Аннотация

Krizelda en Alwyn is albei studente van Pretoria – hy afgestudeer met ’n BA Honneurs en sy ’n naïewe tweedejaartjie – wat mekaar tydens ’n vakansie op Margate ontmoet. Gou is hulle halsoorkop verlief en trouplanne volg vinnig. Krizelda moet egter eers haar studie voltooi en Alwyn is op pad Washington toe vir ’n jaar ondervinding in die Amerikaanse koerantwese.
Sy vlug word deur ’n tornado van koers gedwing en tydens ’n noodlanding in New York slaan die vliegtuig aan die brand. Alwyn is ernstig beseer en ly aan geheueverlies.
Krizelda vind uit sy is swanger en haar konserwatiewe pa jaag haar uit die huis. Sy kan Alwyn op geen manier opspoor nie en vind toevlug by haar tannie, maak haar kind alleen groot en ontwikkel ’n wrok teenoor Alwyn, wat haar immers skynbaar in die steek gelaat het. Maar ná ses jaar, midde-in griewe en misverstande, is daar ’n herontmoeting toe hy haar baas word.
Krizelda is so verbitter teenoor mans en veral Alwyn, en hy het boonop ’n Britse nooi . . . Sal hul harte ooit onthou wat eens was, en die pad terug daarheen vind?

Аннотация

Volmaan op Mopanie: Katie Lategan se kom en gaan was nog altyd haar eie. Maar wanneer haar pa, ’n wildbewaarder op Mopanie, onverwags Kaap toe moet gaan, maak Steyn van Zyl sy opwagting om haar op te pas. Toestande is plofbaar so na aan die Mosambiekgrens, en tot Katie se ontsteltenis hou Steyn haar kom en gaan met ’n valkoog dop. Dokter Linda: Op Donkerhoek hoor dokter Linda Behrens dat haar vennoot vir die volgende ses maande die soort man is wat elke vrou graag voor die kansel wil hê. Net jammer Marius wil niks van Linda weet nie . . . Die Bekvelder: Anne-Marie van Zyl aanvaar teensinnig ná haar ma se dood haar stiefoom, Wynand Visser, se aanbod om op sy spogplaas te gaan bly. Maar daar aangekom is Wynand skoonveld en Nicolaas, die eintlike eienaar van die plaas, is glad nie gelukkig met die stand van sake nie.

Аннотация

Toe lugwaardin Willemien Visagie in Ruiker vir ’n spioen vir kaptein Gerrie Roux die trekpas gee en saam met skrywer Flip Keyter oor ‘n nuwe toekoms begin droom, het sy geweet dat dit nie maklik sal wees nie. Maar sy het nie besef sy sal haar juwele moet verpand en op perde wed ten einde ‘n behoorlike inkomste te hê nie . . . Janna is ‘n onderwyseres, valerig en nie meer so jonk nie. Wanneer oom Faan haar prontuit vertel dat sy ‘n oujongnooi is, besluit sy dis tyd om ‘n plan te maak. Sy gaan hou alleen by die see vakansie. Op Magnoliastrand raak sy verlief op die skrywer Stefan Roux, ‘n ongewone man vol komplekse en neuroses, bitter onbeskof en onvoorspelbaar. Strand van die stormwinde is ‘n liefdesverhaal vol kinkels wat die leser sal laat raai.Helene Wallington kom uit Amerika vir Erik Lourens kuier, maar hier gekom vind sy uit hy is in die hospitaal ná ‘n beroerteaanval. Sy broer, Riek, neem haar na Erik se huis op Saringwa-wildreservaat. Hier maak die Amerikaanse stadsmeisie kennis met al wat ‘n wilde dier en ding is. Storm oor Saringwa is ‘n humoristiese verhaal wat die leser se aandag gevange sal hou.

Аннотация

Iewers wag die môre: Fiona en Johan Meiring se huwelik word deur albei se onbesonnenheid in ‘n krisis gedompel. Is dit hulle kinderloosheid wat die huweliksbootjie wil laat kantel, of is dit Barbara Slabbert en Adriaan van Zyl se skuld?Dit het alles so onskuldig vir die pragtige lugwaardin Mariette Neethling begin. ’n Ryk man, aantreklik, en hy was ooglopend verlief op haar. En nou het sy in ’n nagmerrie-situasie beland waar daar geen pad uit is nie. Mariette aan ’n lyntjie is nog een van Ettie Bierman se verhale wat die leser nie maklik sal neersit voordat die laaste bladsy gelees is nie.Ouverture op Overberg is leesgenot van die allerbeste. Volgens haar oom Jakob se testament sou Kobie Coetzee die plaas Overberg erf, mits sy met John Reynecke trou – die eienaar van die buurplaas wat sy van geen kant af ken nie.

