Аннотация

Die een moordenaar suig sy duim. Die ander een klim op sy ma se skoot en begin huil. Hulle speel met hul speelgoed en lees hul strokiesprente op die vloer van die polisiekantoor. Hulle is albei 10 jaar oud. Wat dryf 'n kind om moord te pleeg? 'n Skynbaar normale kind uit 'n «goeie» huis … Henri van Breda, die Welkom-begraafplaasmoord, Marcel Steyn van die Krugersdorpse afspraakmoorde en soveel ander, dalk al vergete: die Waterkloof-4, Marlene Lehnberg, Charmaine Phillips, Phoenix Racing Cloud Theron … André le Roux kyk na die kínd agter dié opspraakwekkende moorde en soek na 'n antwoord aan die hand van gevallestudies en die jongste navorsing. Wat gaan aan in 'n kind se kop van geboorte tot adolessensie? Wat is die rol van gene, ouers (die ma, altyd die ma), sosiale media, die internet, videogeweld, boelies, portuurdruk, stres en dagga? Die groter vraag is hoe om 'n suksesvolle kind groot te maak, een wat nie die spoor byster raak of moor nie … Deur die skrywer van Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste.

Аннотация

Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede) bevat van die laaste (en skreeusnaaksste) rubrieke wat André le Roux vir Sarie geskryf het. Wat is dit met vrouens en alewig inkopies doen? En hoekom wil mans nooit dokter toe gaan nie? En vir wat moet ’n mansmens dan nou ’n huweliksherdenking onthou, of o wee, eintlik was dit haar verjaarsdag! Met dié jongste bundel sketse van André le Roux kry ’n mens opnuut lag vir die hemelsbreë verskille tussen mans en vroue. En waarom die liefde steeds blind is.

Аннотация

Jy’t vandag – niksvermoedend verby minstens een psigopaat geloop. Hy’t moontlik saam met jou in die hysbak geklim. En vanaand wag daar dalk ’n narsis of ’n sadis op jou. By die huis. Wie is hierdie ongure, gevaarlike mense? Wat gaan in hul koppe aan? En waar ís hulle? Tussen ons … Die skrywer André le Roux het uitgebreide navorsing oor dié wolwe in skaapsklere gedoen. Met die jongste inligting en talle gevallestudies – van Daisy de Melker tot Oscar Pistorius – maak hy hulle werklik en uitkenbaar. Sodat jy hulle kan verstaan, hanteer of vermy – en jouself beskerm.

Аннотация

Hierdie is die derde bundel van die bekroonde en gewilde joernalis se SARIE-rubrieke. Ná 10 jaar, 9 joernalistieke pryse, 2 suksesvolle verhoogverwerkings, wat landwyd deur meer as 80 000 lesers gesien is, vra vroue (en mans) steeds na meer. Lesers se reaksie deur die jare: “Dis die beste medisyne vir stres” en “Met sy humor is hy die een wat in hierdie land van geweld en trane almal weer die son laat raak sien.” Uit die baie briewe is dit duidelik hoeveel plesier lesers landwyd steeds aan sy rubriek het. Die stukke bied die leser heerlike, aweregse humor en satire.Die eerse versameling Op die vrou af (SARIE-rubrieke, 2004) is verwerk in musiekteater deur Hennie van Greunen, met Pedro Kruger en Sarah Theron, en is landwyd en by kunstefeeste opgevoer. Dit is vanjaar opgevolg deur die nuwe musiek-teaterstuk Op die vrou af 2, weereens deur Hennie van Greunen, met Pedro Kruger en Jolette Odendaal in die rolle.

Аннотация

Bekroonde en geliefde skrywer André le Roux keer 45 mites oor die liefde op hul kop. Hier is die Kook & Geniet van intieme verhoudings – slegs vir volwassenes. Wat is dit met mans en vroue? Hoekom sukkel ons so? Hoekom is ons so gelukkig? So óngelukkig? Hoekom eet ons so? Worrie ons so? Hoekom lag ons so? Huil ons so? Hoekom kyk ons so sepies? Hoekom stry ons so? Hoekom so baie seks? Hoekom so mín seks? Hoekom trou ons so? Skei ons so? En wat moet jy jou kind leer om verhoudings beter te hanteer? Wat is die vier grootste bedreigings vir die huwelik? Die antwoord lê in gesonde verstand en drie dinge… en hel, dis só opwindend!