Аннотация

Jakobus skryf sy brief aan Christene in ’n era van konflik. Rondom hulle in die samelewing is daar rusies en konflik; tussen hulle as gemeentelede is daar stryd en onmin; en binne-in hulself is daar teenstrydige begeertes, onsekerheid, en twyfel oor wat hulle te doen staan. Christene in Suid-Afrika beleef tans ook konflik van allerlei aard. Dit maak nie saak waar ’n mens kyk of van watter Christene ’n mens praat nie. Die ironie is dat ons dikwels nie besef ons is die oorsaak van ons eie probleme nie. Deur hierdie bestudering van Jakobus, word ’n spieël opgehou waarin lesers kan kyk met die doel om konflikte te bowe te kom, vrede te vind en genees te word.

Аннотация

Stukkies van die hemel op aarde bied fynproewer-leesstof vir mense met ‘n verlange na méér wanneer hulle ‘n geestelike boek optel. Die gedagtes, insigte en humor in die stukke in hierdie bundel verteenwoordig die essensie van Dirkie Smit se verrykende denke en verstommende belesenheid in die teologie en kultuur; van sy lesings, prediking en gesprekke oor baie jare. By die lees van hierdie pragboek kom die leser onder die indruk van die uitsonderlike wysheid en lewensrypheid van hierdie skrywer, denker en mentor van vele.