Аннотация

Hierdie is die derde bundel van die bekroonde en gewilde joernalis se SARIE-rubrieke. Ná 10 jaar, 9 joernalistieke pryse, 2 suksesvolle verhoogverwerkings, wat landwyd deur meer as 80 000 lesers gesien is, vra vroue (en mans) steeds na meer. Lesers se reaksie deur die jare: “Dis die beste medisyne vir stres” en “Met sy humor is hy die een wat in hierdie land van geweld en trane almal weer die son laat raak sien.” Uit die baie briewe is dit duidelik hoeveel plesier lesers landwyd steeds aan sy rubriek het. Die stukke bied die leser heerlike, aweregse humor en satire.Die eerse versameling Op die vrou af (SARIE-rubrieke, 2004) is verwerk in musiekteater deur Hennie van Greunen, met Pedro Kruger en Sarah Theron, en is landwyd en by kunstefeeste opgevoer. Dit is vanjaar opgevolg deur die nuwe musiek-teaterstuk Op die vrou af 2, weereens deur Hennie van Greunen, met Pedro Kruger en Jolette Odendaal in die rolle.

Аннотация

De Vries se nuwe bundel sluit aan by sy ernstiger werk (bv Nag van die Clown, Tot verhaal kom). Hier is sy hooftemas weer die onbegrypbaarheid van dinge en die weemoed van menswees – en dis daardie gevoel van weemoed wat die leser bybly na die lees van hierdie verhale. Die verhale gaan oor gewone mense en is eg menslik, soos die sensitiewe beeld van die ou straatskoonmaker wat sy werk verloor in “Ode aan ’n ou man wie se strate oor hom treur”. In ’n verhaal soos «Winternag»is dit die subtiele uitbeelding van emosionele geweld in ’n verhouding; in “Storm” gaan dit oor tot eksterne geweld. Geweld word in die bundel ’n metafoor vir morele verval, ’n spieëlbeeld van die aftakeling van die mens vanweë die geestelike aanslag in watter vorm ookal. Verhale wat onthutsend én liries is.

Аннотация

’n Veertigtal stories deur een van ons gewildste skrywers. Stories met humor én met droefheid, van dinge wat verander het en dinge wat dieselfde bly, oor families en oor vreemdelinge. “Die mens is die storie, die storie is die mens,” het Dana, self-erkende storiesmous, by geleentheid gesê. En soos by sy eerste twee bundels, Uit die binneland en Anderkant die scrap, gee sy jongste versameling stories weer ’n deernisvolle blik op ménse: gewone mense en al hul dinge, mense in dorpe en stede en afgeleë streke. Dít is baasverteller en veelbekroonde joernalis Dana Snyman se geheim, sy respek vir en simpatie met mense. En die gevoel van hoop waarmee sy stories die leser laat.

Аннотация

In hierdie lank verwagte vierde bundel kortverhale word vistas met diere telkens geplaas teenoor ’n komplekse emosionele landskap: in die kamer van ’n meisie wat wag op die terugkoms van haar pa hang die reuk van ’n likkewaan; ’n emosioneel verguisde man hurk met sy rewolwer by ’n hond in die pad. Figure doem op uit herkenbare sosiale en politieke landskappe sodat ’n beeld van die Suid-Afrikaanse samelewing gevorm word, maar deurentyd met die skrywer se vingers op die polsslag van gevoel.

Аннотация

Die skrywer se debuutbundel, Heupvuur, ontvang in 1975 die Eugène Marais-prys. Alhoewel van die verhale in sy nuwe bundel herinner aan die macho-styl van vroeëre werk, is hulle meer deernisvol en menslik. ’n Skerp ontleding van enersyds die mens se duister psige, andersyds die mens se weerloosheid. Die onderliggende tema is “geweld”: soms brutaal, soms pynlik, altyd openbarend.

Аннотация

Koos Kombuis, kulturele guerrilla, is terug. Met ’n styl wat verbysterend kan wissel tussen erns en luim, tussen Algemeen Beskaafde Afrikaans en pavement special patois, takel hy die Suid-Afrikaanse, en veral Afrikaanse, sake van die dag. Hierdie versameling is gekies uit ’n verskeidenheid skryfsels: rubrieke in koerante (meestal Rapport), artikels in tydskrifte en op webwerwe en – natuurlik – sy blogs. Een van sy nuwe leuses is immers: “Kom laat ons twit.” Wat jy dus in dié bundel sal vind – in geen spesifieke orde – is Koos Kombuis se groot rugbygeheim (met verwysing na waar sy liefde vir kurktrekkers vandaan kom), ’n liefdesverklaring aan Stellenbosch, ruminasies oor bekende persoonlikhede van Kurt Darren tot Eugène Terre’Blanche, kleintydherinneringe aan Hartenbos-vakansies, skouers skuur met politici al dan nie (don’t braai for me, Jacob Zuma), en die eerste dag van sy menopouse. Koos Kombuis is skerp, slim, satiries – en enig in sy soort.

Аннотация

Van klipdagga en dawidjieswortel uit die Karoo-aarde wat krag en gesondheid aan mens en dier gee tot die luis van Auschwitz wat jou dood beteken – dis die reikwydte van die wêreld wat in Brouhaha aangevat word. Stories om oor te lag of treurig te word. En as jy laatnag nog aan die verhale knibbel en ’n bietjie angstig word, gaan kombuis toe en maak vir jou ’n Warmtoddy.Die resep is op bl. 288.

Аннотация

Аннотация

Written between 2006 and 2018, this collection features short stories (and other weird writing) that find the strange in the mundane, or make the normal seem peculiar. A dusty night across a sleeping city. A hole in a wall. Rooms next door and days at the office gone long. Encounter artificial intelligences on the run and cold zombie landscapes. Meet strangers that look somehow familiar, or people you knew but long ago lost. See small acts of defiance. Feel existential terror. And look deep into the magic eight-ball of your soul.