Аннотация

In Wewenaar van Groene Weide lei Manda Maree se raad aan die verwende Jeanette de la Rey daartoe dat Rocco de la Rey beweer sy pleegkind se verdwyning is háár skuld. Nou is dit haar plig om Jeanette op te spoor en so word Manda betrek by die weë van miljoenêrs en speurders. Selfs die liefde word versuur deur die haas perfekte Lucille Herbst.

Аннотация

In Skynglans van die maan is Deidre Retief toegespits op die hoë, suiwer noot. Maar dan versplinter die rou wanklanke soos fyn skerfies glas in haar keel… Pynliker nog is die eggo van Neil Maritz se voorspelling: Hardloop maar agter die skynglans van die maan aan – dis bar en bitter eensaam daar. Kan die blaasvlam van die lewe die splinters van haar hart weer aanmekaarsmelt?

Аннотация

Karien van Tonder is vreeslik opgewonde toe haar verloofde, Shaun Morris, haar die projekbestuurder en hoofontwerper van hulle nuwe boetiekhotel maak. Al waaroor sy nie so seker is nie, is die ligging, want hy het wraggies op Hartenbos besluit. Nou moet Karien terugkeer na dié vakansiedorp waar sy saam met haar ma in ’n tuinwoonstelletjie gebly het. En waar sy teen haar sin herinner word aan “Vlam”, die rebelse tiener wat sy eens was. Die ergste van alles is dat haar tienerliefde Malan Hugo nog op die dorp is – en hy het sowaar nóg aantrekliker geraak. Waarom reageer sy steeds so intens op Malan? Is sy dan nie seker van Shaun nie?

Аннотация

Jana Richter se welvarende ouers vertrek op hul jaarlikse reis na die Maleisiese Eilande, maar dié keer is dit uiters ongeleë. Jana stel vas dat hulle heimlik finansiële probleme ondervind en die huispersoneel afgedank het. Sy moet noodgedwonge na haar ouerhuis terugkeer om na haar jonger broer en suster om te sien. Om sake te vererger, maak die bedrieglike Barry Dreyer ’n oorlas van homself. Gelukkig ontmoet Jana vir Wilhelm Hoffmann wat haar bystaan wanneer ’n tragedie haar gesin tref. Tog kan sy mos nie dié skatryk sakeman met hul dreigende insolvensie bemoei nie . . . En wat van die jaloerse Emelda Schoeman wat Wilhelm as haar eie beskou?

Аннотация

Danielle Krause wil tyd maak om ’n speurverhaal te skryf, maar haar suster, Magdeleen, en dié se nuwe man span haar voortdurend in as gratis kinderoppasser. Dit help ook nie dat hulle ’n huis deel nie. Dani het genoeg gehad en adverteer haar dienste as “instaanmammie” in ’n buurt waar sy graag sal wil woon, met die voorwaarde dat sy nie in die oggende aan diens moet wees nie. Nooit het sy kon dink dat die ryk en aantreklike wewenaar Meyer Senekal haar sou aanstel om met sy dogtertjie, Nina, te help nie . . . Maar sal Meyer ooit die tragiese dood van sy vrou kan verwerk en is daar plek in sy hart vir ’n nuwe liefde?

Аннотация

In Hoe kwesbaar die hart vertrou dokter Brenda Wiechers nie aantreklike mans nie. Daarom onderdruk sy die gevoelens wat die dodelik aantreklike dokter Charl Naudé in haar wakker maak. Hy is boonop getroud, des te meer rede vir Brenda om hom te vermy. Tog kom sy mettertyd agter dat daar ʼn ánder storie agter sy suksesvolle uiterlike lê. In Dokter van drome moet Anastasia de Wit desnoods vir die plastiese chirurg dokter Juan Harmse werk. Wat haar betref, is hy bloot ʼn aantreklike geldwolf wat vroue se ydelheid uitbuit en al die pad bank toe lag. Daar is ʼn gedrewe passie in hom wat haar bang – en ook opgewonde – maak… In Tango met ʼn chirurg is mediese student Salome keelvol vir alles en almal by Chirurgie: Hoekom is die briljante maar befoeterde dr. Bart de Lange, haar studieleier, so snaaks met haar – en dit terwyl sy net oë het vir hom? En professor Tjaart Dekker? Wat voer hy in die mou met al sy bedekte insinuasies? Daarom wend sy haar tot die een ding wat sy kán doen – tango.

