Аннотация

Laat somer: Agt jaar na haar egskeiding trek Elizabeth Meyer terug na die stad om ’n nuwe lewe as lektrise te begin. Saam met haar gaan die familie: haar seun, Buks, haar mooi, maar koppige stiefsuster Esmé, die trotse ouma Louw, Elsa en Katy. Min het hulle geweet wat in die stad op hulle wag met onder andere snobistiese bure en ’n lastige snydokter-buurman. Elizabeth moet ’n duur prys betaal vir haar gemoedsrus, maar dan vind sy ook die geluk wat sy nie gedink het meer vir haar beskore is nie.

Аннотация

Tryna du Toit se tiende omnibus bevat twee immergewilde liefdesverhale. Minnaar uit die vreemde: Aletta Vosloo moet met haar twee susters, Susan en Betsie, die plaas Tiervlei bestuur. Die mede-erfgenaam, dr. Frans Naudé, is in Amerika en hy wil nie terugkom of ’n beslissing gee oor die verkoop van die plaas nie, ten spyte van baie aanloklike aanbiedinge. Skuil daar vreemde motiewe agter die hoë aanbiedinge? Laat somer: Agt jaar ná haar egskeiding trek Elizabeth Meyer terug na die stad om ’n nuwe lewe as lektrise te begin. Saam met haar gaan die familie: haar seun, Buks, haar mooi, maar koppige stiefsuster Esme, die trotse ouma Louw, Elsa en Katy. Min het hulle geweet wat in die stad op hulle wag met onder andere snobistiese bure en ’n lastige snydokter-buurman. Elizabeth moet ’n duur prys betaal vir haar gemoedsrus, maar dan vind sy ook die geluk wat sy nie gedink het meer vir haar beskore is nie.

Аннотация

In Lokstem van die liefde spat Louise Barnard se wêreld aan skerwe wanneer sy besef dat Eben Griesel nie van plan is om met haar te trou nie – hy wil bloot hê dat hulle moet saambly. Sy gee pad uit Johannesburg na die huis wat haar ma van tant Ragie de la Rey op Rheedersdorp geërf het. Maar Louise het nie rekening gehou met die breedgeskouerde ingenieur Lafras de la Rey nie. In Die liefde oorwin moet student Ilse Brink ‘n manier vind om vir haar behoeftige ouers op die plaas te sorg. Die idee vat by haar pos om met ‘n ryk man te trou. Daar is Bruce Reyneke met die baie geld, asook Tobias Meiring, die ryk kunstenaar. Maar haar boesemvriend, Henk Retief, hou Ilse ook met ‘n arendsoog dop. In Man van lig en skadu ontmoet Petri Aucamp vir Hougaard Reyneke by die partytjie van haar baas se bedorwe dogter, Nicolette. Hougaard red vir Petri uit ‘n moeilike situasie en laat haar hart sommer vinniger klop. Maar is hy dalk die man wat uitgekies is om aan Nicolette verloof te raak?

Аннотация

Die beeldskone Adela Morgan staan aan die begin van ‘n belowende loopbaan as aktrise in Brittanje, maar dan gebeur iets wat haar toekoms kan kelder. Haar mede-akteur ry byna ‘n ruiter raak en bots sy sportmotor, met Adela in die passasiersitplek, teen ‘n boom. Adela is beseer en het ’n diep sny oor haar wang wat sekerlik ‘n letsel sal laat. Dan stel die ongedeerde ruiter homself as dokter James Beresford, ‘n plastiese chirurg, voor. Hy bied aan om haar gesig by sy kliniek te behandel sodat die sny daarna byna onsigbaar sal wees. Adela voel veilig by die lang donkerkopman wat boonop, soos sy, ‘n immigrant van Suid-Afrika is. Maar by die luukse kliniek kry Adela te doen met katterige vrouens wat om James se aandag meeding. En wanneer Adela ongewenste media-belangstelling na die kliniek trek, lyk dit asof dinge nooit tussen haar en James sal werk nie. Die dokter is gesteld op privaatheid, maar enigeen wat by Adela betrokke raak, sal gereed moet wees vir ‘n lewe in die kollig.

