Аннотация

Аннотация

Anlea: Die prostituut wat uit die kettings waarmee geld jou bind probeer ontsnap. Frankie: Die slagoffer van 'n sekshandel sindikaat op soek na vrede vir haar siel. Bianca en Ragel: Die ma en dogter wat wegdryf van mekaar weens 'n groot geheim. Abby: Die modekoningin wat troos soek aan die bodem van 'n bottel. En Kirabo: Die helper wat weier om haar eie storie te vertel. Vyf uiteenlopende vroue wat deurgeloop het onder groot wreedheid kom op 'n afgesonderde plaas in die middel van die Sederberge bymekaar. Om gesond en heel te word. In die loop van die paar dae werk God met elkeen van hierdie vroue en breek mure af. Maar dan begin die verdwynings, en elkeen moet leer wat dit verg om werklik te doen wat God van jou vra.

Аннотация

Diané sukkel van jongs af met 'n eetversteuring. Toe sy Robert ontmoet is sy so dankbaar vir die aantreklike man wat haar help en aanvaar net soos sy is. Robert het haar nog altyd lief gehad, maar nou is hulle huwelik op die rotse. Hoekom sal Robert nou die pad vat? En wie is die persoon wat sê dat Robert die pa van haar kind is? En sal sy haar seuntjie wat outisties is kan help? Of is sy juis die oorsaak van sy probleme? Sal Diané kans sien om te bly as sy uitvind wat werklik aan die gang is?

Аннотация

Аннотация