Аннотация

"Ek voel nie meer geborge in my huis op Jacobsbaai nie. Miskien suig 'n huis se mure en dak jou verdriet en verwildering op nes 'n spons water opsuig. My huis treur saam met my. Oor Anette se weggaan. Oor ou sekerhede wat onsekerhede geword het. My huis soek lig. Ek soek lig. Ek moet die binneland in …" In hierdie boek vertel Dana Snyman van begrafnisse, troues en 'n skoolreünie, van sy ma en Katrina en van die Bogosi-familie wat ook sy familie word; stories van hoe ons oor grense heen na mekaar probeer uitreik. Hoe ons mekaar soek maar nie altyd vind nie.

Аннотация

As Dana ná besoeke aan Orania, sy ouma-hulle se erf, Adriaan Vlok (met sy voetwasskottel) en Manji van Nkandla huis toe ry, is dit met 'n nuwe manier van kyk – en 'n nuwe hond. Die verhaal neem sy loop deur die Rugby Wêreldbeker, ontmoetings met oom Frik du Preez en Joost van der Westhuizen en 'n enigmatiese Valentynsboodskap. Op pad is Dana se eerlikste boek nog. Dit vra ons om op 'n nuwe reis te gaan, weg van vooroordeel en wantroue, na 'n plek van genade en hoop.

Аннотация

Dana Snyman is volksbesit. Hy reis rond deur Suid-Afrika en skryf oor sy ontmoetinge met mense langs die pad, die trokdrywers, die meisie wat in matriek swanger geraak het, donkie-eienaars, die vrou wat haar seun in die grensoorlog verloor het, Cliffie van Epping, oom Pik Botha in Pretoria… Sy stories tref mens in die binnegoed. Soms is dit hartseer, maar soms skreeusnaaks, soos die storie oor sy ma wat sweer dat sy vanjaar «net iets ligs» vir die Kers-ete gaan bedien. Met hierdie boek het Dana sy mees ontroerende of eiesoortige ontmoetings geboekstaaf. Die meeste van die stories het hy aanvanklik op Facebook, waar hy duisende volgelinge het, gepos. Die wat die grootste reaksie gekry het is hierin verwerk. 'n Ware interaktiewe Suid-Afrikaanse boek.

Аннотация

Dana Snyman is een van Suid-Afrika se mees geliefde en geleesde skrywers. In dié bundel skryf hy weer met sy kenmerkende humor en patos oor die lewens van gewone mense, mense wat onder die radar leef, ly en liefhet. Die boek is in drie afdelings verdeel: Stanings, Oordenkinge en Reise.

Аннотация

Agt en veertig uitgesoekte Dana-stories. Vir lesers wat wou weet wie daardie mense op die omslag van Dana se blitsverkoper Uit die binneland was, lê hy nou familie uit in die storie “Familiefoto”. Maar eintlik is al die mense in sy stories familie met dieselfde kwaal: Almal mik vir daardie ontwykende droom, wat nooit verbleik nie, anderkant die scrap. Om stories oor helde te skryf is moeilik. Om die weggesteekte mense onvergeetlik te maak is moeiliker, daarom is Dana se stories so onvergeetlik. Daaroor, en omdat die mense in sy stories van ver af kom. Hulle ry Valiants en weet nog van Uncle Charlie’s, padkafees, Geloftefees, Springbokradio en Kommuniste. Die mans dra nog pakke en die vroue hoede; tant Pop en oom Jorrie en so aan. Maar hy skryf ook oor vandag se mense. Party emigreer. Ander bly, hulle kyk sport en reis en kom mense teë. Elke nou en dan sien mens ‘n reënboog. “Ek is eintlik ’n baie gewone ou. Rustig. Daar is nie probleme nie. Op die toneel.” Nota: Dana het onlangs vir hom ’n 1973-Valiant aangeskaf. So ’n bruine.

Аннотация

Snyman se humoristiese pen breek weg na plattelandse cafés met juke-bokse en seven singles, besoeke aan die “Monnemint” en Boeregrafte, in ’n tyd dat Valiants en Zephyrs nog bekende name was. Juis op een van hierdie reise het ’n bakkie se “gêrs soos ’n dier in pyn gesterf”. Snyman spaar ook nie die Nuwe Suid-Afrika nie: Jappies word die kop gewas, so ook sekere rugbyondersteuners, sekere radioluisteraars, sekere openbare figure. Maar Snyman verken ook die ander, pynliker kant van sy land en sy mense: Agnes wat donkermôre die skôrro-skôrro in Mabopane moet haal, Attie wat te vroeg die kroeg se binnekant moet leer ken, die Bosluismense van die Noordwes, die ryke en die arme wat mekaar deur ’n kamervenster aanstaar. En dis moeilik om te sê waar die lag ophou en die traan begin – en andersom. Snyman se unieke aanslag maak van hierdie vyftigtal kort stukke eerder kort- kortverhale of sketse as die tipiese rubriek – dit het vroeër in Beeld, Wegbreek en Huisgenoot verskyn. Sy gewildheid en geliefdheid by lesers spreek onder andere uit ’n leserbrief wat in Beeld verskyn het (26/09/2004): “Die wyse waarop Dana Snyman … basiese en alledaagse gebeurtenisse … weerspieël, is uniek. Hy praat oor goed wat ons almal op een of ander manier ervaar het, maar nie oor praat nie. Hy wys daarop dat ons almal dieselfde emosies ervaar, ongeag wie en waar ons is. Wat van 'n bundel met al sy artikels?” Lesersbriewe getuig gereeld van sy gewildheid.

Аннотация

’n Veertigtal stories deur een van ons gewildste skrywers. Stories met humor én met droefheid, van dinge wat verander het en dinge wat dieselfde bly, oor families en oor vreemdelinge. “Die mens is die storie, die storie is die mens,” het Dana, self-erkende storiesmous, by geleentheid gesê. En soos by sy eerste twee bundels, Uit die binneland en Anderkant die scrap, gee sy jongste versameling stories weer ’n deernisvolle blik op ménse: gewone mense en al hul dinge, mense in dorpe en stede en afgeleë streke. Dít is baasverteller en veelbekroonde joernalis Dana Snyman se geheim, sy respek vir en simpatie met mense. En die gevoel van hoop waarmee sy stories die leser laat.

Аннотация

Renowned travel writer Dana Snyman goes in search of his roots as he grapples with his place in South Africa today. He starts this distinctly South African story with the first Snyman, born of a white father and a slave mother. His travels take him off the beaten track, and his encounters with the forgotten people of the back roads are filled with the humour and compassion he is known for.On a last trip home, to visit his seriously ill father, he also goes looking for the homes of Julius Malema and Jacob Zuma.Honest, moving, yet filled with hope and a uniquely South African humour.