Скачать книгу

mens is … tot verbondsgemeenskap geskape. Vanaf die eerste oomblikke van sy bestaan op aarde was hy dus bestem vir en opgeneem in ’n verbondsverhouding met God.”

      Jy is ’n verbondsmens onder Jesus Christus as die Verbondshoof

      • Wanneer jy lees hoe dit was toe God en Abram twee dae lank niks anders as verbondsluiting gedoen het nie, lees jy die geskiedenis van God se verbond met jou.

      • Wanneer jy lees hoe die bovertrek reggemaak is vir die instelling van die nagmaal, lees jy hoe die vertrek reggemaak is vir die nuwe gestalte wat God aan sy ou verbond in jou lewe wou gee.

      • Wanneer jy al hierdie dinge lees, lees jy die verhaal van die verbond waarin God, die Verbondmaker, jou met jou hele geskiedenis, jou gawes, jou swakhede, jou vrese en jou hoop opgeneem het. Dit is die verhaal van jou verlede, jou hede en jou toekoms.

      Só was dit toe Abram vir God as die Verbondmaker ontmoet het

      Die verbondsluitingsgeleentheid tussen God en Abram was ’n geweldige gebeurtenis wat twee dae lank geduur het. God as die Verbondmaker het aan Abram, ’n nakomeling van Noag se seun Sem, verskyn om met hom ’n ooreenkoms aan te gaan wat oor sy nageslag en die mensdom handel.

      Die eerste nag het God Abram die sterre aan die hemelruim gaan wys.

      Gedurende die dag wou roofdiere die vleis gryp en opvreet wat vir die verbondsluiting neergesit was, maar Abram het hulle weggejaag.

      Toe breek die tweede nag aan. Dit was die nag waarin die verbond waartoe God Hom reeds voor die grondlegging van die wêreld verbind het, weer bevestig is as ’n blywende, onveranderlike en ewige ooreenkoms tussen God, Abram en ’n mensdom waarvan Abram nog nie geweet het nie.

      So staan dit in die Skrif

      Abram en die Verbondmaker

      Abram (die naam van Abraham voordat God sy naam by die verbondsluiting verander het) spreek God, die Verbondmaker, as Here HERE (Adonai Jehôvâh) aan (Gen 15:2). In dié aanspreekvorm is daar ’n belydenis van die grootheid van God, Abram se ontsag vir Hom, en Abram se besef van sy eie geringheid as mens.

      Abram gebruik die Naam Adonai (Oppermagtige, Almagtige) langs die Godsnaam wat ons binne ons fonetiese raamwerk ontoereikend só transkribeer: YAHWEH. Dié heilige Naam spreek Abram uit as J ehôvâh, want die Naam, hib1.jpg kan hy as ’n sterflike mens voor God, sy Maker en die Skepper van die hemel en die aarde, nie op sy lippe neem nie.

      Teen sononder het ’n diep slaap Abram oorval; groot angs en ’n groot duisternis het hom oorweldig.

      So is God

      Die eerste woorde wat God in die ontmoeting tussen Hom en Abram sê, is: “Moenie bang wees nie.”

      Die eerste koms van die Seun van God word aangekondig met die woorde: “Moenie bang wees nie, dogter van Sion! Kyk, jou Koning kom en Hy sit op die vul van ’n esel” (Joh 12:15, die vervulling van Sag 9:9.)

      In Jesus Christus sien, beleef en hoor ons die volle beliggaming van die God van Abram (Kol 1:17). En hoe groet Jesus sy dissipels keer op keer? Wat sê Jesus telkens wanneer Hy aan sy dissipels en aan ons verskyn?

      “Moenie bang wees nie” (sien onder meer Matt 14:27, Matt 17:7 en Matt 28:10).

      Ná sononder, toe dit heeltemal donker was,

Скачать книгу