Аннотация

Doktor Louwda Louw, kindersielkundige, moet tot haar eie verbasing vind dat sy instemmend antwoord op ʼn onverwagse huweliksaanbod van Ruben Brynard, ʼn verbitterde prokureur. Op die oog af skort daar niks, maar wanneer Louwda ná die troue by Ruben se huis opdaag, wag daar ’n erge verrassing op haar. Hoe gaan hierdie vrou, wat al net so sinies as haar man geraak het oor die lewe, haar jammerlike situasie in vreugde omskep?

Аннотация

Toe die ryk Killians van Ebenhaeser bankrot verklaar word en eindelik hul erfgrond, Ebenhaeser, verloor, stort al Charlene se lugkastele vir haar toekoms in duie. Maar daar is hoop: Charlene en haar pa word gevra om na Ebenhaeser terug te keer. Die nuwe eienaar, Henk de Beer, eertydse bywonerseun, se vriendelike aanbod blyk egter nie so onskuldig te wees as wat dit wil voorkom nie.

Аннотация

’n Blitshuwelik, erfgrond, twee broers – Deon die losbol teenoor die stil, sterk Calvyn met die bitter hart – en ʼn onskuldige meisie wat as nuwe bruid op die plaas nie aanvaar word nie omdat sy nie met “agtergrond” en status kan spog nie. Dis enkele van die elemente van dié komplekse familiedrama. Sal Babilon, spogplaas van die hovaardige De Ridders, vir Salome net ʼn tussenspel wees? Sal sy haar siel behou op hierdie tradisieryke erfgrond waarin die bitterheid, haat en tweespalt soveel diep onstuimige rivierlope uitgekerf het?

Аннотация

Sanita het ’n geheim. Twee dekades gelede moes sy ’n baba afgee en ’n jeugliefde daarby. Maar sy’t aanbeweeg, getrou en ’n seun, Hanko, bygekry, en ’n lewe geskep saam met haar man. Hul gastehuis, Waaiwater, is haar lewe ná Markus se dood. Maar nou wil alles inmekaar tuimel: Develcor het groot planne vir Sanita se rustige kusdorpie en hul bouery gaan haar besigheid lelik knou. En watter Develcor-indoena is daarheen gestuur om met Sanita te onderhandel? Einste Fourie Burger wat sy destyds so onwillig moes agterlaat, einste Fourie wat nog al die jare niks weet van hul kind nie . . . Nou is Fourie hier, in haar gastehuis, en hul tienerjare se vonke is nog geensins geblus nie. Maar hoe gaan die twee mekaar weer vind en verby die lang jare se verswyging kom, tussendeur die hele Develcor-drama, Hanko se weerbarstige-tienerprobleme en Fourie se skok oor die onverwagse nuus dat hy iewers ’n mondige seun het?

Аннотация

Vroedvrou Anouk doen dinge op háár manier. Sy maak al jare lank haar dogtertjie alleen groot, so al rondreisend van die een Overstrandse kampeerterrein na die ander, en selfs as Anouk snags moet uitgaan na ’n geboorte kom sy en klein Skyla goed reg, dankie. Sy’t g’n ’n man nodig nie. Maar wanneer ’n geboorte skeefloop en Anouk in ’n regsgeding betrokke raak, kom hy weer oor haar pad: Die groot tienerliefde vir wie sy nie goed genoeg was nie, wat haar as net nog ’n jol beskou het . . . wat haar swanger gemaak en toe weggedryf het. Of so onthou Anouk sake. Rossouw is nou ’n spesialis in die mediese reg en moet haar wanpraktyksaak hanteer, en hy het ’n heel ander interpretasie van wat jare gelede tussen hulle twee gebeur het. Toe hy leer Skyla is syne, is hy vuur en vlam om dinge tussen hom en Anouk weer te laat werk. Maar hulle’t albei soveel bagasie oorgehou, en boonop raak Skyla net toe baie ernstig siek. Anouk en Rossouw het reeds ’n swaar pad gestap, maar daar lê nog langpad voor . . .

Аннотация

Narkotiseur Leandra hoop net een ding oor die nuwe ortopediese chirurg, en dis dat hy nié een van die moeilike soort sal wees wat almal in teater verskree nie. Sy’t nie kon droom dat hy haar dadelik so sal boei nie – haar hande jeuk behoorlik om die vreemdeling te teken toe sy hom die eerste keer in die hysbak sien. Maar o wee! Toe moet sy ontdek dis einste dokter Dieter Erlank, dié mooie man in die hysbak, wat vanoggend haar parkeerplek gegaps het, en hy’t haar gehoor toe sy agterna die parkeerdief as ’n sot uitgekryt en sy voertuig beledig het − wat ’n slegte voet om mee af te skop! In teater gaan dit ook niks beter nie, en Leandra en Dieter hap oor en weer na mekaar, al drukkend op mekaar se knoppies. Wanneer hulle boonop sleg koppe stamp oor ’n moontlike geval van kindermishandeling, word Leandra se treurige geskiedenis ook bygesleep. Is Dieter en Leandra se onderskeie X-faktore vermors op mekaar?

