ТОП просматриваемых книг сайта:
Sindikaat. Annerle Barnard
Читать онлайн.Название Sindikaat
Год выпуска 0
isbn 9780624087618
Автор произведения Annerle Barnard
Жанр Учебная литература
Издательство Ingram
“Kom ons ry,” sê Paul.
“Gaan nie help nie,” antwoord Bossie. “Ek sal graag wil weet hoe de joos hulle ons spoor gekry het? Hulle tjomme weet ook al teen dié tyd waar ons is.”
“Wat nou?” Adriaan se adamsappel wip op en af.
“Vat Karlien en gaan drink ’n koeldrank by daai koffiewinkel.” Bossie druk geld in Adriaan se hand. “Shearwater Rainforest Café, of wat ook al die plek se naam is.”
“En Paul?” wil Adriaan weet.
“Hy bly.”
“No way! Hoekom mag net hý deel in die aksie?” Adriaan se adamsappel is nou eers aktief.
“Want hulle soek hóm eerste. Jy’s bysaak. Dit gaan oor veiligheid.”
Paul skud sy kop. Adriaan het pas gelyk asof hy enige oomblik gaan kots, nou wil hy bly vir die aksie? Hoe werk die ou se kop? Of wil hy net vir Karlien probeer beindruk?
Adriaan stoot sy nat bril hoër teen sy neus op. “Maar Bossie— “
“Dis ’n instruksie,” sê Bossie.
“Kom, Karlien,” sê Adriaan. “Ons is nie welkom nie.” Hy draai summier om, ruk sy nek amper af in die proses en wink vir Karlien.
Paul kyk hoe Adriaan en Karlien stilswyend terugstap. Dis asof hy alles ekstra helder waarneem. Adriaan is knorrig verby. Karlien se stappie is afsydig én tartend. Seker wat hulle multitasking noem?
“En nou?” Paul is benoud.
“Ons sort hulle hier uit, óf hulle sort ons uit. In dié stadium is daar net die twee alternatiewe.”
“Jy bedoel daar kan nog ’n paar Kung Fu’s opdaag?”
“Net so. Jy oukei.” Bossie se oë kyk diep.
“Ja. Dink so.” Sy asem jaag. Vinniger, vinniger. Sy hart is ’n kortkop agter.
“Ek weet jy’s onder druk, Paul, maar nóú het ek jou nodig.” Bossie staar stip na hom. “Jy hiperventileer, jou hande is skurf gewas. Drink jy nog jou pille?”
“Ja.” Hy kyk af.
“Jy kan vir jouself lieg, Paul. Nie vir my nie.” Bossie se stem is sag, net-net hoorbaar bo die waterval.
Paul kyk op. Bossie se oë gooi dolke deur hom.
“Sit jou hande op jou kop.”
“Hoekom?”
“Paul, ons tyd is min.”
Paul lig sy hande en vleg hulle inmekaar bo-op sy kop. Sy pet is nat. Straaltjies water loop teen sy gewrigte af.
“Haal diep asem. Deur jou neus. Vyf tellings. Blaas uit deur jou mond. Agt tellings. Ontspan jou maagspiere. Weer.” Bossie se oë kyk tot in sy gebeente. Hy laat hom dit ’n paar keer doen. “Beter?”
Paul knik.
“Terug in die kar wil ek sien hoe jy ’n pil sluk. Nie net Rescue nie. Homopatiese middele is goed, maar jy’t méér nodig. Daai ander. Serdep?”
Paul knik net.
“Oukei, Paul.” Bossie se stem is dringend, amper by sy oor. Maar dis skaars hoorbaar bo die waterval wat donderend na benede stort. “Moenie stres nie. Jy sal oukei wees. Stap met die paadjie langs, kyk kamstig na die waterval, maar kyk wyd. Ek wag totdat die twee te voorskyn kom, dan is dit my probleem.”
“Seker?”
“Ja. Hulle sal net aanval wanneer daar geen ander mense naby is nie.”
“Ek flippen hoop so.” Paul draai om, kyk na die paadjie wat kronkelend voor hom uitstrek. Die groen van netnou is skielik ’n groot swart gat wat hom kan insluk.
“Hei, Paul!” roep Bossie skielik.
Paul draai terug. “Ja?”
“Nie te naby aan die afgrond nie.”
