Аннотация

In 1932 publiseer ’n onbekende skryfster, Stella Blakemore, Die meisies van Maasdorp. Min het sy geweet dat dit die begin sou word van ’n reeks – een van die bekendste, geliefste en suksesvolste jeugreekse in Afrikaans. Heruitgawes het in 1970 en 1995 verskyn en nou keer Kobie, Elsabe, Breggie, Heloise en al die meisies van Maasdorp weer terug – meer as 75 jaar na die eerste verskyning!Die meisies van Maasorp is die eerste kennismaking met die maats van Maasdorpskool. Daar is die klein terggees Kobie Malan, wat met haar goue krulle en kuiltjies almal bekoor. Sy is die voorbok van die spul woelige graad neges wat stom verbaas is om ’n nuwe leerder in die kosskool, Elsabe van den Heever, te ontmoet. Elsabe het al die jare saam met haar oudtydse tante gewoon en haar klere en manier van praat wys dit beslis! Vir die graad neges is dit ’n nagmerrie: Elsabe klink snaaks, trek snaaks aan en boonop lyk dit nie of sy enigsins gaan deelneem aan Kobie se mal planne nie. Dié mal planne neem die skool op hol en dit is nie lank nie of die meisies van Maasdorp besef hulle gaan ’n kwartaal beleef wat hulle nie gou gaan vergeet nie!

Аннотация

Buyi kom gou agter Afrika bestaan nie net uit wonderlike landskappe en eksotiese diere nie, maar ook gevaar. ’n Mensvreter-leeu sluip in die wildreservaat rond op soek na sy volgende prooi . . . Hoe gaan die avontuurlike André en saggeaarde Simoshile hom uiteindelik help om die letsels wat die leeu agterlaat, maar ook dié in hy hart, verwerk?

Аннотация

Die derde omnibus in Louise Prinsloo se gewilde spookstories in die Gedaantes en Geraamtes-reeks. Die titels in hierdie omnibus is: Spookhuis by die see, Skimme van gister en Duiwel-in-die-bos – lg. ’n splinternuwe verhaal wat nog nie voorheen verskyn het nie. Die teks van die eerste twee stories is ten volle hersien en lesers behoort van nuuts af aan die drie vriende, Wikus, Karel en Giepie se lekker grillerige spookavonture te geniet

Аннотация

Wat gaan in Kamer 13 aan? En hoekom is dit net Bennie wat voel iets is nie reg nie? Wat sal sy ma sê as sy uitvind van die swelsel op sy rug en hoekom is Klitser, sy hond, skielik so anders teenoor hom? En dan is daar die stem in sy kop wat hom snaakse dinge laat doen.

Аннотация

Wat is dit wat Tiaan deur die venster in die bos gesien het en watter geheime hou die muwwe ou huis van hulle eksentrieke tante in? En wat gaan skielik met Rolf aan? Hulle is nou wel ’n tweeling, maar dit beteken nie dat hulle dinge dieselfde ervaar nie – veral as hulle begin agterkom iets in die huis en die donker woud is nie pluis nie. Hoe nader hulle daaraan kom om die geheim te ontrafel, hoe gevaarliker word dit . . . totdat een van hulle se lewe op die spel is.

Аннотация

Wat vir Victor as net nog ’n vervelige wintervakansie in die kinderhuis begin, raak ’n nagmerrie toe hy van aangesig tot aangesig kom met die vreemde vrou wat onder in die straat woon.

Аннотация

Katrina is moeg vir vervelige mense, moeg vir ’n vervelige lewe, moeg vir haar outydse naam. Sy is Kat . . . en Kat is sexy, suave en gesofistikeerd. Net jammer haar lewe bly so gewoon en saai. Naweke werk sy en Van Aardt op die kunsmark en by die skool het sy te doen met irriterende mense soos Marlé Groenewald, die girl met die supergroot boobs. Tot hý op die toneel verskyn. Hý met die ontwerperstoppels en die romantiese Franse naam. Kat is verlief. So verlief dat sy haar beeld heeltemal verander sodat hy haar móét raaksien. Maar die Fransman het ’n geheim. Iets wat sal maak dat Kat haar romantiese idees van voor tot agter moet hersien en haar hart net so deeglik moet ondersoek

Аннотация

Agt en twintig lang dae op ’n stowwerige uitgrawing! Is dit cool? Is dit fair? Pa het wel gepraat van nuwe idees (lees vervelige, flou fossiele) en nuwe mense (lees vervelige, fake Dominique), maar hoe gaan dit my help om Brett te behou?

Аннотация

My hart behoort aan jou, aan jou . . . Die woorde draai soos ’n lied in my kop. Wie het dit geskryf? En nogal in goud op 'n sexy swart kaartjie. Se nou dit kom van die nuwe ou in graad elf, die donkerkop met die loslitstap op wie al die meisies verlief is? Vet kans. Dis seker een of ander flou grap. Hopelik nie, want dan sit ek wat Yolande is alleen op die rak. Tensy ek iets kan doen omtrent my vriendin Mia se nuwe, boring ou. Nie dat dit die einde van my probleme is nie. Daar is ook die geheimsinnige man wat my oral agtervolg. Dis net so creepy. Riaan met sy opdringerige houding is nog erger. As ek net geweet hoe om dit alles te hanteer. Die beste raad is dalk om myself in 'n aarbei-smoothie te verdrink.

Аннотация

Goue strande, sonbruin lywe en bikini’s. Niks gaan die vakansie op Duinebaai bederf nie, besluit Anelle. ’n Ander omgewing, ander mense, ander dinge om te doen. Ver weg van hartebreker, Pierre du Toit, en sexy Jenni Malan. Maar wat van Simone met haar uitlokkende stappie? En Johan Bekker met sy snedige aanmerkings en dreigende houding? Waarop gaan al die ontmoetings op Duinebaai uitloop? En dan is daar die rugbyheld, Martin Nel, en natuurlik wéér Jenni wat alles kom omkrap. Dis tyd vir wraak, besluit Anelle. Maar wraak smaak nie soos Smarties nie, vind sy bitter gou uit.