Аннотация

Mia wens mense kon grootword soos sywurms. Die een oomblik dryf jy weg in jou lekker fuzzy kokon, en die volgende oomblik is jy cool verby, met great boobs, gewoond aan ouens en jou lewe agtermekaar.
Sy probeer darem. Daar is die debatskompetisie waarvoor sy in ’n oomblik van breinverlamming ingeskryf het, en die perdryplanne waarmee haar beste vriendin Annika op loop gesit het. En haar daaglikse keuse: Arnold of Thomas?
Niks kan haar egter voorberei op die nuus wat haar een gewone somersmiddag by die huis inwag nie. Dit Vat Guts is die eerlike, aangrypende verhaal van liefde, hartseer, engele, guts en ’n perd genaamd Harry. En ’n meisie wat nooit kon droom hoe dapper sy regtig is nie. Annelie Ferreira is die skrywer van die bekroonde Tot siens, Koning Arthur.

Аннотация

Wanneer jy agterkom die lewe gaan nie net oor jouself nie, moet jy keuses maak. Partykeer moet jy jouself eerste stel. Ander kere moet jy terugstaan, want dan weet jy iemand anders se behoeftes is nou belangriker as joune.
Helena is desperaat om weg te kom van haar afgeleefde skool en in te kom by die Musiekakademie, maar Madame Pandora, haar musiekonderwyser, wil niks weet nie. Dit is nie Helena se enigste probleem nie. By die huis draai alles net om haar talentvolle broer, haar ouers is te besig om van haar notisie te neem en dan het die aantreklike Konrad net oë vir June. Wanneer Helena uiteindelik haar drome kan bewaarheid, besef sy nie alle geleenthede hoef aangegryp te word nie – watter moet sy vat en watter moet sy los, en hoe sal haar besluit die mense naaste aan haar raak? ’n Verhaal van volharding, moed en vriendskap. Ook verkrygbaar in Engels: Hearing Helen.

Аннотация

When you discover that life is no longer just about you, you have to make choices. Sometimes, you need to put yourself first.
At other times you need to put yourself on hold, because you know someone else’s needs are more important right now.
Helen is desperate to escape from her run-down high school and to get into the Music Academy, but her piano teacher, Madame Pandora, will not hear of it. That’s not Helen’s only problem; life at home seems to revolve around her talented elder brother, her parents are too exhausted to notice her and the gorgeous Kean has eyes only for June, who is sickeningly perfect.
When Helen finally gets the chance to make her dreams come true, she realises that not all opportunities are meant to be taken.
Which opportunities should she grab, which should she leave and what will her decisions cost those for whom she cares the most?
An uplifting tale of courage, determination and friendship. Also available in Afrikaans: Om Helena te hoor

Аннотация

Daar is groot konsternasie by die polisiestasie. Die Kolonel is weg! Skoonveld soos ’n groot speld! Die Kolonel is nie net bekend en bemind nie, hy is ook baie bekwaam. Daar word gesê hy kan diewe en dwelms op ’n afstand uitsnuffel. Sersant Sol en konstabel Bongani sal moet soek, want hulle kan nie hulle werk sonder dié baasspeurder doen nie. Gelukkig word die Kolonel opgespoor en help hy hulle om inbrekers, ’n kaasdief, ’n bankrower, ’n grypdief en dwelmsmokkelaars te vang. Want sien, die Kolonel is ’n baie slim kat wat niks nonsens vat nie.

Аннотация

“I’m telling you, Faheema, it was because of your red crayon and that stupid clown’s nose. That’s what made us friends.” “And I’m telling you, Louise. There was no red crayon! No, it was because of my pink lunchbox at break and that horrible Sean Groenewald.” “Red crayon!” “Pink lunchbox! And your hair shining like a gold crown.” “Oh, come on! How could my hair ever look like a gold crown? You’re making that up!” We argued until we both burst out laughing. But there were other arguments going on. Not so, Faheema? Serious arguments that didn’t end with everyone laughing. Arguments that threatened to destroy our friendship forever.

