Аннотация

Gesamentlik staan hierdie twee stories bekend as Die Verduin-sage, ’n verhaal wat so ryk aan intrige en sensasie, hartstog en skandale, liefdeskinkels en noodlotsdraaie is as die beste TV-sepie. In Die gesin Verduin leer ken ons die eerste geslag van dié gesiene en skatryk familie. Aan die hoof staan Rolf, wat sy fortuin gemaak het nog voor sy huwelik met Reina. Al vyf hul kinders kom op ’n manier in opstand teen hul hardvogtige pa, maar sy invloed strek ver, en sy genade teenoor “swakkelinge” is min. En in Sondes van die vaders ontmoet ons die tweede en derde geslag Verduins – hulle is gewoond aan die gerief wat gepaardgaan met rykdom, maar het nog nooit nodig gehad om sélf hard daarvoor te werk nie. Eindelik begin die Verduin-ryk te wankel – sal enigeen mans genoeg wees om dié situasie om te keer?

Аннотация

In Tromme van onheil hou Anka se besoek aan haar tante Izabelle in Papoea Nieu-Guinee onverwagte avonture. Sy en haar medereisigers vaar ál dieper die reënwoude in, en een van die dae is dit weer volmaan – en sal die kannibale ’n slagoffer eis . . .In Die wit koningin kies die mooie Alice koers na Noord-Afrika, en later word sy dwarsoor die Sahara bekend as die wit koningin. Sy voer ’n skrikbewind en sal nie rus voordat haar geliefde se moord gewreek is nie . . .En in Sluiers van wierook is Ida Herbst vas van plan om haar pa en ’n span geoloë te vergesel op hul soektog na water in die grootste woestyn van Saoedi-Arabië. Sy kom honger wolwe, gewetenlose rowerbendes en sandstorms teë, en onverwags . . . die liefde.

Аннотация

In Ter wille van ons drome leer vier vroue mekaar in ’n ginekoloog se spreekkamer ken. Elkeen begeer met haar hele hart ’n eie kindjie . . . maar vrugbaarheidsbehandeling sal eenvoudig nie help nie. En dr. Van Warmelo stel ingrypende alternatiewe voor – aanneming, kunsmatige inseminasie, surrogaatmoederskap . . .En in Kinders van KIS word dié aangrypende tweeluik afgesluit. Dit is twintig jaar later, en dit is nóú dat daar geoordeel kan word of die ingrypende prosedures van destyds in dr. Van Wazrmelo se spreekkamer suksesvol was . . . al vier vroue se lewens het intussen radikaal verander, en nie almal se huwelike is meer ewe sterk nie.

Аннотация

In Sê groete vir Pappa bedank Reino Vos as predikant nadat sy vrou, Chrisma, hom onverwags tydens ’n sinodesitting verlaat. Hy word hoof van die Sonopkinderhuis en kom weer in kontak met Rita Venter, gewese vrou van Flip, die man saam met wie Reino se vrou weggeloop het. ’n Innige vriendskap ontwikkel mettertyd tussen Rita en Reino… totdat ’n nuwe meisie tot die kinderhuis toegelaat word. In ’n Malva in Vinkelstraat word dominee Werner gul deur sy eerste gemeente op Wilgersdrift verwelkom. Maar dit is dieselfde mense wat gou-gou soos een man teen hom draai. ’n Dorp soos Wilgersdrift vergewe nie maklik nie, veral nie as ’n buitestander hul ongeskrewe reëls oortree nie. Lisé, Ena se heel eerste roman (in 1960 geskryf), is ’n roerende verhaal oor ’n bedorwe rykmansdogter wat moet hoor dat sy nie sommer net lomp is en swak motor bestuur nie: sy is besig om blind te word. Aanvanklik wil sy niks weet van haar dokter se voorstel dat sy op ’n vriend van hom se plaas kan gaan bly tot tyd en wyl sy haar gebrek leer aanvaar nie, maar wanneer die wêreld finaal om haar verdonker, laat sy toe dat dokter Justus haar na Uitvlug neem.

Аннотация

Prokureur Owen Kemp het Elsa Brits, Die meisie van Klaradynstraat, van haar agterbuurtbestaan verlos, maar nie van probleme en pyn nie. Te midde van al die welvarendheid besef Elsa dat ongelukkigheid nie beperk is tot die agterstrate nie, want sy weet van Owen se dogter se geheim, oor Jakob Olwage . . .As die lied verstil is die verhaal van Chrissie Erasmus van Dennedal. Almal ken haar as die goeie kind wat na haar ouma omsien, wat Sondagskool hou en ‘n staatmaker is by die basaartafel. Ouma droom al van ‘n huwelik tussen Chrissie en die gawe Jan Barendse. Maar oornag is die skindertonge los, want Chrissie word Christine van Johannesburg. In Die pad terug huis toe is Karina Oosthuizen, gesogte topmodel, eensklaps weer afhanklik van ‘n gepensioneerde moeder wat sy al byna afgesterf het. Sy het net een heenkome – die pad terug na die armsalige skakelhuisie waarop sy so neergesien het. Maar onverwags bied iemand haar en haar moeder ‘n toevlug in ‘n pragtige wit huis by die see. Sal Karina se trots haar toelaat om daar te bly as sy weet dat De Waal Venter die weldoener is – die seun wat sy as kind so verneder het?