Аннотация

In Skynglans van die maan is Deidre Retief toegespits op die hoë, suiwer noot. Maar dan versplinter die rou wanklanke soos fyn skerfies glas in haar keel… Pynliker nog is die eggo van Neil Maritz se voorspelling: Hardloop maar agter die skynglans van die maan aan – dis bar en bitter eensaam daar. Kan die blaasvlam van die lewe die splinters van haar hart weer aanmekaarsmelt? In Wewenaar van Groene Weide lei Manda Maree se raad aan die verwende Jeanette de la Rey daartoe dat Rocco de la Rey beweer sy pleegkind se verdwyning is háár skuld. Nou is dit haar plig om Jeanette op te spoor en so word Manda betrek by die weë van miljoenêrs en speurders. Selfs die liefde word versuur deur die haas perfekte Lucille Herbst. En in Terug na Kolkbaai keer Hannelore ná elf jaar na dié vissersdorpie terug. Baie van haar ou kennisse is nog daar… tot haar spyt. Dit sluit in die een mens wat sy nié wil sien nie: Oloff Bernardi, aan wie haar hart behoort het in hul teerder jeug.

Аннотация

In Drome van gister sien Alet Britz uit om saam met vriende in die Richtersveld te kampeer – weg van die stadsrumoer, haar verpleegsuniform en haar sieklike ma. Maar ná skaars ʼn dag is haar vriendin Bets se broer oortuig Alet is die vrou vir hom. Hoe kan sy aan Jan verduidelik dat haar hart steeds aan iemand anders behoort? In Rots van Stormbaai besluit Melanie Walters impulsief om saam met haar seuntjie op die verafgeleë kusdorpie Stormbaai vakansie te hou. Maar sy het nie rekening gehou met die eksentrieke inwoners nie. Oom Jors, dierbare Thys en die sjarmante plaasboer Giel trap haar drumpel plat. Maar dis die enigmatiese Lafras Retief wat haar fassineer. In Rabbedoe se temmer kom rykmanskind Vicky Webster ná haar pa se dood agter dat hulle bankrot geboer het. Gelukkig bied die aantreklike Wouter Hoyt vir haar werk in hul huishouding aan. Pierre, sy ouer broer, is egter glad nie beïndruk nie en het boonop ʼn jaloerse meisie. Wie van die Hoyt-broers sal hierdie rabbedoe tem?

Аннотация

In Skat van onheil land die Franse edelmeisie Véronique aan die Kaap om haar aan te sluit by haar vader, die graaf van Sévigné. Hy en die familie-juwele het egter spoorloos verdwyn. ʼn Spaanse seekaptein, Don Diego Fernandez, help haar om na haar vader te soek. In Goue horisonne probeer Gert Bezuidenhout om ná sy broer se dood Langlaagte teen ʼn belaglike prys by sy skoonsuster Hendrieka te koop. Boonop word goud op die plaas ontdek. En na die besoek van Christiaan van den Heever voel dit vir Carolien, Hendrieka se mooi dogter, asof haar lewe nooit weer dieselfde gaan wees nie. In Die einde van die reënboog kom Colette en haar oupa in die Kaap aan nadat hulle gedwing was om Frankryk te verlaat. Hulle kry werk by die Goue Kat: Colette as kelnerin en oupatjie Jerome as groenteskiller. Colette raak verlief op ʼn edelman wat die herberg besoek, maar sy mors konjak op hom en word afgedank. Dis egter die begin van ʼn nuwe lewe vol avontuur en liefde.

Аннотация

Hoekom sal ’n ou soos Juan van Wyk aan die TV-program Boer soek ’n vrou deelneem? Hy is nou wel nie getroud nie, maar dit beteken vir geen oomblik dat hy nie ’n vrou het nie. Om die waarheid te sê het hy omtrent elke vrou op die dorp presies net waar hy haar wil hê. Tussen die lakens. Volkome uitgelewer aan sy buitengewone lyflike vermoëns. Ja, daardie Bosveldplaas van hom ken die snak van ’n ekstatiese vrou. Maar die ding is dat Juan nou al ’n ruk lank voel sy bedavonture moet rigting kry. En dalk help die TV-program. Dis in elk geval wat sy suster sê. En Marissa, die dominee se dogter, sê ook so. Dis dié dat hy nou wag dat die filmspan opdaag, want hy het tien meisies wat hom gaan help om agter te kom wat dit is wat hy wil hê. En dan lê sy lewe voor. Nog nooit was Afrikaanse fiksie só warm nie. Nog nooit is daar so lekker op papier gevry nie.