Скачать книгу

die God van hemel en aarde, die God van Abraham, Isak en Jakob, wil hê ons moet Hom ken, ons Maker. Ons moet sy liefde vir ons ken. Die plek waar die hart en die liefde van ons Maker só sigbaar geword het dat die hele aarde dit kon sien, was die land wat God daarvoor bestem het en waarheen Hy Abraham laat trek het.

      Net Een kon ons laat sien wat ons moet weet

      Die openbaring van die wydte en diepte, hoogte en breedte van die trou en liefde van YAHWEH, die Verbondsgod, was deur sy Seun. Net Een, net Jesus Christus, kon ons laat sien wat ons moet weet.

      “Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping. God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep. Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand. Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk. Hy is die oorsprong daarvan, Hy is die Eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het, sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem.

      ’n Rede in lig versluier

      Die mens het nie sy kant van die ooreenkoms gehou nie. Die mensdom het geleef asof daar geen verbond tussen God en die mens bestaan nie. Ons is steeds so ontrou. Ons leef gereeld so; self daagliks.

      Ons staan hier voor ’n geheimenis, broers, en ek wil hê julle moet weet wat dit is, sodat julle nie te selfversekerd sal wees nie. Die verharding het oor ’n deel van Israel gekom en duur totdat die volle getal uit die heidennasies in die koninkryk ingegaan het; en op hierdie manier sal die hele Israel gered word. So staan daar geskrywe: “Uit Sion sal die Redder kom, en Hy sal die goddeloosheid van sy volk Jakob verwyder. En hierdie verbond sal Ek met hulle sluit wanneer Ek hulle sondes wegneem.”

      As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie.

      O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!

      “Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad? wie bewys Hom ’n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen?”