Аннотация

Kan jy jou rug op jou verlede draai, jou foute vergeet en nuut begin? Of leef jy vir die res van jou lewe onder die wolk van verhoudings wat skeefgeloop het en verbintenisse wat jy nie kan verbreek nie? Die gevolge van verkeerde keuses is vernederend en vernietigend. Dit slaan jou tot jy omval. Maar God is ’n God van tweede kanse; Hy help jou op en stuur jou na die plek waar jy eens gelukkig was, na mense wat jou onvoorwaardelik liefhet.? Die opvolg op Papierblomme.

Аннотация

Ragel Naudé het naam gemaak as kunstenares, maar sy werk nie meer nie. Sy is nog lief vir haar man, sy het hom nodig, maar kan nie na hom uitreik nie. Sy is depressief en getraumatiseer ná die dood van hul kleuterseuntjie. Sy stry teen God, niks maak meer saak nie, behalwe die herinnering aan sy kort lewetjie. Sy en Stephan dryf uitmekaar, Tienie, wat soos ’n moeder vir haar is, kan nie meer tot haar deurdring nie, ook nie haar beste vriendin, Anke nie. Sy lig nie meer ’n potlood of ’n kwas op nie, sy maak nie huis skoon nie, sy gaan nie meer haarkapper toe of winkels toe nie, sy versorg haarself nie meer nie. Maar sy word gedwing om tandarts toe te gaan en daar in die spreekkamer waar sy die eerste keer in maande tussen ander mense sit en luister na hulle gesprekke, besef sy dat sy iets moet doen aan haar willose bestaan. Terug by die huis vat sy hier en daar en gooi goed in tasse en bokse, laai haar kar vol en kies koers sonder om vir iemand te sê dat sy weggaan. Vir haar man los sy ’n briefie dat hy haar nie moet soek nie, want sy is weg om haarself te gaan soek. Ragel beland op ’n klein dorpie waar sy met erger verdriet as haar eie te doen kry. Sy ontmoet ’n vrou wie se dogtertjie verkrag en vermoor is en wat net soos sy nie kan ophou treur nie. Geleidelik leer die twee vroue wat die sin van lyding is en hoe God in Jesus kan troos.

Аннотация

In Alinda se lampie werk Alinda al lank in Saoedi-Arabië, en van ’n prins op ’n Arabier-perd is daar geen sprake nie. Haar lewe is vervelig . . . tot sy ’n Aladdin-lampie koop. In Narkose vir die hart maak die Walskoning, dr. Franz Strauss, se blou oë dr. Saranie du Plessis week. Net jammer dat die draak Glenda Olckers reeds haar kloue in hom geslaan het . . .

Аннотация

Janine was maar klein toe haar ouers dood is en sy die deur tussen haar en Jesus toegemaak het. Net sy het dit geweet. Sy wou ten alle koste wegkom van die klein dorpie waar almal mekaar ken. Haar kans kom toe Greg Walker die Engels klas oor neem. Met drome in haar oë gaan sy Londen toe waar sy groter hartseer leer ken, maar ook die grootste ontdekking van haar lewe maak. Soos papierblomme in die wind, so het haar lewe verwaai. Sal sy dit regkry om die flentertjies weer op te tel?

Аннотация

In Liefde met gevoel sit laerskoolonderwyser Magriet in ’n penarie. Sy’t gedink Walter is die een, maar na ’n seevakansie by sy ouerhuis, is dit duidelik dat hulle nie vir mekaar bedoel is nie. Maar hoe raak sy van hom ontslae? Boonop moet Magriet weens ’n besering fisioterapie kry. Haar terapeut, Pierre, is die mooiste man wat sy nog ooit gesien het. Paulie Hopkins moet haar doktorsgraad afhandel in Veldpad van verlange. Daar lê vir haar drie weke se veldwerk op ’n plaas in die Vrystaat voor. Haar verloofde, Lüther, gaan saam, al is hy nie juis ’n buitelugman nie. Maar gelukkig is haar assistent die bekwame Andreas Bergh. Natika, sy modelmeisie, voltooi die span veldwerkers oor wie Paulie ernstige bedenkinge het. Soos sy verwag het, is daar van die eerste dag af haakplekke.

