Скачать книгу

was geskok om Simon, volgens haar eintlik ’n sagte introvert, as hierdie vreemd ekshibisionistiese mens te beleef. Hy het haar na ’n boksgeveg genooi wat hy op Stellenbosch aangepak het as ’n filmprojek vir sy kursus, die rede waarom hy hierdie beeldmateriaal later in sy dokumentêre program kon gebruik. Sy moes stom­geslaan toekyk hoe haar kind, sy kop kaalgeskeer, sonder kop- of mondskerm in die bokskryt klim teen ’n opponent wat 40 kg swaarder as hy was. En nog nadat hy platgeslaan is ’n bisarre toe­spraak afsteek.

      Dit was vir Simon ’n bitter pil om daarna met bipolariteit ge­diag­noseer te word, te aanvaar dat hy nou van psigiatriese hulp afhanklik is.

      “’n Mens begin later besef jy moet eintlik net niks sê nie,” laat skemer Katinka iets deur van dit waardeur hulle as ouers is. Sy dink, sê dan peinsend: “Soms probeer jy bloot aanhou asemhaal. Soos eendag tussen Laingsburg en Beaufort-Wes – dit was net ons twee in die kar …”

      Die ongelukstoneel was vir haar “’n moment waarin dit is asof die hele uitspansel sy asem ophou en wag: Wil hierdie kind aangaan of nie?” In die dokumentêr sê sy in trane: “Jy bid, maar in daardie oomblikke besef jy hoe bitter swak jou geloof is.”

      En tog het iets iewers daar geswaai. Sy wanhoopsdaad was die begin van ’n kentering in Simon, naamlik ’n eienaarskap van sy siekte en ’n erkenning dat hy medikasie nodig het. “Ek moes oor my ego kom en ook besef ’n mens bid nie altyd als reg nie. God kan ook medikasie gebruik. ’n Mens sê tog nie vir ’n diabeet hy moet sy insulien los nie. Nie dat ek vir een oomblik twyfel dat my vriende se gebede nie ’n rol gespeel het nie.”

      Hy is in ’n kliniek opgeneem en ’n paar maande later het hy met die “wonderlike geweld” van die jeug, soos Elsa Joubert dit stel, groen en gretig soos ’n plant deur die grond begin beur. Met die behoefte om die nuwe insigte wat hy verwerf het in ’n dokumentêr met ander te deel. “Dit het uit ’n desperate plek gekom,” sê hy vandag. “Ek was sonder ’n graad, ’n werk of vriende. Maar die impuls was net so sterk dat ek dit móés doen.”

      Agterna kon hulle die aggressiewe materiaal neem en delikate musiek daaroor lê, soos Katinka dit stel. Om haarself weer deur dieselfde proses te sit met Simon wat tydens die selfmoordtoneel in presies dieselfde klere daar lê, dieselfde rou geluide diep uit sy maag maak en weer met die paramediese personeel baklei, was om die minste te sê traumaties. Haar trane was beslis dié van ’n ma, nie ’n aktrise nie, sê sy.

      Hulle is saam na Anton Rijnen, die besturende direkteur van Medihelp. “Die engele was by ons in sy kantoor,” sê Katinka. Anton het later gesê hy het ook vooraf oor hulle voorstel gebid. Die uiteinde was dat Medihelp besluit het om nie net Simon se erva­ring nie, maar ’n hele reeks programme oor geestesgesondheid te borg. Dit sou aanvanklik net vir hul kliënte wees, maar is uiteindelik deur meer mense op kykNET gesien as die kykertal vir Dr. Phil in Suid-Afrika.

      “Ons het nie ’n idee gehad hoe die reeks ontvang gaan word nie. Dit was absoluut ’n geloofsprong,” sê Simon agterna. Hy kon ook voortgaan om ’n tweede reeks te maak, dié keer sonder sy ma se hulp. Die een ding het na die ander begin lei. Met die maak van Katinka se rolprent oor die lewe van Eugene Marais, Die Wonderwerker, waarvoor sy pa die draaiboek geskryf het, kon Simon kosbare insette lewer. Hy het ook die kreatiewe deel van die bemarking gedoen met onder meer ’n lokfilm.

twirl.jpg

      Vir die neem van die foto’s ry ons “Hier en Daar” toe, die Barnards se somerhuis op Onrus. Daar waar veral Katinka gereeld tussen see- en melkhoutgeure kom vasmeer. En tuiskom by blou vissies wat oor ’n wit tafeldoek swem en Marjorie Wallace se kleurvolle skilderye soos ou familievriende teen die mure. Jan Rabie se poel waar hy tot op sy oudag elke dag met sy termometertjie gaan baai het, lê net ’n klein stappie verder.

