Аннотация

Skaars het Lizanne die supervatterige Gerhard Greeff afgesê en met Ryno Thiart begin uitgaan, of haar ma pers haar af om met Gerhard Kreefkloue op te maak. Daar is ook (kramp kramp kramp) haar “Engelse” niggie, Mandy, wat skielik bonatuurlik sexy geword het en al wéér by hulle kuier. As Ma net wil besef sy wat Lizanne is, sal doodgaan as sy Ryno moet verloor. As Gerhard net wil ophou om haar te stalk. As Mandy net skielik puisies, pokke en yersinia pestis wil kry. As . . . as . . . as . . . Wat kan sy dóén om haar lewe en haar vakansie te red?

Аннотация

Agt en twintig lang dae op ’n stowwerige uitgrawing! Is dit cool? Is dit fair? Pa het wel gepraat van nuwe idees (lees vervelige, flou fossiele) en nuwe mense (lees vervelige, fake Dominique), maar hoe gaan dit my help om Brett te behou?

Аннотация

My hart behoort aan jou, aan jou . . . Die woorde draai soos ’n lied in my kop. Wie het dit geskryf? En nogal in goud op 'n sexy swart kaartjie. Se nou dit kom van die nuwe ou in graad elf, die donkerkop met die loslitstap op wie al die meisies verlief is? Vet kans. Dis seker een of ander flou grap. Hopelik nie, want dan sit ek wat Yolande is alleen op die rak. Tensy ek iets kan doen omtrent my vriendin Mia se nuwe, boring ou. Nie dat dit die einde van my probleme is nie. Daar is ook die geheimsinnige man wat my oral agtervolg. Dis net so creepy. Riaan met sy opdringerige houding is nog erger. As ek net geweet hoe om dit alles te hanteer. Die beste raad is dalk om myself in 'n aarbei-smoothie te verdrink.

Аннотация

Goue strande, sonbruin lywe en bikini’s. Niks gaan die vakansie op Duinebaai bederf nie, besluit Anelle. ’n Ander omgewing, ander mense, ander dinge om te doen. Ver weg van hartebreker, Pierre du Toit, en sexy Jenni Malan. Maar wat van Simone met haar uitlokkende stappie? En Johan Bekker met sy snedige aanmerkings en dreigende houding? Waarop gaan al die ontmoetings op Duinebaai uitloop? En dan is daar die rugbyheld, Martin Nel, en natuurlik wéér Jenni wat alles kom omkrap. Dis tyd vir wraak, besluit Anelle. Maar wraak smaak nie soos Smarties nie, vind sy bitter gou uit.