Аннотация

Tessa Heyns het die perfekte lewe; haar man Altus se besighede doen goed en haar seuns is goeie kinders. Sy woon in 'n pragtige huis in 'n spogbuurt. Tessa het van kleins af tuin gemaak – 'n groentetuin onder die wakende oog van haar pa, 'n roostuin met die hulp van 'n kundige ontwerper, en 'n Kaapse tuin wat die seewinde kan trotseer. Haar tuin is haar stukkie hemel, haar skuilplek, die plek waar sy troos soek en kry. Die laaste tyd begin Altus se stiltes haar pla. Wie of wat sit daaragter? En beteken dit dat sy haar tuin sal moet prysgee?

Аннотация

Aimee Harrison vlug na ’n kunstenaarsdorpie op die Franse platteland in Liefde is ’n Franse sprokie. Dit stoei in haar: Vlug sy na die plek van drome omdat sy wil wegkruip of omdat sy op soek is na iets wat sy verloor het? Dan word sy deur ’n wildvreemdeling gesoen en voor sy haar oë kan uitvee, moet sy die rol van graaf Pierre-Antoine Blanc se vrou vertolk. Maar nie almal is tevrede met die onbekende Suid-Afrikaner se teenwoordigheid in Pierre-Antoine se lewe nie. Marissa du Plessis en Theo Wessels sal ’n aantal uitdagings moet oorkom as hulle by mekaar wil wees in Tot die dood ons skei. Is dit die moeite werd om die uitdagings in die oë te kyk of sal hul lewens net eenvoudiger wees as hul paaie eerder skei? Adria Bianco werk in ’n manswêreld in Wilde rose, maar sy het groot drome en planne en sy gaan nie toelaat dat enigiets haar van stryk bring nie. Dis egter sewe jaar sedert daardie onvergeetlike aand in Boedapest en Adria besef opnuut: Die liefde vat sy eie koers.

Аннотация

Die jaar is 1897 en oorlog is aan die kom. Tyd vir versoening raak by die dag korter, ook vir die mense van Mispa. Daniël kies die goeie weg teen sy hardnekkige begeerte vir die vrou van sy drome in. Maar sal Willem en Jan Adriaan betyds vrede maak of moet hulle deur siekte en dood gedwing word? Is Eli se lewensleuse van onvoorwaardelike liefde en diensbaarheid genoeg vir die kinders onder sy sorg en sal Anna se koms na Elim 'n blywende verskil maak? In die pynlike ure van afskeid weet geliefdes wat mekaar moet groet: God sal sy vleuels oor hulle hou, oor hulle wat naby Hom bly.

Аннотация

Toe Daniël Basson vir Anna Catharina die eerste keer soen, is dit op aanbeveling van sy neef Arnoldus. Dié het hom die raad gegee om ’n vrou te kies wat hóm liefhet en die een te vergeet op wie hy so hopeloos beenaf is. Anna is van kleins af verlief op Daniël en sy verruil met plesier haar gemaklike lewe vir die harde bestaan van ’n boervrou op ’n afgeleë Karooplaas, sonder om selfs op hul troudag seker te wees dat Daniël haar net so volkome liefhet soos sy vir hom. Onderlinge struweling is daar wel nog, tog lyk dit asof hierdie verbintenis ’n tydperk van vergifnis en versoening vir die Bassons van Mispa inlui.

Аннотация

Dania Pietersen is Dora en Jonnie Stals se susterskind wat vandat sy tien jaar oud is, by hulle inwoon. Sy is ’n modelkind wat haar sakgeld verdien deur babas en ou mense op te pas, in die skool en op die sportveld presteer, en boonop oulik toneel speel. Vakansies gaan sy gereeld na Ma-Lea in Worcester, tensy Jo-Anne al die pad van Londen af kom kuier. Dan roer sy nie, want tussen hulle is daar ’n baie spesiale band.
Volgende jaar is Dania sestien en Dora en Jonnie kan dit nie meer ontken nie: Dania hoort nie by hulle nie – sy is haar ma se kind. Maar wie gaan dit vir haar sê? Hoe kan hulle, noudat dit lyk asof die dag van waarheid weer eens uitgestel moet word.