Аннотация

Willem is weg! Adriaan doen speurwerk en vind uit dat Sherlock, Willem se seun, as snuffelhond in Australië werk. Maar daar word berig dat Sherlock daarvan verdink word dat hy kop in een mus is met 'n berugte smokkelbende. Adriaan weet dat Willem hom beslis nêrens anders as in Australië bevind nie – besig met sy eie snuffelwerk om sy seun se naam in ere te herstel. Adriaan en Willem se eerste avontuur doer onder is vol aksie. Boonop maak 'n paar ou bekendes hulle verskyning . . .

Аннотация

In a subterranean laboratory on Monpetit Island a hologram of the earth floats above a silver platform, the ice cap of the North Pole almost touching the ceiling above. On a beach just a few steps from the laboratory, Anna Atom is about to go for her usual afternoon swim. Life on an Indian Ocean island is idyllic: it is always beach weather! But Anna’s mom spends most of her days in the laboratory, monitoring the environmental conditions of the earth and communicating them to her employer, United Surveillance. It is one such environmental crisis that sets off a chain of events that takes Anna away from her predictable island existence to the ends of the earth, and changes her life forever.

Аннотация

“Kyk!” sê Luc. “Dis wat ek vir jou wou wys. Sy word genoem ‘Die Gevleuelde Oorwinning van Samothrace’, en vir my is sy die tweede mooiste meisie in die Louvre.” Emma bloos toe hy tergend na haar kyk. Die Franse verstaan sowaar die kuns van flirt! dink sy. Dalk word dit nog hier as skoolvak aangebied. Emma is nie veel lus vir die Franse kursus in Parys nie – haar ouma se geskenk vir haar sestiende verjaarsdag. Maar die Stad van Lig betower haar gou, en met Luc as haar gids kry Parys se bekende bakens vir haar nuwe betekenis. Luc is toevallig daar wanneer vreemde goed begin gebeur: sy word amper toegesluit in die Musée d’Orsay, by die Eiffeltoring val ’n bedelaar haar lastig . . . en wie is die onvergeetlik mooi Oosterse meisie met die viool, wat maar net nie uit Emma en Luc se pad kan bly nie? Fantasie, liefde, avontuur – in Parys is dit moontlik om dit alles oor ’n tydperk van elf dae te ervaar.

Аннотация

William and Alex must prevent a gang from getting their hands on some diamonds in Namibia. But this time they are required to work with another famous sleuth, Sergeant Maximilian. Something is nagging at William though . . . Is Max’s patrol officer to be trusted? When our dogtective and his trusty young sidekick find themselves stranded along a deserted road under very suspicious circumstances, they realise they once again have only each other to rely on . . .

Аннотация

In professor Arnoldus Snol se woonstel bo die museum staan ’n kas wat ’n KOLOSSALE geheim bewaar . . . Professor Snol weet alles van die dinosourusse van Gondwanaland af, daarom neem Oupa vir Jannus en Kriek om hom te ontmoet en inligting te kry vir ’n skooltaak. Maar wat het van die professor geword? Weke se pos lê onoopgemaak voor sy deur en niemand het hom onlangs gesien nie. Watter ongelooflike avontuur sal die tweeling en hulle eksentrieke oupa nóg beleef?

Аннотация

In the fifth adventure in the series William and Alex go to New York City, where they meet William’s Uncle Berlioz. It has been three weeks since Fifi, the poodle of a well-known Broadway actress has been kidnapped. William and Alex must apprehend the kidnappers before more celebrities’ pets are kidnapped and held for ransom.

Аннотация

Speurhond Willem en sy huismens Adriaan het in 2010 die eerste keer saam gaan reis: via Istanboel tot in Amsterdam, Parys en uiteindelik Londen. Daarna volg avonture op ’n passasierskip in die Indiese Oseaan, op ’n wildplaas in die Bosveld, hulle reis via Kazakstan al die pad na die Internasionale Ruimtestasie en na New York, waar hulle ’n bende moes aankeer wat bekendes se skoothondjies ontvoer.

Аннотация

In their fourth adventure together William and Alex go to Baikonur in Kazakhstan, from where they are launched into space to investigate a mysterious problem with the International Space Station’s oxygen supply. Here they meet William’s old friend Boris, another dogtective, who reveals some interesting facts about William’s past, to Alex’s great delight.

Аннотация

Die tweede avontuur waarin Jannus en Kriek Knoets, die rooikoptweeling wat in Huis Deurmekruis woon, en hulle eksentrieke oupa op ’n ontdekkingstog gaan. In die eerste boek het Oupa hulle saamgeneem maan toe. Daar het vreemde spore hulle verbeelding aangegryp . . .
Dié keer neem Oupa hulle in sy duikboot, die Krisantalia, na die Suid-Atlantiese oseaan, digby Bouvet-eiland. ’n Geheimsinnige reuse-eier is hier gevind, en ’n mede-wetenskaplike het Oupa Knoets gevra om die eier te help ondersoek. Dis ’n diepsee-wêreld waar jeti-krappe en eienaardige fluoresserende visse leef . . . maar dan kraak die eier se dop terwyl die tweeling saam met Oupa onderwater is. Dit beteken net een ding: wat ook al daarbinne is, is reg om uit te broei, en die ding se ouers gaan hom mos kom soek . . .

Аннотация

William and Alex are on their third mission together: they must investigate the poaching of rhinos on Aunt Ada’s farm in the Bushveld. Very topical plot, and full of humour, as readers have come to expect from this duo!