Аннотация

Met ʼn slinkse slenterslag sorg Hilda Cronjé dat haar vriendin Mariet Fourie weer eens haar kastaiings uit die vuur moet krap. Ná ʼn tref-en-trap-ongeluk jaag Hilda weg. ʼn Ooggetuie wys haar omkoopgeld van die hand en haar gewetenlose daad kom op die lappe. ʼn Desperate Bernard Cronjé reël dat sy selfsugtige dogter drie maande tikster moet speel vir doktor Kobus Liebenberg, sielkundige navorser op die afgeleë Omdraaikrans. Maar Hilda het net een ambisie en dit is om ʼn topmodel in Johannesburg te word. Eers op Omdraaikrans ontdek Mariet waarvoor sy haar ingelaat het. Almal minag en wantrou haar en sy sukkel om die rol van haar selfsugtige, gewetenlose vriendin oortuigend te speel, want sy kan eintlik niks anders wees as haar onbaatsugtige self nie. Kobus kan “Hilda Cronjé”, oftewel “Griet”, dus in geen kategorie plaas nie. Totdat Yvonne Sterling, Kobus se vriendin, onwetend die eerste saadjie van agterdog oor die geval Cronjé saai. Waarom lyk sy tikster Griet so baie na Hilda Cronjé, die sosiale vlinder wat gereeld oor glansblaaie dartel? Kobus begin in die doolhof van Griet se identiteit rondspeur. Nie net sy agterdog nie, maar ook Mariet se hart dryf haar al meer in ’n hoek…

Аннотация

Toe Betsie Viljoen se pa weens geldnood hul plaas aan Barend von Throtha moet verkoop en by die Ebony-myn gaan werk, is ʼn wit vlam van wraak in haar hart aangesteek. En nou, ná jare op die stowwerige myndorpie, is Jasper Viljoen oorlede en wag sy en haar vier pragtige halfsussies op die mynmagnaat om hulle te kom haal. Gelukkig kry hulle snuf in die neus oor sy plan om vir Betsie werk te kry en die ander vier weeshuis toe te stuur. Met wa en donkies vlug hulle na die ou berghut op die plaas. As hulle moes geweet het dat ou Barend se seun, Ludwig, op die plaas boer, sou hulle dadelik die hasepad gekies het. Gelukkig kry hulle ʼn beskermengel in die vorm van die vertoiingde ou prospekteerder, oom “Slonsie”. Wanneer Barend besluit om self op Kameeldoring na die Viljoen-dogters te kom soek, het Ludwig sy eie planne om hulle te beskerm. Want Betsie is die eerste meisie wat sy gewese verloofde, Anette Adendorf, se beeld uit sy hart verdryf. Anette daag egter onverwags saam met sy pa op die dorp op, en skommel Ludwig se kaarte lelik deurmekaar. Waar eindig jammerte en waar begin liefde? En kan ʼn vrou weer lewe in uitgebrande kole blaas?

Аннотация

Sarie Wessels ken net die sonkant van die lewe – tot daardie onheilsdag dat die lot juis háár tref om Blouwildebees, oftewel grootbaas Hugo Kritzinger, se sekretaresse af te los. Sommer met die intrapslag loop dinge skeef… Tuis duik ʼn onverwagte penarie in Hugo se lewe op. Hy huisves sy broer, Paul, en dié se twee kleuters terwyl hul ma ʼn rugoperasie ondergaan, maar blindedermontsteking stel sy huishoudster ʼn maand lank buite aksie. Wat nou gedaan? Sarie, die aflos-huishoudster, steel dadelik klein Annemie en Karl se harte. Met haar sonnige geaardheid laat sy selfs vir Hugo, die bot buffel, geleidelik ontdooi en anders na die lewe kyk. Totdat die snobistiese Alice Sullivan op die toneel verskyn en hom waarsku dat daar dalk slinkse plannetjies agter die Suidwestertjie se onskuld skuil. Hugo kan homself nie meer peil nie. Nog erger, selfs die jaloesieduiwel begin hom teister wanneer Daan by Sarie kom kuier. Het die son dalk te laat in sy lewe begin skyn?

Аннотация

ʼn Gekletterde seekat, ʼn towenaar, twee Duitsers in ʼn koma, ʼn lang, groen, haarlose hond en ʼn twyfelagtige waarsegster is maar enkele van die dinge waarmee Klara Verster op haar eerste oorsese vlug as lugwaardin te doen kry. Daarby help dit haar nie veel toe sy uitvind dat die man wie se sportmotor sy op pad lughawe toe gestamp het, haar kaptein op die vlug is nie. Adriaan Kirsten is egter net so oorbluf deur die blondine met die viooltjieblou oë wat net soos sy gewese verloofde lyk, wat hom so te sê voor die kansel laat staan het. ʼn Humoristiese liefdesverhaal wat sommer weer vonk in die lewe sit.