Аннотация

Clarissa Mentz is ’n gr. 11-leerder aan ’n dubbelmedium privaatskool wat verskeie uitdagings moet hanteer: sy moet vrede maak met die omstandighede waarin haar pa verdwyn het; sy moet besin oor haar verhouding met die skool se hoofseun; sy moet haar lojaliteite teenoor vriende in oënskou neem; asook die lewenswaardes wat sy onderskryf, evalueer.
Die verhaal speel af in ’n kontemporêre Suid-Afrikaanse skoolopset. Dit maak die uitdagings waarmee karakters gekonfronteer word, soveel meer oortuigend, en hul reaksies daarop relevant. Die hoofkarakter word multidimensioneel uitgebeeld, met haar sterk en kwesbare eienskappe in balans.
Keurders het hierdie boek aanbeveel vir die voorskryfmark: veral graad 10 tot 12 Addisionele Taal. In die algemene handel sal dit by meisies vanaf graad 7 byval vind.

Аннотация

The story takes place on the day of Dirk’s eighteenth birthday, when he has applied for a position in a youth training programme at Kagiso Holdings. At seventeen, and without finishing school, he had hitchhiked back to Johannesburg, where he lived with his parents until he was twelve years old. Now, back in Villa Park, his old Johannesburg neighbourhood, Dirk lives in the maid’s quarters of the house in Groenewald Street where he lived as a boy.
At the Kagiso Holdings interview Dirk finds he is unable to answer the questions in the test he is given, and copies from the girl in front of him. When he is discovered, he is kicked out of the interview. His day goes from bad to worse – and as the story unfolds, the reader learns of Dirk’s life up to now; why he was living with his sister for the last five years, and why he has come back to Joburg. Dirk eventually learns that while life can be “unfair”, we all have the power to treat fairly the people we encounter.

Аннотация

Die ergste plaag denkbaar tref Laerskool Tierkop: kopluise! Nina en Jessie kom toevalllig af op bewyse dat dié plaag deur ‘n tydelike onderwyseres, juf. Morkel, begin is. Maar waarom sal sy die skool se naam skade wil doen? En hoe gemaak om die luise uit te roei, EN die skuldige aan die kaak te stel? Die hoof en ander onderwysers sal mos nooit twee graad vyfs se storie glo nie. Gelukkig is die Entrepreneursdag om die draai, en Nina en Jessie weet presies hoe om hulle plan uit te voer. Hulle het net die hele skool se samewerking nodig . . .

Аннотация

’n Bundel van vyf-en-twintig stories vir kleintjies van so vier tot sewe jaar. Dit bevat klassieke feëverhale soos Wolf en die drie ottepotte, Jan en die boontjierank, Die skoenmaker en die kabouters, Drie rammetjies-rof, Doringrosie, Die lelike eendjie, Gouelokkies, Aspoesterjie, e.a. Daar is ook heerlike inheemse verhale soos O likkie, o lalie, Sipho en die ryprooi Amathungulu, Doederomandro, Die ploempserige, plompserige ding, e.a. Die stories is verwerk deur die bekende en bekroonde Linda Rode, wat as die doyenne van kinderliteratuur bekend is. Elke storie is net vyf-minute lank. Dus baie geskik vir aandstories en of beginner-lesers.

Аннотация

Dis somervakansie en tyd vir Darius om op MonPetit te kom kuier. Anna kan nie wag nie! Sy wil vir hom die grotte op die eiland gaan wys, en hulle gaan vir professor Sabatina help met haar navorsing vir die AardWag oor vulkaniese aktiwiteit. Maar iemand anders stel ook belang in die vulkane om die eiland, veral ’n spesifieke ondersese vulkaan bekend as die Duiwel se Skoorsteen. Dié vulkaanmonding vorm deel van van ’n fyn-uitgewerkte plan om die aarde van oorbevolking te bevry en so die natuurlike balans te herstel: Uranus Draak se finale aanslag. Wenner van die Alba Bouwer-prys vir kinderliteratuur 2013. Hierdie reeks is ’n klomp dinge ineengerol: avontuur, wetenskapfiksie, natuurlewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en ’n sterk “groen” boodskap.