

Bippie Snyman se pad word onderbreek met 'n onbeplande swangerskap, en sy moet groot besluite neem. Sy maak 'n belofte teenoor die Here – sy sal nie weer 'n man in haar lewe toelaat as hy nie met haar wil trou nie. Dan word Riekert Tredoux skielik deel van haar lewe wanneer hy die huis oorkant die straat begin restoureer. Die swanger rooikop het Riekert se oog gevang die eerste keer toe hy haar sien, maar hy kan nie vir Bippie en haar baba die toekoms bied wat hulle verdien nie. Trou is nie deel van sy toekomsplanne nie. Sy eie ma het hom verwerp, hy kan nie weer so seer kry nie. Sal Bippie haar belofte gestand kan doen? En hoekom is die enigste man wat skielik al onder haar voete is, Riekert Tredoux? Nog 'n heerlike verhaal uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner Elsa Winckler, en die tweede in die McGregor reeks, na 'n Brief vir Reina.

Аннотация

Wanneer ons na Jesus se lering en stories in die konteks van sy tyd kyk, ontbloot dit 'n ongemaklike, maar lewegewende perspektief. Pierre du Plessis, skrywer van Jesus ruik na mirre en stof, takel Jesus se woorde «die koninkryk van die hemel is hier» in terme van Jesus se gelykenisse en stellings. Jesus verwys na God se koninkryk, hierdie koninkryk wat alles op sy kop kom draai het, wat anders werk as wat ons dink. Dit is hier waar ons ons menslikheid herontdek.

Аннотация

Hoe bereik ons ander mense vir die Here? Hoe kan ons uitreik sonder om mense af te sit? Hoe kan ons mense van God se liefde en omgee oortuig? Ons uitdaging is om vars te dink oor hoe ons ons geloof uitleef. Maar denke alleen is nie genoeg nie. Inligting ook nie. Ons kort 'n nuwe styl – Jesus s'n. Bekroonde teoloog Stephan Joubert, skrywer van meer as 60 plaaslike en internasionale boeke, daag ons met hierdie boek uit om anders te dink – en te doen.

Аннотация

Wat beteken dit vir ons om te eet? Is dit bloot die bevrediging van 'n drang, die inneem van 'n hervulling, soos om vulstasie toe te gaan en petrol vir jou motor te kry? Of kan kos, hoe ons dit voorberei en hoe ons dit eet, teruggeëis word as heilig, as méér as die ooglopende, as 'n manier om in verbondenheid te lewe? Rudi Swanepoel, bekende blogger en predikant van Johannesburg, inspireer ons om deur die doodgewone daad van eet meer betekenis te vind in ons lewe. Deur met vreugde en bewustelik te eet, kan ons ons «gewone» lewens radikaal anders ervaar. Met 112 gedagtes, herinneringe, aansporings en bepeinsings oor kosmaak, tafeldek, gasvryheid, rituele en sinvol leef – plus 'n lasagneresep.