Скачать книгу

doen, voer hy voorspoedig uit.

      4. So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi.

      5. Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie.

      6. Want die HERE ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan.

      Ryker as die Psalmskrywer

      • Langs Psalm 1 galm nou ook die blye boodskap aangaande Jesus Christus: “[D]ie Woord het vlees geword en het onder ons gewoon – en ons het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom – vol van genade en waarheid” (Joh 1:14).

      • Langs die wete van die psalmis dat elke mens sy/haar eie heil uitwerk deur die keuses wat hy/sy gedurigdeur maak, staan Jesus Christus met God se heilsboodskap aan die hele mensdom: Jou heil, jou lewe, die waarheid wat jy soek, jou lewensin, jou redding, jou hoop en jou veiligheid is ’n Persoon. Jesus Christus sê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” (Joh 14:6, 1983-vertaling).

      Jesus Christus is die weg wat na die lewe lei

      1. Geseënd is jy wat in Jesus Christus glo

      En omdat jy in Christus is, het alles – die bron van jou wysheid,

      2. Hoe lief het jy die Woord van God,

      Hoe ononderhandelbaar en suiwer

      is die groot gebod vir jou: om God bo alles lief te hê

      3. Jesus Christus sê: “Wie in My [as die Wingerdstok] bly, en Ek in hom,

      hy dra veel vrug; want sonder My

      4. Jesus Christus het in ’n liggaam soos ons s’n na die wêreld gekom –

      God uit God, Lig uit Lig, Een met die Vader –

      5. Hoor tog, skuldbelaaide, uitgeputte mens:

      God het sy Seun nie na ons wêreld gestuur

      om die mense van die aarde te veroordeel nie,

      maar sodat verlorenes deur Hom gered kan word.

      Hy wat in Jesus Christus glo, word nie veroordeel nie;

      maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel

      6. Niks in die heelal is vir God onsigbaar nie.

      Medereisiger deur die aardse landskap,

      Jesus het die blye boodskap van God vir ons gebring:

      “Die koninkryk van God het naby gekom.

      Bekeer julle! Glo die boodskap van genade en redding.

      In die hemel sal daar groter blydskap wees

      oor een sondaar wat hom bekeer,

      as oor nege en negentig mense wat reg doen

      (die voorskrifte van die Wet nakom)

      en (in die dwase illusie verkeer dat hulle wat soveel goeie dinge doen)

      Langs Psalm 1 staan Jesus Christus.

      Die weg is ’n Persoon.

      Besprekingsvrae

      1. Wat het jy gehoop om in dié psalm te kry?

      2. Wat het jy verwag om in dié psalm te vind?

      3. Hoe is die Ou-Testamentiese mens volgens dié psalm? Waarom sê jy so? Is ons nog so?

      4. Wat (kan) verander wanneer ons in Christus is? Hoe en hoekom sê jy so?

      5. Wat het God nou vir jou deur sy Woord aangaande Homself openbaar?

      6. Wat wil jy vir die Here sê?

      5. Johannes 15:5

      Psalm 2

      Die stryd en oorwinning van die Messias

      1. WAAROM woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?

      2. Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê:

      3. Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!

      4. Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle.

      5. Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik:

      6. Ék tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg.

      7. Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.

      8. Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.

      9. U sal hulle verpletter met ’n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ’n erdepot.

      10. Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!

      11. Dien die HERE met vrees, en juig met bewing.

      12. Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!

      Ryker as die Psalmskrywer

      • Langs Psalm 2 staan nou ook die magtige werklikheid van die onaantasbare koningskap van

Скачать книгу