Аннотация

Nikka weet Ruan het haar steeds lief in Anderkant die volmaan. Tog wil hy nou van haar skei. Moet sy vir hom wag of eerder haar ou vriend Thys ’n tweede kans gee? In Bambi en die boef kan Bambi nie besluit by wie haar hart hoort nie: Louis, oor wie sy onsmaaklike dinge lees, óf die betroubare Bertus? In Victoriavalle van liefde moet Emesia Small by die Rhodes Inn gaan werk. Rex wil die hotel verkoop, maar sy broer, Deon, wil sy erfenis behou.

Аннотация

In Wanneer ’n droom waar word moet Carmia Basson na die Vermeuleuns se spoglandgoed verhuis wanneer sy as Margo Vermeulen se assistent aangestel word. Deneys, Margo se kleinseun, wil egter nie vir Carmia op die plaas hê nie. Hoekom vind Carmia die beduiwelde Deneys so onweerstaanbaar? In Dokter Dierbaar moet Vicky Serfontein saam met dokter Paul Venter werk ná hul rampspoedige eerste ontmoeting. Kort voor lank begin sy vrees vir skade aan haar hart, want volgens die skindertonge is Paul Venter ’n regte casanova. In Geërfde liefde moet Nikki Swart noodgedwonge op Kapisya boer vir oorlewing, en rooskleurig is dit beslis nie. Want Jan, die mede-erfgenaam, maak die lewe vir haar onuithoudbaar. Hy is ’n geharde boer, en hy het net een doelwit voor oë: om so gou as moontlik van dié bedorwe stadsjapie ontslae te raak.

Аннотация

In Vermoedelik verlief hoor Mynie dat haar kêrel ’n beeldskone meisie agter haar rug sien. Sy skryf aan Wewenaar, ’n prokureur wat in ’n hoekie vir eensames adverteer. In Twee roepees vir ’n lewe beland ’n lugwaardin in ’n bose skurkenet. En in ’n Rooikop en twee ridders kyk Addy die ou met die Blou Bul-T-hemp vlak toe hy vir haar ogies maak by die Paddanag wat sy vir Matotoland Ekotoerisme reël.

Аннотация

In Om minder lief te hê is Arabel ná net ’n jaar van getroude lewe van Henning geskei. Hy het padgegee en ’n pos as vlieënier by ’n Australiese lugredery aanvaar. Maar nou, ses jaar later, ontmoet hulle weer op ’n Hongkong-vlug. Hierdie keer is sy lugwaardin en hy haar kritiese bevelvoerder. En die aantrekkingskrag smeul nog net so sterk tussen hulle. In Margot en die meerman gaan hou Margot vakansie in Zanzibar – stoksielalleen. Daar is niemand wat haar ken nie. En ook niemand om dit saam met haar te vier wanneer sy uitvind dat sy haar M.A. in Musikologie cum laude verwerf het nie. Dan verskyn Konrad op die toneel: diepseeduiker, eksoties, atleties. En jonger as sy. En in Hartstog in Malawi word Rochelle deur haar baas gestuur om die enigmatiese Sir J.C. Auther op te spoor, voordat die publiek óf die pers besef dat hy in Malawi wegkruip. Maar vandat sy in Malawi land, ontspoor haar goeddeurdagte plan. Sy ontmoet ene kaptein Costa en die vonke spat onmiddellik.