Аннотация

Isolde Harmse is desperaat om te vlug nadat haar obsessiewe eksman, Reghardt, weereens uitgevind het in watter dorpie sy wegkruip. Dan daag Hugo Barnard, die beroemde kletsrymer wat onder die verhoognaam Adonis optree, by haar masseerpraktyk op en toe hy hoor hoe Reghardt haar oor die foon dreig, bied hy vir haar ’n uitkoms aan. Hy sal haar beskerm en met hom saamneem tot in die Kaap as sy sal voorgee om sy meisie te wees ter wille van reklame vir sy nuwe album. Hugo meen hulle moet Reghardt uitlok sodat die polisie hom eens en vir altyd kan vastrek.En Isolde stem in, want sy kan nie so aangaan nie. Buitendien sal dit nie ’n straf wees om aan dié vuurwarm man met die sagte hart se arm te verskyn nie – al het hy tatoes en ‘n oorbel! Dalk kan sy Hugo ook help, want hy dra blykbaar onnodig swaar aan skuldgevoelens. Of steek daar waarheid in die sinistere stories wat Isolde oor Hugo se verlede hoor? Kan sy haar hart aan hom toevertrou, of is sy al weer met ’n gevaarlike man deurmekaar?

Аннотация

In As die lied verstil verlaat Chrissie Erasmus haar ouma se huisie in Dennedal en word Christine van Johannesburg, al het haar ouma so gedroom van ’n huwelik tussen haar kleindogter en die gawe Jan Barendse. Maar sal Chrissie terugvlug na die rustige vallei van Dennedal wanneer die hoë hoogtes van die vermaaklikheidswêreld vir haar te veel word? In Die despoot van Duiwelskloof ontvlug Marina Minnaar haar ongelukkige verlede as mannekyn deur vir die broers Michael en Johan de Beer te gaan huisbou. Michael is ’n moeilike man, maar sy broer, vasgekluister aan ’n rolstoel, word Marina se bondgenoot en vertroueling. In Regters oor gister het Fred en Anita Preller twintig jaar tevore ’n verkeerde besluit omtrent hul dogter, Mignon, en haar tweelingbroer, Steve, geneem – ’n fout wat nou duisend maal vergroot terugkom en twee jongmense in die ban van ’n verbode liefde hou.

Аннотация

Wanneer ingenieur Salomé Delport per ongeluk hoor hoe haar nuwe baas, Malan Verster, twyfel of sy die manlike werkers op die bouperseel kan beheer, is sy vasbeslote om die vent verkeerd te bewys. Sy wat Salomé is, is net so gemaklik in ’n oorpak as in die blink rokkies wat sy by haar suster, Magdaleen, se dansskool dra. Malan moet haar nie onderskat bloot omdat sy ’n vrou is nie. Maar dit voel asof die perfeksionistiese Malan, ’n bekroonde argitek én ingenieur, alewig op die bouperseel rondhang om oor haar skouer te loer. Of is dit om ander redes dat hy gedurig haar geselskap opsoek? Selfs wanneer Salomé ’n ander sy van Malan sien – die een wat byna sorgvry die langpad na sy familieplaas met sy motorfiets aandurf – en dit lyk asof hy sy persepsie van haar verander het, bly Salomé lugtig vir hom, want sy wil nie bloot nóg een van sy string meisies word nie. Daarvoor het sy te veel selfrespek. Maak nie saak hoe aantreklik hy is nie . . .

Аннотация

Kosbaar soos die lewe: Elizabeth Benade wonder of sy die regte ding gedoen het om haar werk by die rekenaarfirma te bedank en as huidhoudster te gaan werk vir die moeilike dokter Richard Nel. Sy seuntjie is ʼn handvol, maar dis duidelik dat die kind smag na warmte en liefde. En dis nie lank voor Elizabeth haar oor hom ontferm en betrokke raak by hierdie pa en seun se lewe nie.

Аннотация

Geskenk uit die hemel: Die suksesvolle sakeman Pieter Louw leer Maja ken toe hy haar raak ry: ʼn jong meisie met ʼn rugsak wat hy eers hospitaal toe moet neem. En daarna, toe dit blyk sy het so pas aangekom en ken niemand in Kaapstad nie, neem hy haar saam na sy huis. So begin ʼn voorlopige verblyfreëling wat tot talle onmoontlike en baie snaakse situasies lei.

Аннотация

Die lente kom weer: Frans Fourie is ʼn perfeksionis en dus hoogs geïrriteerd wanneer sy ou, ervare sekretaresse met siekverlof gaan en hy gewoond moet raak aan iemand anders. Eers is hy skepties oor die jong vrou wat by haar oorgeneem het, maar Kristien blyk ʼn uitstekende plaasvervanger te wees; professioneel en saaklik, soos hy verkies. Hoekom is hy dan teleurgesteld oor haar koel en onbetrokke houding?