5
Bloemfontein,
laat Oktober
Adriaan stoot die hek oop. Dit is ’n tamaaie huis met ’n verwaarloosde tuin. “Yo, bro,” sê hy vir Chang wat van die huis se kant af in die paadjie aankom. “We made it. Without the nanny.” Hy lag, lig sy roesbruin wenkbroue en kyk na Paul met ’n grinnik wat sy gesig wil insluk.
Paul snork, bal sy vuiste. Adriaan is veronderstel om sy pel te wees, veronderstel om te verstaan hoekom Bossie hom oppas. Omdat hy wérklik in lewensgevaar is na sy ontvoering vroeër vanjaar en nie omdat hy dínk dat hy ’n koninklike met sy eie lyfwag is nie. Maar skynbaar dink selfs sy beste vriend dat hy lieg, dat hy bloot net aandag soek.
Paul gryp Adriaan aan die mou, pluk.
Adriaan tol om, sy glimlag skoonveld. “Yes, dude?” Sy skouers lig effens.
“Kyk, ek oortree tienduisend reëls deur sonder Bossie weg te glip. En as ons gevang word, sal ek op vyf-en-negentig steeds gehok wees. Nie jý nie. En dis ék wat dreigoproepe kry. En dis om mý huis wat vreemde ouens snags rondsnuffel. So shut up and have some respect! Of ek vat my paai en ek waai. En ek rol jou vóór ek waai.”
Adriaan se oë rek effens agter sy bril: “Chill, Paul. Dis nie nodig om jou top te blaas nie.”
“Nou hou dan jou bek van my af.”
“Kom, ouens,” sê Karlien paaiend. “Julle gaan tog seker nie nou baklei nie?” Sy trek aan haar poniestert en draai na hom toe. “Wat’s die storie oor dreigoproepe, Paul?” Sy staan nader, vryf oor sy bo-arm.
“Later.” Paul het reeds te veel gesê. Hy’s in elk geval nie veronderstel om die feite met enigiemand te bespreek nie. Sy pa sal die horriepiepstuipe kry.
“Coolness,” sê Adriaan vir Paul en draai weer na Chang toe. Fist bump.
“Meet Karlien,” sê Adriaan vir Chang voordat Paul nog sy mond kan oopmaak om haar voor te stel.
“Hi,” groet Karlien en in haar wange sak die kuiltjies weg soos sy glimlag.
Paul hou sy vuis ook na Chang vir ’n fist bump, slof dan agter Adriaan, Karlien en Chang aan die huis binne. Hy voel kriewelrig. Geïrriteerd. Hy moes eerder by die huis gebly het. Sy gatvelle gaan waai as sy pa uitvind, maar hy is moeg daarvoor dat almal hom oor sy babysitter spot. Was dit nou vir Adriaan nodig om vóór Karlien so ’n storie van sy nanny te maak? Adriaan weet dis die eerste keer dat Karlien by hom kom kuier het. Hulle het al saam gaan fliek, maar tot dusver was hy te bang om net aan haar hand te probeer raak, bang sy lag vir hom, stel nie belang nie. Hy sukkel om haar te lees. Hy sukkel om meisies te lees. As sy ’n geelvis was, het hy presies geweet hoe sy rol, maar meisies is gelukkig nie geelvisse nie.
En nét toe dit vanmiddag lyk of hy en Karlien gemaklik met mekaar raak … Adriaan het homself sommer oorgenooi. Onverwags opgedaag vir swem. Die klokkie by die hek het gelui nét toe Paul vir Karlien dip, haar weer uit die water optrek en nader trek vir ’n soen. Die eerste, terwyl sy hart versnel oor haar helderpienk bikini en haar nat, bruin vel teen syne. Sy hande was op haar heupe, sy oë op haar Colgate-glimlag, sy een hand het opgekruip en plek gesoek in haar skouerlengte blonde hare.
Haar gesig was teen syne, haar asem Spearmint toe hy haar nader trek …
En toe lui die dekselse klokkie. En hulle huishulp skree vir hom by die skuifdeure uit: “Dis vir jou, Paul!”
Hy wou gil, ’n golf swembadwater oor die besoeker by die hek laat tsunami.
Adriaan is sy pel, maar Paul sien hom elke dag by die skool. Hoekom moes hy juis vanmiddag opgedaag het? Seker kom kyk hoe lyk die meisie waaroor Paul so rave.
Sedertdien probeer Adriaan vir Karlien