Аннотация

Saam met swangerskap kom hoop en drome. Maar vir vir sommige spat dié drome wreed aan skerwe met ’n miskraam of stilgeboorte, wat vrae laat soos: Waarom, Here? Leeg is ’n praktiese gids saamgestel deur ’n dokter, ’n pastoor en ’n pastorale terapeut, spesiaal vir ouers wat ’n miskraam of stilgeboorte beleef het. Dis vir elkeen wat sit met worstelvrae en magteloos voel teenoor die verlies. Die pad van rou en aanvaarding is geensins maklik nie, maar te midde van dit alles ís daar hoop.

Аннотация

Zander Breedt is ’n gewilde musiekster. Maar roem het ’n wrang smaak – hy voel asof hy teen ’n muur vasbid; die antwoorde waarna hy soek, kry hy nie in sy Bybel nie. En die nuwe aangetroude familielid, Anine, maak dinge nie makliker nie. Dis duidelik dat Anine nie veel oog hare het vir popsangers nie. Tog is sy die een wat weer die majeurnote in sy binneste losmaak. Anine Vos is ’n joernalis. Haar redakteur gee haar opdrag om ’n diepte-artikel oor Zander te skryf. Sy worstel met haar eie hartseer en sien glad nie kans hiervoor nie. Maar sy het vergeet: wanneer sy nie kan nie, kan die Here. ’n Liedjie vir Anine is deel van Elsa Winckler se aangrypende reeks oor die Breedt- en Vos-gesinne se lief en leed.

Аннотация

Vastyd is ’n pelgrimsreis van 40 dae wat altyd op ’n Woensdag begin (Aswoensdag) en op ’n Saterdag (Donkersaterdag/Stil Saterdag) eindig. Hierdie boek fokus op ’n metaforiese pelgrimsreis wat by “ashoop” begin en 40 dae later by “hoop” eindig en vra die volgende vrae: Hoe skud ’n mens jou “valse self” af? Hoe laat jy emosionele bagasie agter? Hoe leef ’n mens met hoop in ’n wêreld wat al minder hoopvol lyk? Hoe word jy ’n vrygewiger mens? Hoe daag jy ’n verbruikerskultuur uit? Is dit moontlik om ’n vry, hoopvolle en gelukkige mens te wees? Drie spesifieke geloofsgewoontes was deur die eeue heen verbind met hierdie tyd: vas, gebed en die gee van aalmoese. Die boek vertaal die drie gewoontes as moderne “reisgenote” op die hartsreis tussen Ashoop en Hoop.
Hierdie is ’n boek wat jou help om ’n deurdagte pelgrim te wees, wetend waar jy vandaan kom en waarheen jy op pad is.

Аннотация

Nadia neem jou saam as passasier op die paaie wat sy al geloop het: kronkelpaaie, snelweë, bergpasse en ompaaie. Sy deel haar harsteertye, maar ook haar vreugdetye. Die leser leer ken die meisie weg van die kalklig waar dinge nie altyd so glansryk is nie. Dit is ʼn verhaal van diepe hartseer, maar ook van uitbundige vreugde. Op die ou end wys sy ons dat ons almal se paaie nie dieselfde lyk nie. Maar net omdat jou pad anders lyk, beteken nie daar wag nie ’n gelukkige einde nie.

Аннотация

Toe Daniël Basson vir Anna Catharina die eerste keer soen, is dit op aanbeveling van sy neef Arnoldus. Dié het hom die raad gegee om ’n vrou te kies wat hóm liefhet en die een te vergeet op wie hy so hopeloos beenaf is. Anna is van kleins af verlief op Daniël en sy verruil met plesier haar gemaklike lewe vir die harde bestaan van ’n boervrou op ’n afgeleë Karooplaas, sonder om selfs op hul troudag seker te wees dat Daniël haar net so volkome liefhet soos sy vir hom. Onderlinge struweling is daar wel nog, tog lyk dit asof hierdie verbintenis ’n tydperk van vergifnis en versoening vir die Bassons van Mispa inlui.

Аннотация

Hoeveel kan ’n mens lief hê? Dié versameling essays van woord- en musiekmens Annalise Wiid wys weer dat Annalise kyk op ’n ander manier na alles rondom haar. Sy gebruik spesiaal uitgesoekte woorde wat bemoedig en inspireer, wat jou lewe verryk en wat jy weer en weer sal wil laat lees. Sy reflekteer die sweef en die strompelkant van ’n liefhê-lewe en belewenis.

Аннотация

Die klassieke topverkoper nou weer beskikbaar! Simon van Cirene word gelas om Jesus se kruis te dra, op pad na Golgota. Simon, die man wat nie glo nie. Maar hoe kan ’n mens onveranderd gelaat word deur ’n ontmoeting met Christus? Hierdie is die verhaal van Christus se aanslag op ’n heidense wêreld. Dit is ’n beeld van wroeging en botsing en van haat en liefde, van ongeloof teenoor geloof. Maar veral is dit die verhaal van verlossing: die oorwinning van die gees oor die aardse.

Аннотация

Hanna is kinderloos. Haar man moet seuns hê om sy priesterlike pligte as Leviet voor die Here na te kom, en ná nege jaar trou hy weer. Peninna skenk die lewe aan die een kind ná die ander. Maar Hanna sukkel met Peninna se teenwoordigheid in die huis. Is haar kindersloosheid die Here se straf? Sal Hanna kan vrede maak, met haarself en met Peninna? Sal sy guns kan vind in die oë van die God sodat Hy haar lamp weer aansteek en die donker verdryf?

Аннотация

Rivkah is weer swanger. Al het haar dokter nege jaar gelede gesê dit kan nooit weer nie. Terwyl die terreuraanvalle toeneem, wonder beide Marc en Rivkah: Is hierdie die tyd en die plek om nog ’n kind in die wêreld te bring? Nasies maak oorlog teen mekaar; daar is selfs oorlog tussen mense van dieselfde land. ’n Familietragedie ruk die Krige-gesin terug na die werklikheid toe. Soveel so dat Yoshi begin wonder waar HaShem dan is.

Аннотация

Uit die Beek is die oudste Bybeldagboek in Afrikaans en het oor die jare heen ’n staatmaker in menige huis geword. Dit bied jou die geleentheid om met verloop van tyd deur die hele Bybel te werk. Daar is ook ’n teksgedeelte wat in die aand gelees kan word, sake waarvoor daagliks gebid kan word en inleidings tot die Bybelboeke wat gelees kan word. Dit is geskik vir persoonlike stiltetyd én vir huisgodsdiens. In die Ou Testament lees ons vanjaar uit Deuteronomium, Rut, 1 en 2 Kronieke, Ester, Joël, Jona, Nahum, Habakuk, Sefanja, Haggai en Maleagi; en in die Nuwe Testament uit Handelinge, Kolossense, 1 en 2 Timoteus, Filemon, Judas en Openbaring. Sondae lees ons, soos gewoonlik, uit die Psalms.