Аннотация

Ratels is ’n somerskool op ’n wildsplaas waar ’n groep jongmense, uit alle lae van die samelewing, bymekaarkom om oor hulself, die lewe en die natuur te leer. Dit raak aan alledaagse dinge soos korrupsie, dwelms, dobbelary, verhoudings, stropery en die algemene agteruitgang van die natuur. Lekker lewendige relevante jongmens-denke en -taal. Dit is gebaseer op die super-gewilde reeks op RSG met die dieselfde naam, met baie humor, drama en interessante verwikkelinge.

Аннотация

Dit is veronderstel om vir Ken en sy gesin ’n opwindende vakansie in Londen te wees, maar dit ontaard in ’n verskrikking toe hy en die tweeling agterkom ou Mr Ratcliff se hoofbediende, Parker, nie is wat hy voorgee nie. Dan is daar nog die vreemde meisie en die vriendelike seun – waar pas hulle in al die raaisels in? En Miss Sharp en Mrs Burton van die hotel? Wat Ken uiteindelik uitvind, sou hy nooit in sy wildste drome kon glo nie.

Аннотация

Niks cools gebeur ooit op Koedoesdorp nie. Elke dag is so vervelig soos die ander. Veral Maandag-oggende. Maar hierdie Maandag is anders, want skielik is hulle voortuin vol kamele wat Gerrie se ma se spogrose opvreet. Dis chaos in Gerrie-hulle se huis en tuin, en hy en sy suster, Anneke, is mal daaroor. Dit word ’n surrealistiese dag van Kamele wat pandemonium saai, die vreemde gesin wat tent opslaan in die voortuin en sprinkane braai . . . ’n Lekker ligte storie vol humor en pret.

Аннотация

Skaars het Lizanne die supervatterige Gerhard Greeff afgesê en met Ryno Thiart begin uitgaan, of haar ma pers haar af om met Gerhard Kreefkloue op te maak. Daar is ook (kramp kramp kramp) haar “Engelse” niggie, Mandy, wat skielik bonatuurlik sexy geword het en al wéér by hulle kuier. As Ma net wil besef sy wat Lizanne is, sal doodgaan as sy Ryno moet verloor. As Gerhard net wil ophou om haar te stalk. As Mandy net skielik puisies, pokke en yersinia pestis wil kry. As . . . as . . . as . . . Wat kan sy dóén om haar lewe en haar vakansie te red?

Аннотация

Sylvia van der Merwe moet honderd ure gemeenskapsdiens doen, sy is geskors uit haar skool voordat sy matriek kon klaarmaak, en saans werk sy hard om die finansiële las vir haar enkelma en kleinboetie te verlig. Dit is wêrelde verwyder van enkele maande tevore toe sy nog planne gehad het om te gaan medies swot en gekies is as skoolprefek. Minstens is alles nie net sleg nie – haar hunk van ‘n boyfriend Hein is nog net so smoorverlief op haar, en die dienswerk by die ouetehuis is darem nie te sleg nie. En daar is tog vele ander alternatiewe beroepe as medies.
Wanneer haar kleinboetie egter siek word en die dokter by noodgevalle nie wil luister nie, moet Sylvia op haar instinkte staatmaak. Dieselfde instink wat vir haar sê dat alles ook nie pluis is met haar en Hein nie.

Аннотация

Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly. Toe Micha se outisme by sy nuwe pre-primêre skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ingenieur te word. Hy is ’n slimkop en hy en sy groepie “mede-geeks” by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoërskole te wen, sodat hy ’n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook ’n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die “geeks” in sy span.
Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op ’n onopsigtelike en goed geïntegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so ’n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel.
Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly.
Toe Micha se outisme by sy nuwe pre-primêre skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ingenieur te word. Hy is ’n slimkop en hy en sy groepie “mede-geeks” by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoërskole te wen, sodat hy ’n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook ’n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die “geeks” in sy span.
Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op ’n onopsigtelike en goed geïntegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so ’n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel.

