Аннотация

Daar is rêrig, êrig goed soos spoke en zombies en vampiere en dooie dinge wat in die donker rondsluip. Dit is hulle wat die hare op jou vel laat regop staan. Wat jou laat omkyk as jy alleen in die donker loop. En dis hulle wat jou drome kan omtower in ’n nagmerrie!
So sê die skrywer van hierdie lekker boek vol grillerige stories, en hy wéét, want hy het al ’n spook gevang. Maar wees gewaarsku – hierdie boek is nie vir sissies nie. So skakel al die ligte in die huis aan, maak seker die vensters is dig toe en al die deure gesluit – eers dan kan jy begin lees.

Аннотация

'n Storie oor obsessies. Arian en Estie is in Graad 11 in dieselfde skool. Ná hulle op sosiale media vriende word, begin Estie vir Arian stalk: Aanlyn, en later ook in die werklikheid. Eers is hy vir haar net nog 'n misterieuse vreemdeling, maar soos wat sy hom dophou openbaar hy onwetend sy diepste geheime aan haar. Maar Estie het geheime van haar eie, wat sy ten alle koste verberg, selfs toe sy en Arian later vriende word: Geheime wat haar haar enigste vriend kan kos.

Аннотация

Amber is onseker van haar voorkoms. Is sy mooi? Sy maak 'n anonieme youtube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar facebookblad. Tim is gewild, maar sy meisie het hom sopas afgesê vir een van die rugby-ouens. 'n Toevallige ontmoeting in die skadu's van die landgoed waar hulle albei woon, lei tot 'n ongewone vriendskap, maar sal Amber die moed hê om haar spoke te konfronteer? En sal Tim die skadu-meisie se ware skoonheid kan raaksien?

Аннотация

Liewe leser. Hierdie boek kom met ’n waarskuwing – sien bladsy 1. Neem dit ernstig op. NIE VIR SENSITIEWE LESERS! BreinBliksem is Fanie Viljoen se eerste roman. Hy sê oor die boek: “’n Paar jaar terug, met die Granaat Rockfees in Bloemfontein, het ek ’n laaitie van so vyftien, sestien gesien met ’n ketting om sy nek. Dit was nie ’n hangertjie nie, maar ’n ketting soos dié waarmee jy ’n hek sou toesluit. Ek het begin wonder wat in sy lewe aangaan. BreinBliksem is seker op ’n manier sy storie.”

Аннотация

Dramageeks Yvette en Tyler is verpletter toe die skoolhoof aankondig dat die skool se hele kultuurbegroting gebruik word vir die opgradering van die krieketklubhuis #lopies. Desperaat om hulle opvoering van Romeo en Juliet te red, oortuig hulle die skool se sportheld en hartebreker, Marko Marais, om die rol van Romeo te vertolk #leggings. Hulle plan werk en kaartjies verkoop soos soetkoek. Marko voel aangetrokke tot Yvette, en sy sien ook iets diepers in Marko as die spiertier-jock met die mooi glimlag #liefde. Maar ’n leuen dreig om hulle uitmekaar te skeur en die opvoering te kelder. Ons weet almal hoe Willem Wikkelspies se Romeo en Juliet-verhaal eindig. Sal hierdie een ’n gelukkiger einde hê?

Аннотация

’n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Huistaal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediêre Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir ’n Graad 6-leerder soos jy. Wanneer jy hierdie leesboek lees, gaan jy jouself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks. Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is langer stories (uittreksels uit romans) en fotoverhale wat jou as jong leser nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of te dramatiseer. Daar is ook heelwat inligtings-, sosiale- en mediatekste wat jou lus vir lees sal aanwakker. Jy sal lees oor allerlei temas waarvan jy dalk nog nie weet nie of vreemde plekke ontdek waarvan jy dalk nog nooit gehoor het nie. Jy gaan resensies en advertensies lees om jou taalkennis uit te brei. Al hierdie lekker leeswerk gaan jou help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en jou taalbegrip bevorder. Vir die klaskamer Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien: • Vra wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is oor die meeste tekste. • Toeligting by moeiliker tekste. • Woordverklarings vir komplekse woorde. • Die stappe van die leesproses. KABV-geskik.

Аннотация

’n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Huistaal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediêre Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir ’n Graad 5-leerder soos jy. Wanneer jy hierdie leesboek lees, gaan jy jouself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks. Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is langer stories (uittreksels uit romans) en fotoverhale wat jou as jong leser nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of te dramatiseer. Daar is ook heelwat inligtings-, sosiale- en mediatekste wat jou lus vir lees sal aanwakker. Jy sal lees oor allerlei temas waarvan jy dalk nog nie weet nie of vreemde plekke ontdek waarvan jy dalk nog nooit gehoor het nie. Jy gaan resensies en advertensies lees om jou taalkennis uit te brei. Al hierdie lekker leeswerk gaan jou help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en jou taalbegrip bevorder. Vir die klaskamer Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien: Vrae wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is oor die meeste tekste. Toeligting by moeiliker tekste. Woordverklarings vir komplekse woorde. Die stappe van die leesproses.

Аннотация

Buyi voel soos ’n vreemdeling in London – die plek waar hy gebore is en grootgeword het. Maar toe hy vir die soveelste keer moeilikheid by die skool optel, besluit sy ma hy moet by sy pa, wat hy nog nooit geken het nie, in ’n wildreservaat in Suid-Afrika gaan bly. Maar ook hier voel hy nie tuis nie, veral omdat hy en sy bombastiese pa van dag een af nie oor die weg kom nie en die plek vol vreemde bedreigings is. Hy kom gou agter Afrika bestaan nie net uit wonderlike landskappe en eksotiese diere nie, maar ook gevaar. ’n Mensvreter-leeu sluip in die wildreservaat rond opsoek na sy volgende prooi … Hoe gaan die avontuurlike André en saggeaarde Simoshile hom uiteindelik help om die letsels wat die leeu agterlaat, maar ook dié in sy hart, te verwerk?
Hierdie skooluitgawe van Leeus met letsels is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.humanrousseau.com.

Аннотация

Buyi kom gou agter Afrika bestaan nie net uit wonderlike landskappe en eksotiese diere nie, maar ook gevaar. ’n Mensvreter-leeu sluip in die wildreservaat rond op soek na sy volgende prooi . . . Hoe gaan die avontuurlike André en saggeaarde Simoshile hom uiteindelik help om die letsels wat die leeu agterlaat, maar ook dié in hy hart, verwerk?

Аннотация

Greg Owen, die ou wat sy eie pa vir die wolwe gegooi het, is 'n eerstejaar op Stellenbosch. Klaar met hacking. Ingeskryf vir 'n graad in Sportwetenskap. Maar sal hy ooit van die skaduwee van Lawson Kollege en Project Nursery Rhyme kan wegkom? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe, besef hy gou, in hierdie vervolg op die topverkopr Onderwêreld.