Аннотация

Hoeveel kan ’n mens lief hê? Dié versameling essays van woord- en musiekmens Annalise Wiid wys weer dat Annalise kyk op ’n ander manier na alles rondom haar. Sy gebruik spesiaal uitgesoekte woorde wat bemoedig en inspireer, wat jou lewe verryk en wat jy weer en weer sal wil laat lees. Sy reflekteer die sweef en die strompelkant van ’n liefhê-lewe en belewenis.

Аннотация

Soet, mooi woorde kan mens mos raam of in jou Bybel bêre of teen jou hart vasdruk. Hulle las niks by jou heupmaat nie en verwelk ook nie weens die geringste bietjie hitte nie. Woorde van liefde en waardering kan koel skadu’s gooi oor ’n songeskroeide gemoed en ’n volmaan laat skyn in ’n hart wat onontwykbare donkertes moet deur. Opregte, fyn gekose, koesterwoorde kan vaaltes kleur en droogtes breek. Hierdie boek is gevul met sulke woorde. Dit bied die leser ’n versameling essays met spesiaal uitgesoekte woorde. Woorde wat jou sal goed doen. Woorde wat jou lewe sal verryk. Woorde wat jou sal laat voel jy word verstaan en waardeer. Woorde wat jou Lig sal bring. Só deel Annalise Wiid met haar lesers 56 essays wat sal bemoedig en inspireer, wat lesers sal wil lees en wéér lees.