Аннотация

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! In Trompie die hoërskoolseun begin die nuwe skooljaar en Trompie, Blikkies, Dawie en Rooie gaan hoërskool toe. Die vier moet gewoond raak aan nuwe reëls, nuwe onderwysers en ouer boelies wat poetse op hulle bak. Die Boksombende maak ook ’n plan om geld in te samel om vir Rooie ’n fiets te koop. In Trompie die dromer word die bende bedreig – deur ’n meisie¬kind! Trompie, die Grootkaptein en meesterlike planmaker, is smoorverlief en sit heeldag net en droom. Die bende belê ’n spesiale vergadering om hierdie saak te bespreek – hoe durf Trompie ’n meisie se geselskap bo hulle s’n verkies? In Trompie die speurder kom Trompie en Rooie op skelms af wat fietse steel. Trompie agtervolg die diewe en beland in ’n groot penarie. Sal Trompie hierdie gevaarlike avontuur oorleef sodat hy weer saam met sy manskappe onder die blou hemel kan vergader? Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!

Аннотация

Hierdie omnibus bevat die eerste drie boeke van die gewilde Trompie-reeks. In Trompie ontmoet ons die elfjarige sproetgesig Grootkaptein van die Boksombende. Hy en sy vriende Rooie, Blikkies en klein Dawie maak die lewe interessant (en soms taamlik moeilik!) vir die inwoners van hul tuisdorp, Kwaggaberg. Hul avontuur met die dominee se bobbejaan ruk handuit en Trompie se poging om vir sy suster Anna ’n kêrel te kry, loop lelik skeef. Trompie wil ook baie graag ’n hond hê en het sy oog op ’n basterbrak genaamd Boesman. In Trompie die stouterd trek Trompie vir die nuwe seun wat al die onderwysers se witbroodjie is, ’n lelike streep. Hy lees van ’n dorpie in Brittanje waar ’n klipgooiende spook amok maak en besluit net daar dis tyd om sy tuisdorp te laat regop sit. In Trompie die soet seun besluit Trompie hy is moeg daarvoor om altyd in almal se slegte boekies te wees. Die Boksombende se Grootkaptein kondig aan dat dit tyd geword het om goeie dade te doen, maar dis glad nie so maklik soos wat dit klink nie! Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!

Аннотация

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit! In Saartjie se donkie besluit sy om vir die dorp se seuns te bewys sy kan beter as enigeen van hulle donkie ry. Sy gaan maak die donkie in haar ouers se agterplaas vas, maar dan besluit Langoor om die omgewing te verken en daar kom groot moleste. In Saartjie se nuwe maat maak die Drie Muskiete kennis met die parmantige Gail Smith wat spog dat sy alles net so goed soos Saartjie kan doen – en selfs nog beter! Ons heldin laat haar nie so beledig nie en dit lei tot ’n kragmeting met ’n verrassende einde. En in Saartjie se slim plan besluit Saartjie sy wil darem ook voel hoe dit is om ’n modepop te wees. Die Drie Muskiete kry haar ma se grimering beet en dan klop Galpil aan die deur. Saartjie is seker sy gaan sy voete onder hom uitslaan, maar sy reaksie is nie wat sy verwag het nie . . . Soos haar ouer broer tereg sê: Waar Saartjie is, gebeur daar altyd iets! Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!

Аннотация

Hierdie omnibus bevat die eerste drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks. In Saartjie ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en ’n klein niksnuts genaamd Muggie. In Saartjie se vakansie tref ’n orkaan ’n Johannesburgse woonbuurt en Saartjie kom af op ’n tweeling wie se ouers albei in die hospitaal is. Sy kry hulle jammer en steek hulle tuis in haar kamer weg. In Saartjie se geheim laat Saartjie se ondeundheid haar soos gewoonlik weer in die moeilikheid beland. Galpil-hulle is net mooi gereed om vrugte vas te lê wanneer ’n vreesaanjaende spook sy verskyning maak. En dan is daar nog die kwessie van Saartjie se geheim wat haar beste vriende, Anna en Lina, en natuurlik ook vir Galpil en haar boetie, Apie, tot raserny dryf. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!