Аннотация

Sindikaat is ’n avontuurverhaal waarin drie vriende se lewens omvergegooi word wanneer die hoofkarakter, Paul, per ongeluk op onwettige smokkelgoed afkom. Hulle paaie kruis met die van die Chinese mafia. Die verhaal begin in Bloemfontein, waarvandaan Paul en sy vriende saam met sy lyfwag, Bossie, deur drie Afrikalande reis om van die moorddadige Chinese bende te vlug. Tydens hul reis deur Zimbabwe, Zambië en Namibië word hul lewe gereeld bedreig. Spannende aksietonele laat die adrenalien behoorlik pomp. Tussendeur al die aksie moet Paul, Karlien en Adriaan die uitdagings en probleme waarmee tieners daagliks worstel, oorkom. Seksualiteit, liefde, vriendskap en lojaliteit word op die manier by die aksie betrek in hierdie verhaal waarin die goeie die bose oorwin en geregtigheid seëvier.

Аннотация

Die vyftienjarige Paul se passie is vlieghengel. Een oggend gaps hy sy pa se motorboot om op die Vanderkloofdam te gaan hengel. Ongelukkig vir hom sien hy hoe ’n moord gepleeg word en beland hy in die kloue van die einste boewe. Hy word saam met ander jongmense gevange gehou in ’n luukse huis vol gruwels. Uitkomkans is daar nie, maar dinge raak so erg dat hy sy lewe gaan waag om weg te kom.’n Spanningsvolle, meesleurende verhaal waarvan die sentrale tema vele baie aktuele, skrikwekkende realiteite aanraak, nl. mensehandel, kinderpornografie, dwelmhandel en moord. Dit stuur ’n duidelike boodskap uit vir jongmense dat niemand veilig is nie, veral nie wanneer hulle betrokke is by dwelms en prostitusie nie. Maar soos in Paul en Alicia se geval, was hulle net op die verkeerde plek op die verkeerde tyd – Paul wat ’n moord aanskou en Alicia wat vir die eerste keer in haar lewe skool bunk omdat sy ontsteld is oor iets wat gebeur het.