Аннотация

This is a riveting story of love, betrayal, jealousy, cyber bullying and growing up in the social media era. Imibala Yothando (The Colours of Love) explores love in all of its shades, ranging from lightness and purity to the darker shades of jealousy. Sinenhlanhla, the daughter of a famous Maskandi musician, is navigating being the new girl in school. Sinenhlanhla is ambitious, excels at Maths and swimming. She has no time for all the admirers she has attracted at her new school. Among the many admirers are Mzekezeke, who has been chosen to represent the school at the Maths Olympiad in Cape Town with her and is too shy to declare his feelings, and Bhejasi, the school bad boy and skhothane. After being spurned by Sinenhlanhla, Bhajasi manages to get hold of private photos of her that he spreads on social media in an effort to humiliate her. Will this destroy Sinenhlanhla's life or is she strong enough to overcome something so terrible?

Аннотация

This study work guide has been compiled to help learners understand and grasp all aspects of the novel and use of language in Finders Keepers, the prescribed novel for Grade 10 English First Additional Language. This study work guide has been compiled to the requirements of CAPS and all important aspects relating to the novel have been covered – in accessible language. The story is about Lufuno leaving Jozi to start a new life in Cape Town. She is bullied at school because of her Venda heritage. She develops a friendship with a Xhosa chief's son. This study work guide forms part of a series. It is not only a guide in which the novel is discussed, but also a workbook in which learners can make notes. This provides revision for exams and tests. This study work guide supplements the prescribed text Finders Keepers. The answers to all questions are available on www.bestbooks.co.za.

Аннотация

Die Vorsters herinner aan ’n sirkus, maar nie die ha-ha-en-oe-la-la-soort nie. Sedert die ongeluk bietjie meer as drie jaar gelede lag hulle almal se narbekke in blou, nie meer in sirkusrooi nie. En dis elkeen vir homself wanneer die brokstukke van die gesin in verskillende rigtings spat.Totdat Paternoster besluit om weer die Hoof van sy Eie Huis te wees – soos dit in ’n normale gesin hoort waar die pa nie te veel drink nie. Paternoster is gatvol vir die regering, vir rugby en vir raserige goggas. Sy plan is dat die gesin Nieu-Seeland toe emigreer, want daar speel mense nog rugby met passie, daar reën dit soos dit moet en daar sal hulle die sterre kan hoor praat. Hoe gemaak as ’n pa die kluts kwyt raak en ’n ma terugkom om die stukke van die gesin te gom, al is dit net vir Kersfees? Blou is nie ’n kleur nie is die sestienjarige Vicky se weergawe van ’n gesin se verswelging deur voorstedelike angs en ander bagasie.

Аннотация

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Daar kuier ’n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.

Аннотация

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word.

Аннотация

Josias Olwage kan nie wegbly van die Jeugsirkus nie. Tussen die akrobate en toutoertjie-meisies vergeet hy dat sy pa spoorloos verdwyn het en sy ma maar min tyd en lus het om na hom te luister. Toe hy boonop leier van die Poppekas word, loop sy beker oor: nou is hy onmisbaar. Maar Josias se geluk is van korte duur. Sy ma word baie siek en hy, kleinboetie Georgie, Mita en Hester moet in ’n kinderhuis gaan bly. Nou is die Sirkus Josias se enigste vashouplek. Maar die ongeluk ry hom. Op pad na ’n oefening een aand word hy deur drie skollies oorval. Die gebreekte arm is egter nie die ergste nie. Terug by die Sirkus, met sy bolyf in gips, kan hy sy eie oë nie glo nie. Iemand anders is besig om sý handpoppe te hanteer. En veel beter as wat hy ooit sou kon . . . In Woorde is soos wors vertel die twaalfjarige Josias sélf sy verhaal: elke tiener sal dan ook sy magteloosheid, hartseer en teleurstelling, maar ook sy tye van pret en vriendskap en uiteindelike aanvaarding van homself verstaan en aan eie lyf ervaar.

Аннотация

In ’n rykmansbuurt in Kaapstad word Manuel hartstogtelik lief vir ’n hond wat nie aan hom behoort nie; hier bots hy ook vir die eerste keer met die gereg, maar maak kennis met die stil sersant wat ’n ommekeer in sy lewe sou bring. In Manuel se eie buurt, waar daar nie tuine is nie en waar die stoepe vol wasgoed hang, waar sy ma se goeie bedoelings verswelg word deur die swarighede van ’n sukkelbestaan, het hy darem vir Carlos, sy wonderlike broer, wat hom eendag gaan saamneem om vér van Blakestraat 3a af te gaan woon. Maar Carlos steur hom nie eintlik aan Manuel nie. By die skool is Manuel die droster, ’n dommerd, en bowenal: Fat Clown. Want Manuel is vet, en hy haat homself daaroor. Maar dit help nie – vir al die leegheid en eensaamheid in sy bestaan ken hy net een raat: eet. En toe gebeur die Sirkus met Manuel. ’n Heel besonderse sirkus wat alles verander, tot in Blakestraat 3a . . . In Rona Rupert se boeiende verhaal met sy buitengewone agtergrond is daar veel te ontdek: dat herkenning van eensaamheid in ’n ander wedersydse genesing kan bring; dat selfrespek die grondslag is van gee én ontvang, dat dit vir elke mens nodig is om nodig gehê te word.

Аннотация

Alba Bouwer se plaasstories is klassiek in Afrikaans. Baie lesers dink met heimweë terug aan die lees van die avonture van Alie en Lulu op Rivierplaas in die Vrystaat. Een van die ander sentrale karakters is ongetwyfeld ou-Melitie, wat altyd geduldig na Alie se stories luister en wyshede kwytraak (en nie skroom om haar tereg te wys nie!), en Sanna en klein-Melitie met wie Alie en Lulu so lekker speel.

Аннотация

Alba Bouwer se plaasstories is klassiek in Afrikaans. Baie lesers dink met heimweë terug aan die lees van die avonture van Alie en Lulu op Rivierplaas in die Vrystaat. Een van die ander sentrale karakters is ongetwyfeld ou-Melitie, wat altyd geduldig na Alie se stories luister en wyshede kwytraak (en nie skroom om haar tereg te wys nie!), en Sanna en klein-Melitie met wie Alie en Lulu so lekker speel.

Аннотация

Alba Bouwer se plaasstories is klassiek in Afrikaans. Baie lesers dink met heimweë terug aan die lees van die avonture van Alie en Lulu op Rivierplaas in die Vrystaat. Een van die ander sentrale karakters is ongetwyfeld ou-Melitie, wat altyd geduldig na Alie se stories luister en wyshede kwytraak (en nie skroom om haar tereg te wys nie!), en Sanna en klein-Melitie met wie Alie en Lulu so lekker speel.