Скачать книгу

Langs die Ou-Testamentiese werklikheid van die aanslag teen die volk van die onsienlike God en elke koning wat Hom verteenwoordig het, is daar die werklikheid van die aanslag teen Jesus Christus, die Een in Wie die volle wese van God beliggaam is, Hy Wie se menswording Goddelike misterie is: “Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis” (Kol 1:15, 17, 19–20).

      • Langs die waarskuwing aan die heersers van die Antieke Wêreld om die God van Israel as die enigste God in eerbiedige vrees te dien, staan nou ook die genadeboodskap van God se Gestuurde: “Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie” (Mark 1:15).

      Oorwinning van die Messias en die gereddes

      1–3. Drie-enige God, ons hoor uit die mond van die Seun en deur die apostels

      dat die oorlog teen die Seun en sy gesag tot sy koms sal voortduur

      en dat dié oorlog baie gestaltes het:

      vervolging van dié wat aan Christus behoort en sy wil doen,

      in al die dimensies van ons aardse bestaan

      en, in hierdie laaste uur, ook in die kerk

      waarvandaan baie antichriste uitgegaan het, nou uitgaan en sal bly uitgaan:

      Hulle is nie van ons nie.

      As hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het,

      is ook ’n oorlog wat soos vrede lyk:

      die toegeeflikheid van geloofsvermenging,

      tegemoetkomendheid tot die dood toe,

      die kontaminering van die ononderhandelbare waarheid

      dat die volle wese van God in Jesus van Nasaret beliggaam word,

      4–9. En so, HERE, was die strydbestaan van ’n klein beleërde volk

      met konings wat deur die heidennasies gehaat is,

      en die beleëring van dié wat aan Hom behoort.

      Vader, ons leef seëvierend in oorlogsrumoer en verraderlike vrede –

      seker van die almag van ons God:

      U wat Christus uit die dood opgewek het en u heerskappy met Hom deel.

      Vader, ons eer die Seun vir sy oorwinning oor elke owerheid en mag,

      10–12. Aan jou wat glo dat jy baie wysheid het,

      jy wat die mantel van mag en invloed dra:

      Verwerp nie die bloed van die Lam nie.

      Aanbid die Seun wat God met ons geword het.

      Langs Psalm 2 staan daar die finale waarheid aangaande die Messias en die gereddes: Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? (1 Joh 5:5, 1983-vertaling).

      Besprekingsvrae

      1. Wat het jy gehoop om in dié psalm te kry?

      2. Wat het jy verwag om in dié psalm te vind?

      3. Hoe is die Ou-Testamentiese mens volgens dié psalm? Waarom sê jy so? Is ons nog so?

      4. Wat (kan) verander wanneer ons in Christus is? Hoe en hoekom sê jy so?

      5. Wat het God nou vir jou deur sy Woord aangaande Homself openbaar?

      6. Wat wil jy vir die Here sê?

      Psalm 3

      ’n Môrelied

      1. ’N PSALM van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom.20

      Probleme en diepe ontsteltenis

      2. O HERE, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op.

      3. Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.

      Troos

      4. Maar U, HERE, is ’n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.

      5. Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.

      Vertroue

      6. Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my.

      7. Ek sal nie vrees vir tienduisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.

      Gebed in die eerste uur van nog ’n moeilike dag

      8. Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen

Скачать книгу