Скачать книгу

Die toetsuitslae was eers veronderstel om teen twaalfuur die middag terug te kom, en die nuus was alreeds uit. Maar ek het dit nie geglo nie. Ek het gedink daai toets beter negatief wees, want ek gaan huis toe na my familie, huis toe na my lewe.

      Ons het aangetrek en gery na die plek waar Leanna Goosen werk – dis ’n plek vir al die stout seuns, naby Stellenbosch. Op pad het Marshionette my gevra: “Wat nou as hierdie toets posi­tief is? Wat gaan jy doen?”

      “Ek weet nie, ek weet regtig nie. Ons sal moet sien as ons daar kom.”

      Ons het Leanna daar ontmoet en ons het almal in die kantoor gesit en wag vir die oproep om deur te kom.

      Leanna is die een wat die foon opgetel het. En toe, ek weet nie hoekom nie, het sy begin huil.

      MARSHIONETTE:

      Van die oomblik dat ons weg is uit die plek van veiligheid, selfs nog voor dit, was Miché net eenvoudig ’n volwassene.

      Ek kon nie begryp hoe hierdie kind gecope het met wat sy gehoor het nie, hoe sy die feite ingeneem het, haar gedagtes bymekaargekry het, en net gesê het oukei, kom ons wag en kyk. Ons het ’n baie hegte verhouding opgebou in die tyd daarna, en dit het my altyd verstom om te sien hoe volwasse sy was. Die manier waarop Miché die hele situasie hanteer het, was nie soos dié van ’n 17-jarige kind nie.

      Ons het feitlik onmiddellik ’n moeder-dogter-verhouding gehad, soos met hare was en droogblaas en alles. My seuns was dol oor hierdie nuwe groot suster wat hulle gehad het. Vanaf die oomblik dat Miché ingestap het, was hulle net mal oor haar. Dit het gevoel soos eeue wat Miché by my was. Dit was net omtrent twee weke, maar dit het soos eeue gevoel. Ons het die tyd saam gate uit geniet. En ek het uiteindelik ’n dogter gehad!

      Vir my was die vernaamste ding om haar van die media weg te hou en haar identiteit te beskerm omdat sy minderjarig was. Dis waar ons Ann Skelton ingebring het – sy is ’n prokureur vir kinderregte en Leanna het gereël dat sy Miché se prokureur word, net om haar te beskerm sodat haar naam nie oral in die media is nie. Dis ook hoekom ons haar selfoon weggevat het – ons wou haar nie op sosiale media hê nie, want ons was bang sy sal seergemaak word deur wat mense dalk sê. Maar sy het haar teengesit oor haar selfoon en op die ou end het ons dit vir haar gegee, maar ons het gesê sy moet haar Facebook-rekening blokkeer. Sy het ook ’n kêrel gehad en wou graag met hom gesels. So ek het haar net vir ’n uur die foon gegee sodat sy met die kêrel kon gesels en vir hom sê sy is oukei.

      Die volgende dag – Miché was heeltyd by my, van nadat sy uit die skool gehaal is en vir die eerste keer die nuus gehoor het – het ons vir die DNS-uitslag gewag. Ek onthou duidelik ons het gesit en eet in Leanna se kantoor. Sticky hoendervler­kies en tjips. Ons senuwees was kapot, en daar was Miché, wat net sit en glimlag vir ons. Ek kon nie ophou eet nie as gevolg van die senuwees. Sy het baie kalm gelyk. En toe sy die uitslag hoor, sê sy net: “Wel, nou is dit uit.”

      MICHÉ:

      Toe die oproep uiteindelik deurkom, het ek besef goeie genade, hier kom dit nou!

      Kolonel Barkhuizen was op die foon en Leanna het hom gelukgewens en gesê: “Mooi so, goeie werk,” en ek het gedink dêmmit, hierdie ding is seker positief.

      Leanna het gehuil en gesê sy het regtig gehoop dit gaan nie positief wees nie. Marshionette het ook begin huil, en sy het haar man gebel om hom te vertel dat ek daardie baba is. Ek dink die emosie was omdat hulle so lank aan hierdie saak gewerk het, en nou het die produk hier reg voor hulle gesit. Hulle het hulle missie voltooi.

      “Jy is die baba. Jy is die Zephany Nurse-baba,” het Leanna gesê.

      En binne-in my het alles donker geword.

      Ek weet nie wat op daai dag met my gebeur het nie. Dit was asof die wêreld donker geword het.

      “Maar wat gaan nou gebeur?” het ek gevra.

      “Wel, hulle het jou ma gearresteer.”

      Dis toe dat dit my getref het. Ek het nie gehuil nie, maar in my binneste … om te hoor die mens wat jy liefhet, die mens wat jy elke dag “Mammie” noem, die enigste mammie wat jy ooit geken het, word gearresteer … Dis nie ’n lekker gevoel nie. Net misdadigers word gearresteer! Hoe bring jy dié twee bymekaar – jou ma en ’n misdadiger? Hoe maak jy sin daarvan?