Аннотация

In ’n Stadsjapie vir Pafuri het al Janie se vriende haar gewaarsku dat sy ’n groot fout maak. “Jy kan nie met ’n man trou wat jy skaars twee weke ken nie,” het hulle gesê. “Leer hom eers beter ken . . . en leer eers sy omstandighede beter ken. Hoe sal ’n gebore Johannesburger dit in ’n eensame wildreservaat uithou, met net vlieë en slange vir geselskap?” Maar Janie het gedink dat sy beter weet. Theo was dan so ’n wonderlike man, so liefdevol en bedagsaam, en sy was so inniglik lief vir hom. Wat maak dit dan saak waar hy woon, solank sy net by hom kan wees? Dit duur nie lank voordat sy besef dat sy dalk na haar vriende se raad moes geluister het nie. Theo wat sy arm om haar gesit en mooi woordjies in haar oor gefluister het voordat hulle getroud is, is nie die Theo wat so vasgevang is in sy werk dat sy hom skaars sien nie. Sy leer ’n ander Theo ken: ’n sleggehumeurde man wat gedurig met haar rusie maak sonder dat sy verstaan waarom dit gaan. Gelukkig is Katinka daar om haar raad te gee en haar vriendin te wees, en dierbare Walt, Theo se neef wat ’n kunstenaar en ’n beskaafde man is. Hulle twee maak haar onaangename lewe ’n bietjie draagliker. In Benodig: ’n Vrou vir Braam besoek Belinda die historiese Graaff-Reinet op pad na die Kaap waar sy vakansie gaan hou. Soos elke toeris gaan neem sy foto’s van al die ou geskiedkundige geboue en tot haar groot ontsteltenis ontmoet sy ’n dogtertjie wat in die kerk wegkruip. Die kind huil hartverskeurend en na geduldige ondervraging kom die waarheid uit. Die kind is bang vir haar pa en nou kruip sy hier in die kerk vir hom weg. Belinda is dadelik simpatiek en vind toe ook uit dat die kind se ma dood is, en dat haar pa haar nou kom haal om by hom te bly. Haar pa en ma is geskei en sy het by haar ma gebly, want haar pa is ’n slegte man en sy wil nie saam met hom gaan nie. Impulsief besluit Belinda om die kind se pleegma se toestemming te kry om haar saam te neem Kaapstad toe. Dié is maar te bly om van die kind ontslae te raak en die twee vertrek. Hulle is egter skaars op pad toe die dogtertjie agtertoe kyk en haar pa in ’n motor sien. Belinda besef dadelik dat hy hulle agtervolg en daar volg ’n verbete vlug af Kaap toe, om die kind te red van ’n pa met moordneigings. In Man in die donker is Senta Swiegers en haar man, kaptein Henk Swiegers van Jakaranda-lugdiens, op die punt om haar verjaardag te gaan vier toe Henk ontbied word om vir ’n medevlieënier op ’n oorsese vlug in te staan. Dit bederf die hele dag vir Senta en sy is woedend, maar min kon sy weet dat die ergste nog sou kom. Voor die einde van daardie dag word daar ’n moord gepleeg waarby sy betrek word . . . Sy was immers die laaste persoon wat die vermoorde, die sjarmante vrouejagter kaptein Don Metelerkamp, lewend gesien het voordat die donker figuur in die tuin toegeslaan het. Senta gaan deur die moeilikste tydperk van haar lewe – ’n tydperk waarin dit lyk of selfs haar man haar nie glo nie, want is hy nie maar té bewus van die verhouding wat daar vroeër tussen sy vrou en Don was nie?

Аннотация

Toe ʼn beeldskone rooikopmeisie met die uiters onvroulike naam van Hennie Vermaak, wat sy saam met ʼn stowwerige plaasbiblioteek van haar oupa geërf het, op Sesdorings aankom om besit van haar erfenis te neem, begin die vonke behoorlik spat. Voor haar koms het sy immers geweet van die vete tussen haar oupa en die Meirings op die buurplaas… en ook dat die spul Meirings haar oupa behoorlik laat les opsê het. En wat kon hy, ʼn arme ou man, doen om hom te laat geld? Natuurlik moes hy maar af en toe op sy eie manier vir hulle wys hoe die vurk in die hef steek. Nie alleen wou Hennie van haar erfenis ʼn klinkende sukses maak nie, maar ook wou sy die onreg teenoor haar arme, weerlose oupa uitwis. Aanvanklik slaag sy in haar doel – maar dit is voordat die sjarmante Donnie Meiring op die toneel verskyn en die strydbyl begrawe. En veral voordat sy ouer broer, Carl, wat niks met enigiemand wat ʼn rok dra te doen wil hê nie, sy ware kleure wys.