Аннотация

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. In Trompie die mooi seun is dit die begin van die lang Desembervakansie. Trompie en Blikkies pas die haarkapper se winkel op en die Boksombende se Grootkaptein waag sy hand aan ’n laerskoolseun se mooi lokke – met rampspoedige gevolge. In Trompie die leier besluit Kwaggaberg se skoolhoof twee graad tien-leerders moet as junior leerderraadslede gekies word en hierdie groot eer val Trompie en Katrien te beurt. Maar die Grootkaptein se drie manskappe maak die lewe vir hom moeilik. In Trompie die rugbyreus begin die rugbyseisoen en Trompie en sy maats se lewens draai net om een ding – hul gunstelingsport. Min weet hulle watter groot verrassing daar nog op hulle wag. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!

Аннотация

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. In Saartjie se dapper daad het Saartjie se ouer broer, Kris, groot liefdesprobleme. Sy meisie het hom gelos vir ’n vent met ’n blink motor en ’n snor. Saartjie kom vorendag met ’n skreeusnaakse plan om hom op sy plek te sit. In Saartjie se piekniek beland Apie se rugbybal in die kwaai oom Kerneels se perskeboord. Saartjie probeer help, maar veroorsaak in die proses nóg groter moeilikheid. Hulle kort geld om skadevergoeding te betaal en Saartjie reël ’n piekniek waarvoor Lynnekom se kinders moet opdok. In Saartjie se prys lees Saartjie van kinders wat ’n vriendelikheidsveldtog geloods en almal om hulle se lewens verander het. Wanneer sy haar vriendinne ompraat om saam met haar die toonbeeld van vriendelikheid en goeie maniere te wees, vermoed almal onraad, veral die seuns. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.

Аннотация

’n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Huistaal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediêre Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir ’n Graad 6-leerder soos jy. Wanneer jy hierdie leesboek lees, gaan jy jouself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks. Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is langer stories (uittreksels uit romans) en fotoverhale wat jou as jong leser nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of te dramatiseer. Daar is ook heelwat inligtings-, sosiale- en mediatekste wat jou lus vir lees sal aanwakker. Jy sal lees oor allerlei temas waarvan jy dalk nog nie weet nie of vreemde plekke ontdek waarvan jy dalk nog nooit gehoor het nie. Jy gaan resensies en advertensies lees om jou taalkennis uit te brei. Al hierdie lekker leeswerk gaan jou help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en jou taalbegrip bevorder. Vir die klaskamer Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien: • Vra wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is oor die meeste tekste. • Toeligting by moeiliker tekste. • Woordverklarings vir komplekse woorde. • Die stappe van die leesproses. KABV-geskik.

Аннотация

Аннотация

’n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Huistaal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediêre Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir ’n Graad 5-leerder soos jy. Wanneer jy hierdie leesboek lees, gaan jy jouself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks. Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is langer stories (uittreksels uit romans) en fotoverhale wat jou as jong leser nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of te dramatiseer. Daar is ook heelwat inligtings-, sosiale- en mediatekste wat jou lus vir lees sal aanwakker. Jy sal lees oor allerlei temas waarvan jy dalk nog nie weet nie of vreemde plekke ontdek waarvan jy dalk nog nooit gehoor het nie. Jy gaan resensies en advertensies lees om jou taalkennis uit te brei. Al hierdie lekker leeswerk gaan jou help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en jou taalbegrip bevorder. Vir die klaskamer Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien: Vrae wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is oor die meeste tekste. Toeligting by moeiliker tekste. Woordverklarings vir komplekse woorde. Die stappe van die leesproses.

Аннотация

Piekfyn Afrikaans Graad 5 is gemik op leerders wat Afrikaans as Huistaal neem. Dit bevat interessante leerstof en volkleur illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder. Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met dié van ander vakke geïntegreer sodat die kennis wat die leerders opdoen, hulle ervaringswêreld verryk en hul sodoende deeglik voorberei vir Graad 6. Die aktiwiteite is gerig op die verwerwing van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, taalspeletjies, stories, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is leerders se voorland. Leerders word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en hulle word uitgedaag om Afrikaanse taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, Taalgids en Letterkundegids berei leerders vir enige soort taak voor. Dan is daar boonop die Piekfyn Afrikaans Leesboek om leerders se leesvaardighede te ontwikkel en ’n liefde vir lees te kweek. Geniet ’n piekfyn leerervaring! KABV-geskik.

Аннотация

Best Books Studiewerkgids: My Japan. Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe drama? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Op die planke – My Japan, die voorgeskrewe drama vir Graad 11 Afrikaans Huistaal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die drama word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die dramateks verwys. Wat maak ons studiewerkgidse anders? Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids: 'n Volledige bespreking van die drama, Opsommings van al die tonele, Woordverklarings, Kontekstuele vrae, 'n Bespreking van die drama, karakterisering, literêre begrippe, simbole, temas, styl en motiewe, Post-leesverrykingsaktiwiteite om leerders se belangstelling aan te wakker, 'n Konsepvraestel, Foto's van die verhoogstuk. Alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens die KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Op die planke – My Japan, die goedgekeurde voorgeskrewe drama vir Graad 11 Afrikaans Huistaal. 'n Volledige antwoordstel (met onderwysernotas wat voorafinligting bevat) is verkrygbaar by www.bestbooks.co.za.

Аннотация

Lisa is klaar met Thomas se leuens. Vir drie jaar was hulle smoorverlief – maar dit was voordat hy hom aan dwelms oorgegee het en nou is háár lewe ’n totale gemors. By die Elizabeth Galloway Akademie vir modeontwerp in Stellenbosch probeer Lisa ’n nuwe lewe begin, maar hoe kan sy vlug van die donker geheim wat sy met haar saamgesleep het? Wanneer sy weer vir Estian, met sy onweerstaanbare groen oë, raakloop, word dinge nog meer gekompliseerd. Sy kan beslis nie nou by iemand betrokke raak nie. Dit mag dalk net sy lewe kos . . . Estian is oortuig Lisa is die een vir hom. Sy weet dit net nog nie. Die eerste keer wat hy haar gesien het, het sy die suurstof uit sy longe gesteel. Maar toe hy oor haar uitvra, het almal net die onderwerp verander. Noudat hulle paaie weer gekruis het op Stellenbosch, gaan hy haar beslis nie weer deur sy vingers laat glip nie. Hy sal Lisa Malan se geheime een vir een ontrafel. Elke verhaal in die Tienerharte-reeks is propvol aksie, hartstog en drama wat jou vasgevang sal hou tot die laaste bladsy!