      Dis hier waar Simon sê, sy blou oë ernstig, dog rustig: “Dis asof die ou geborgenheid en gevoel van veiligheid wat ek as kind gehad het, terug is. Ondanks al die verliese. Ons kon mekaar vergewe, my ouers en ek. Ons is op ’n plek waar hulle my vertrou. Ek kon ook van my vriendskapsbande herstel. En ’n stabiele verhouding aan­knoop met iemand wat begrip en respek het vir dit waardeur ek is. Dis ongelooflik.

      “Die medikasie werk nie vir almal nie, maar ek was een van die gelukkiges. Dis asof die heelal vir die eerste keer aan my kant is se­dert ek op 27 weer stabiel en funksioneel geraak het. Ek dink die ervaring het van my ’n beter, ryker mens gemaak. Dit het my veral gestroop van arrogansie. Dit lê mos altyd op die loer. Maar dan ont­hou jy weer.”

      En hy het ’n verskil gemaak. “’n Man wie se kind selfmoord gepleeg het, het my onlangs op Hermanus aan die arm kom vat en gesê die dokumentêre program oor bipolariteit het hom verlos van die skuldgevoelens wat hom so geteister het.”

      Laatmiddag stap ons langs die see. Katinka kyk haar seun agterna. Daar is ’n sagte trek op haar gesig as sy sê: “Simon is terug.”

      ’n Kind wat gelukkig is, is ook die grootste geskenk wat ’n ma kan kry.

      2012

      “Staan op, laat ons hiervandaan weggaan”

      (Joh 14:31)

      In Augustus 2009 droom ek ons jongste, nou al ’n rankerige sesvoeter, slaap agter my rug soos toe hy klein was. Die droom is so helder dat ek verskrik agter my rondvoel toe ek wakker word. ’n Weekheid syfer my dag binne.

      In daardie stadium werk hy al sewe maande by ’n hotel in ’n afgeleë deel van Skotland. Dis vir hom ’n eerste ervaring van die buiteland, iets waarvoor hy in Februarie vingeralleen die wye wêreld in is.

      Ons kaartjies is reeds gekoop om in September drie weke saam met hom te reis – ’n agterstallige verjaardaggeskenk. Maar ses weke voor die vertrekdatum sukkel ek een Saterdagaand laat by Onge­valle in. Die skielike verblindende rugpyn waarvoor geen pynstil­ler of inspuiting help nie, lei die Dinsdagmiddag tot ’n operasie.

      Ons vliegkaartjies en ’n georganiseerde weeklange Europese toer, alles vooruit betaal, is nou in die weegskaal.

      Die volgende paar weke is vol onsekerheid. Ondanks goeie vor­dering kan ek kort voor die vertrekdatum nog nie lank sit of stap sonder ongerief nie. Maar die kind het intussen reeds Londen toe verkas en sy sorgvuldig opge­spaarde geldjies krimp vinnig. Ons kan nie kop uittrek nie.

      Toe ons die Sondag wel die lugpad Engeland toe vat, klou ek meer verbete vas aan vriende en familie se gebede as aan my blou rugkussing.

      Op ’n bank in ’n restaurant op Dubai se lughawe strek ek verlig my 54-jarige lyf pure recycled teenager uit om slaap in te haal. Die lugdiensontbyt om drie voormiddag ons tyd eis ook sy tol, maar die res van die vlug verloop goed.

      In Londen hoor ons egter tot ons skok ons jong medereisiger het weens verskeie redes nog nie ’n Schengen-visum vir ons vertrek Duitsland toe oor ’n paar dae nie. Die Duitse ambassade se antwoordmasjien sê net hy kan eers oor drie weke ’n afspraak kry.

      Drie dae en urelange pogings later besef ons net ’n wonderwerk kan ons uit dié penarie red. Die gedagte dat Wynand sonder werk of vaste blyplek alleen moet agterbly en die reis verpas waaroor ons maande lank al droom, is ondraaglik.

      Ons kan net smeek dat die Een wat al soveel keer in die verlede vir ons brûe oor onbegaanbare paaie gebou het, uitkoms sal bied. Twee 50 pond-parkeerkaartjies later hoor ons darem dat my man, Jaco, ná desperate versoeke by ’n noodnommer, tog ’n afspraak be­kom het. Dit is egter beslis nog geen waarborg nie.

      Die Donderdag voor ons die Saterdag moet vertrek, beland ons in ’n ellelange tou by die ambassade. Toe ons ’n halfuur voor slui­tingstyd uiteindelik gehelp word, vereis die beampte nog ’n ondertekende faks van familie by wie ons in die Swartwoud gaan kuier. Anders kan hulle ons aansoek eers die volgende week oorweeg …

      Ek bel inderhaas vir Willie, my niggie Caren se man, in Duits­land. Hy is in ’n kritieke vergadering rakende hul toekoms as sendelinge. En tog tel hy teen sy gewoonte in hierdie keer sy selfoon op. Hy sê op sy gerusstellende manier hulle stuur dadelik

Скачать книгу