Аннотация

Speurhond Willem en sy huismens Adriaan het in 2010 die eerste keer saam gaan reis: via Istanboel tot in Amsterdam, Parys en uiteindelik Londen. Daarna volg avonture op ’n passasierskip in die Indiese Oseaan, op ’n wildplaas in die Bosveld, hulle reis via Kazakstan al die pad na die Internasionale Ruimtestasie en na New York, waar hulle ’n bende moes aankeer wat bekendes se skoothondjies ontvoer.

Аннотация

Adriaan en Willem, sy speurhond-troeteldier, se vyfde avontuur saam speel af in die stad van geel taxi's, wolkekrabbers en warmbrakke! Toe Willem een middag daarop aandring om gebad te word, kry Adriaan dadelik snuf in die neus. Kort daarna skryf Willem homself vir 'n hondekompetisie in, en toe Adriaan hoor die eindronde word in New York gehou, word sy vermoedens bevestig: die Internasionale Speurdiens benodig weer Willem se dienste.

Аннотация

Adriaan se ma wen ’n reis op ’n passasierskip teen die Ooskus van Afrika op. Willem gaan saam – versteek in Adriaan se drasak. Toe seerowers die skip naby Madagaskar gyselaar neem is dit Willem wat tot die redding kom. Op die koop toe gaan soek Willem en Adriaan ‘n versteekte skat op die piepklein eilandjie, Tromelin.

Аннотация

Na hulle vorige avonture in Europa, die Indiese Oseaan en die Bosveld neem Willem en Adriaan se nuutste sending hulle dié keer na selfs meer onbekende terrein: die Internasionale Ruimtestasie! Voor jy kan sê “gespikkelde spanjoel” is Willem en Adriaan op pad Baikonoer toe; in Kazakhstan, vanwaar hulle in ‘n Sojoes-ruimtetuig gelanseer word. Iets skort met die Internasionale Ruimtestasie se suurstof-toevoerstelsel. Kan dit wees dat ‘n saboteur hier doenig is?