Аннотация

’n Heerlike verrassing – vier omnibusverhale in plaas van drie!So leeg die moederhart is die aangrypende verhaal van Heilna Serfontein se meedoënlose soektog na haar seun . . . en as vrou ontdek sy boonop vir die eerste keer wat ware liefde is.Op pad na Kanaän is ’n diep geestelike verhaal van vreemdelinge wie se lewens onlosmaaklik ineengestrengel raak op Môrestond, ’n plek waarheen mense gaan om weer sin in hul bestaan te vind.Bergwind oor Karma is ’n lekkerlees-speurverhaal propvol liefde, spanning en intrige. Toe die versengende bergwind met die aanbreek van die Kersseisoen deur Erna Paulsen se karavaanpark begin waai en haar gemoedstoestand behoorlik omkrap, noem sy die wind op sy skeldnaam: moordwind!Net ná middernag is ’n speurverhaal met ’n waarlik verrassende einde. Toe die kerkhorlosie een Saterdagnag sy twaalf slae oor Driedoring uitbeier, word daar ’n moord gepleeg op dié rustige dorpie.

Аннотация

In Nuwe horison word Hendrien Hugo uit haar rykmeisielewe geruk deur haar aangetrokkenheid tot die aantreklike dr. Luther Lubbe. Hy stel glad nie in haar belang nie, maar sy is vasbeslote om aan hom te bewys dat sy nie net ’n mooi gesiggie is nie, al moet sy dan nou selfs in die hospitaal gaan werk…In Bloeisels in die ryp spat skrander kinderhuiskind Renske Conradie se droom van ’n universiteitsgraad aan skerwe toe sy swanger raak.En in Zuleka Bordeaux word die hoofkarakter se boot deur ’n berugte seerower gebuit en leer sy in die proses vir die eerste keer die krag van haar eie emosies ken.

Аннотация

In Agter die masker word die beeldskone Tania Roux feitlik onherkenbaar vermink in ’n motorongeluk. Ook haar gees het ’n knou gekry – sal dit weer kan herstel?In Bruid uit die vreemde onderneem die jong Franse edelvrou Jacqueline de Savoye ’n bootreis na die suidpunt van Afrika; sy is op soek na haar broer wat spoorloos verdwyn het en is onbewus dat sy dalk oop-oë in ’n lokval inloop.En in Haar grootste offer ontvang Marlene, wat vier maande swanger is, die skoknuus dat haar man, dr. Ben Roux, reeds ’n egskeiding aanhangig gemaak het . . .

Аннотация

Emile de Jongh, kroonprins van die modelplaas La Rhône, is ’n gesogte vangs onder die vroue in En die klippe sal uitroep. Miempie Rust, die distrik se nuwe verpleegsuster, is egter nie beïndruk met Emile se sjarme nie. Sy verlang eerder na reg en geregtigheid – veral vir die plaaswerkers. Was Louis Mocke se erfporsie die lokaas vir sy blitshuwelik met Santie Marais in Verworpe silwer? Hoekom is sy broer, Darius, so bekommerd oor Santie se toekoms? Boonop daag Louis se vorige liefde op met ’n seuntjie aan die hand. Voor Santie al die legkaartstukkies inmekaar kan skuif, tref ’n ramp die Eloffsdallers. Karien Saayman swig voor die getroude dr. Arnold Lutz se glimlag in Die uurglas loop leeg. ’n Huwelik met Hannes Eksteen word ’n reddingsboei uit die stormwaters van begeerte, tot hy in ’n ongeluk beland. Hannes se dokter, Christian Willems, ontwikkel ook gevoelens vir Karien. Dinge word verder gekompliseer wanneer Arnold ’n wewenaar word.

Аннотация

In Eiland in die son begin Willemien se stryd om oorlewing – saam met ’n geheimsinnige vreemdeling en ’n jaloerse miljoenêrsvrou – toe haar vliegtuig in ’n tropiese oerwoud neerstort. Hoe kán sy haarself so totaal vergeet in die arms van ’n vreemdeling? Dít terwyl sy op trou staan met Ian, wat óók in die ongeluk was, maar nou nêrens te vinde is nie. Andrea Smit besluit om haar pa op ’n avontuur te vergesel in Señor die seerower – min wetende dat haar pad op ’n tropiese eiland met dié van ’n aantreklike Spanjaard sal kruis; en dat sy sodoende in allerhande onmoontlike situasies sal beland . . . In Sluiers van wierook ontspoor Ida Herbst se planne om deel te wees van ’n soektog na water in Saoedi-Arabië se grootste woestyn. Sy moet haar vriendin Ansie opspoor, en die enigste oplossing is om haarself gewilliglik in prins Ibrahim Hazik se kloue te begewe. Boonop ontketen die geheimsinnige Georg ongekende emosies in haar hart.