Аннотация

Christine le Roux se sewende omnibus bevat drie immergroen liefdesverhale. In Geskenk uit die hemel leer sakeman Pieter Louw vir Maja ken nadat hy haar per ongeluk raak ry. In Die lente kom weer moet Frans Fourie aan sy nuwe sekretaresse gewoond raak, en in Kosbaar soos die lewe gaan werk Elizabeth Benade vir die moeilike dokter Richard Nel.

Аннотация

In Terug na Kolkbaai keer Hannelore ná elf jaar na dié vissersdorpie terug. Baie van haar ou kennisse is nog daar… tot haar spyt. Dit sluit in die een mens wat sy nié wil sien nie: Oloff Bernardi, aan wie haar hart behoort het in hul teerder jeug.

Аннотация

In Tango met ʼn chirurg is mediese student Salome keelvol vir alles en almal by Chirurgie: Hoekom is die briljante maar befoeterde dr. Bart de Lange, haar studieleier, so snaaks met haar – en dit terwyl sy net oë het vir hom? En professor Tjaart Dekker? Wat voer hy in die mou met al sy bedekte insinuasies? Daarom wend sy haar tot die een ding wat sy kán doen – tango.

Аннотация

In Hoe kwesbaar die hart vertrou dokter Brenda Wiechers nie aantreklike mans nie. Daarom onderdruk sy die gevoelens wat die dodelik aantreklike dokter Charl Naudé in haar wakker maak. Hy is boonop getroud, des te meer rede vir Brenda om hom te vermy. Tog kom sy mettertyd agter dat daar ʼn ánder storie agter sy suksesvolle uiterlike lê.

Аннотация

In Dokter van drome moet Anastasia de Wit desnoods vir die plastiese chirurg dokter Juan Harmse werk. Wat haar betref, is hy bloot ʼn aantreklike geldwolf wat vroue se ydelheid uitbuit en al die pad bank toe lag. Daar is ʼn gedrewe passie in hom wat haar bang – en ook opgewonde – maak…

Аннотация

In Die einde van die reënboog kom Colette en haar oupa in die Kaap aan nadat hulle gedwing was om Frankryk te verlaat. Hulle kry werk by die Goue Kat: Colette as kelnerin en oupatjie Jerome as groenteskiller. Colette raak verlief op ʼn edelman wat die herberg besoek, maar sy mors konjak op hom en word afgedank. Dis egter die begin van ʼn nuwe lewe vol avontuur en liefde…

Аннотация

In Goue horisonne probeer Gert Bezuidenhout om ná sy broer se dood Langlaagte teen ʼn belaglike prys by sy skoonsuster Hendrieka te koop. Boonop word goud op die plaas ontdek. En na die besoek van Christiaan van den Heever voel dit vir Carolien, Hendrieka se mooi dogter, asof haar lewe nooit weer dieselfde gaan wees nie.

Аннотация

In Skat van onheil land die Franse edelmeisie Véronique aan die Kaap om haar aan te sluit by haar vader, die graaf van Sévigné. Hy en die familie-juwele het egter spoorloos verdwyn. ʼn Spaanse seekaptein, Don Diego Fernandez, help haar om na haar vader te soek.

Аннотация

In Rots van Stormbaai besluit Melanie Walters impulsief om saam met haar seuntjie op die verafgeleë kusdorpie Stormbaai vakansie te hou. Maar sy het nie rekening gehou met die eksentrieke inwoners nie. Oom Jors, dierbare Thys en die sjarmante plaasboer Giel trap haar drumpel plat. Maar dis die enigmatiese Lafras Retief wat haar fassineer.

Аннотация

In Drome van gister sien Alet Britz uit om saam met vriende in die Richtersveld te kampeer – weg van die stadsrumoer, haar verpleegsuniform en haar sieklike ma. Maar ná skaars ʼn dag is haar vriendin Bets se broer oortuig Alet is die vrou vir hom. Hoe kan sy aan Jan verduidelik dat haar hart steeds aan iemand anders behoort?