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RYRRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAkAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAlodpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTkgKE1hY2ludG9zaCkAMjAxOTowNzow OSAxMjo0NDoxNwAAAAADoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAAFNMAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQODg4OFBEMDAwMDBERDAwM DAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQDASIAAhEBAxEB/90ABAAH /8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEBAQAAAAAAAAABAAIDBAUG BwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYUkaGxQiMkFVLBYjM0coLR QwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5SkhbSVxNTk9KW1xdXl9VZm doaWprbG1ub2N0dXZ3eHl6e3x9fn9xEAAgIBAgQEAwQFBgcHBgU1AQACEQMhMRIEQVFhcSITBTKB kRShsUIjwVLR8DMkYuFygpJDUxVjczTxJQYWorKDByY1wtJEk1SjF2RFVTZ0ZeLys4TD03Xj80aU pIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm9ic3R1dnd4eXp7fH/9oADAMBAAIRAxEAPwDqvtMGJTsy Du5VB7yCl67KwX2ODGNEuc4wAP5TipIhZLUO/TdICObdFxx+vXQ6bvSa664NMOsqZLP7Jc5rrP7C s/8AProjy5rfWO1oc32j3SYcGhzm+6v8/clTGJF6C24AJ8fICwG/WTpOTWHeuKXnT07dHD/N3NVq rJhocCC1wlrhqCPFpSpIk9CL2lEbY0rAbmnxVyjJLu6aQyAuoSCmdW0jhV2Wd0b1hCCVvTHgiNYF D1AnFkJKSbQkh+qJSSU//9Daa/GD3nJc4MawuAYQHFwIDWtnd4rG6l0+vqZi+y9tIMsx2vAYI/Od +j3XP/rrneofWHNyOpOyMV5qiaqGANdDSRv3bw5u92z6aN07qnVsrPoxn5ZNZJde7ZWJYz32Bu2v y9NOvVlxwA33bzvq30epj7rn5Hp1NL3kWN0a0bnaNr/dWZ0PDpz8oNvqsrxzW+xrmkSCC3a3eWu/ NetXrpyXYHpV0QcpwrG0e8MH6S7X/Nr/AOuK99U+jXWOcXNcw+m7QiI1bz96ksEWw5sPDIEbFA/o WAysib48N7fyempttp6Lh230PusraWb8ex4IG57WOexuxu1+1yrfXWrrHTLaBiPeyl1bnWFrWu13 bW6va5cfZ1bql9Rpfkl9ZjdWWtE7Tvbw1v5zUAUcA7PpVfUKr6mXUP3ssgtK1sG4mJ5Xm/1e6s1l 4x3Day0iR4W8bv8Ari7zDtIAMdkJKESHoWWaJOthVKMgOAB0UrigFFtNu805tMKi1xCM54ABlJDY 9YpKn67ZhJJL/9HiMcETYPpH2s+B0c5dZ9SemnItuy3tIqkU1u8Q2LLf/RTFygftLGjUtA0Hc8r0 /wCr2K3pvS6GP0GPUHW+Bs/nLf8AOtclLZs06dzazeGMaNlDQwfE+5//AJFX8BoFp4+gePksrGe5 zQ5/0nau8yTuK1cA/pT/AFT/AATYlbMfgly+n4mazZk0ttEFvuHY/S/zl5H/AIwvq9V0bPx7MXHb RjXscT6cgbg787d/JXrmWYsaJIlp4Md1zv1m6ZT1DCfTcN+5pDSTJaeZbP0fcng0sAvR8hqs3kdr BqDwHfyXfyl6D9WOrHJobTkH9KJDHnl23V1dn/Csb7v+Fr/SLziDRe6qwSa3FpHGo0XQdBzHMta5 pAOgPk4H9DZ/Zf8Ao3f8Han3aK0fTqmmRqjPrs0M6LNwM5t9LLWkw8SAeRP5v9j6C1qnh7dUQGIy 1YVscTBKM9mmuqdjYAPdPa8ABKlpLW9H9Jtj28pIm7uklS1//9Lk+iY7Luq0m1zW11O9V28hoOwj Y33fvWbF6Z0zqnS6qf0+VSNTPvae/fVeTtbDxuAJ/NafGfpH71qU2dQwDXQ3bXU4H3+mLI/d9kbv ckezarQvr+L1PpuQAaMmi0TrtewkfKULAya/VJLgBtdqSAOV53hUZQNWRW1ptcT6gbWKy0ASx1jd Pbauvw8K3Jw97joeyabBW8MaOrtv650ep223Moa/jZ6jS7/NBQepdR6fdg2NZex07R7dfzm9wF59 1ivPxs59VZ9B+/2ittYNjP8ASeo/c/8A6C3ei4XVby63JyA7G0FUti14j9I57Wvsqr930Nj1Jw6f 2rKAI383zn60YX2XrVwAhth3j5qvhX7Hgt0J0cB5/wDkl1X1+wsavqnTn5DjXj2uNd1jY3NYC3c9 u4O+g0/urmzgdLbQb6+r1m0Veo3H9G3cXbPU+yufDa/U9X9Dv/mt6QOipaSPi9l9XeomzEaXGSHu 1+cn/pFy6vHuHpgz8VyHQMbpfoObT1Ku8h49TbW9m0ua6ze5r59m5vpf13rcoyMxssbim5ggNe1w bI2guJ3fyzs9v7ikEvSGGUPUa/g7wtHjKm8NLZWP9pzK7HtGE

Скачать книгу