Аннотация

Nicole woon by haar pa en ouma vandat haar ouers geskei is. Sy het nie ’n goeie verhouding met haar ma nie en sy verkies om vakansies in Pretoria te bly en saam met haar vriendinne uit te gaan. Maar dié vakansie is haar pa weg op wittebrood saam met sy nuwe vrou en moet Nicole noodgedwonge saam met haar ma Weskus toe ry, waar sy by ’n navorsingspan oor Heaviside-dolfyne gaan aansluit. Hulle bly by ’n langverlore familielid van hulle, tannie Pollie. Die Weskus is ’n wêreld wat Nicole glad nie ken nie, maar sy word vinnig deel van ’n groep kinders van die naburige plaas wat ook perdry. Hulle kry te doene met Soutvis die “wilde” perd wat weggehardloop het en in die veld oorleef, en baie skugter is. Die klomp kinders beraam ’n plan om die perd aan te keer.

Аннотация

Chain Reaction tells of the experiences of bully Stephanie Adolphus, the beautiful Krystle Thomas whose home life holds a shameful secret in her mother’s addictive behaviour, Lisakhanya, a girl from the township attending the school on a scholarship, Krystle’s sister who is trying to make any sense of her life and the changes her sister is going through, Dillan, Stephanie’s bullied little brother, and Ben who lives with his overbearing abusive stepfather and terrified mother. Each chapter is told from a different character’s point of view. In the end, one character’s decision to do something differently, impacts on all the character’s lives. Essentially it’s a book that deals with the issues of bullying, the notion that true beauty is a blessing not a curse, the complexities of young love, and fear of abuse.

Аннотация

This contemporary youth novel, written in a first person retrospective narrative style, shares with the reader the story of the highly intelligent and very beautiful Nandile Dube, who – from an early age – hopes to be an “honest human rights lawyer to make sure helpless people get treated fairly and with respect”. Her long-suffering mother fully supports Nandi’s dream, to the extent of working double shifts to pay Nandi’s school fees at a former Model C school. Mrs Dube constantly encourages Nandi to make use of every chance to attain her dream. Nandi’s father, however, holds the patriarchal view that education is wasted on a girl and that women serve no other purpose in society than “to cook, clean, please their husbands” and bear children. The stage is then set for a story that grips the reader from the very first paragraph. Will the courageous Nandi and her support team of “Earth Angels” help her to hold on to her dream of becoming a lawyer, or will her sexist father and his ilk trample on Nandi and disrespect her dreams?

Аннотация

Die tienertweeling, Bruno, met sy vlymskerp sin vir humor en sy hiperboliese uitkyk op alles, en sy dramatiese rooikopsus, Brunhilde, wat weer vriend en vyand kan manipuleer én kan laat swymel, vorm ’n gedugte kombinasie. Hulle getroue vriend, Ben – boonop verlief op Brunhilde – help hul vlug met ’n motorfiets, omdat hulle die buurvrou per abuis “doodgegooi” het. In twee dae speel die driestuks etlike rolle, soos die skreeusnaakse vlug en situasies dit van hulle vereis. En boonop kruis hulle pad met dwelmboewe. Hierdie verhaal het sy oorsprong in ’n ware gebeurtenis: ’n suurlemoengeveg tussen die skrywer en ’n destydse buurvrou oor die bure se verduiwelse blaffende brakke. Die hoofkarakters in die storie, die tweeling Bruno en Brunhilde, maak hul debuut in die boek Kat in die pan vir die Fransman, wenner van die Maskew Miller Longman Letterkundeprys vir Afrikaans in 2010.

Аннотация

Albert kom agter dat sy suster Marlie skielik vreemd optree. Sy is vriendelik. Baie vreemd vir ’n sestienjarige ousus. Dan is daar nog die skoolboelie wat hom afknou, ’n ouma wat nie altyd normale gedrag toon nie, ’n pa wat te hard werk, en die moontlikheid dat sy ma nie dood is soos wat hy aanvanklik gedink het nie. Gooi verder ’n paar Chuck Norris-grappe in die mengsel, en die lewe kan redelik ingewikkeld raak vir Albert. Dinge kry egter ’n wending wanneer die buurvrou oorkant die straat in kraam ingaan en Albert en die boelie die enigstes is wat haar kan help.

Аннотация

Titels in hierdie omnibus: Trompie die kragman, Trompie die hartedief en Trompie die held. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!

Аннотация

Titels in hierdie omnibus: Saartjie se papegaai, Saartjie se held en Saartjie se geveg. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!

Аннотация

Tania wil graag haar skoolhoof beïndruk, maar met ’n familie soos hare gaan dit meer as ’n A-gemiddeld vat! Gelukkig is die hondekompetisie om die draai en Tania het haar planne agtermekaar. Vlooie, haar energieke, rowwe, wasgoed-stelende hond sal die Gehoorsaamste Hond in die kompetisie wees. Maar daarvoor moet sy dokter Katzenellenbogen se Towerfluitjie in die hande kry; dis nou as sy vir Bieber, haar broer Tiek se apie, kan uitoorlê. Boonop kom haar irriterende niggie kuier en Tiek het die resep vir jeukpoeier ontdek. Dit is die begin van algehele chaos . . . Tania se ma is ’n veearts en die lewe saam met allerhande oulike troeteldiere is nooit vervelig nie. Hierdie humoristiese, prettige storie is vol dieredrama en dol avonture.

Аннотация

Jamie wants to impress her headmistress, but with a family like hers it’s going to take more than straight A’s. Luckily the dog show is coming up and Jamie has a plan. Fungi, her bouncy, scruffy, underpants-stealing dog will be the Best Behaved Dog in the competition. That means she needs Doctor Knight’s Magic Whistle, but first she has to get past Bieber, her brother’s monkey. As if this isn’t enough, her irritating, allergy-prone cousin, Fifi, is coming to stay for a whole week and her brother Tick has discovered the recipe for itching powder . . . Jamie’s mother is a vet and life among all kinds of adorable pets is never dull. A humorous, fun-filled story with a wild streak of raucous entertainment, bursting with adventurous animal antics.

Аннотация

Nina en Jessie is vuur en vlam oor die eksperimente-ekspo waaraan hulle dié kwartaal gaan deelneem. En by die skool se kleure-atletiek sal ’n TV-advertensie vir ’n nuwe energiedrankie verfilm word! Maar toe Nina se pa hulle neem om die nuwe koeldrankfabriek te besoek, besef hulle dadelik iets is nie pluis met die nuwe “energiedrankie” nie . . . Sal die swart-en-rooi pet op Nina-hulle se solder hulle weer met hul speurwerk kan help?