Аннотация

In Vreemdeling in Eden moet Karlien Steenkamp binne ’n week ’n man kry en trou as sy haar susterskind, klein Essie, wil behou nadat sy wees gelaat is. Julius Schreider, skatryk Seychellese sakeman, soek ook dringend ’n vrou – vir net ses maande. En Karlien gryp na hierdie strooihalm. In Waar die wilde besembos bloei het Melinda se ma, Ursula, haar op agtjarige ouderdom verlaat om ’n glanslewe as rolprentster na te jaag. Dertien jaar later lê Melinda se pa op sterwe en sy gaan soek haar ma op die Kanariese Eilande. Ursula is verloof aan die Spaanse markies Lorenzo la Blanca en wil van Jim skei. Maar die markies weet watter vrou hy na Villa del Rosa wil neem . . . In Altaarvure op Kandavu moet Marika Lubbe vir dr. De Wet Zandberg na die Fidji-eilande vergesel om sy dogtertjie te versorg. Daar kruis hul paaie met Irene, De Wet se vervreemde vrou, wat saam met dr. Graciël Engelhardt ’n hospitaal bestuur. Nie De Wet óf Graciël kan hul aangetrokkenheid tot Marika wegsteek nie . . .

Аннотация

Victoria Vermaak se ouers nooi haar saam op ’n luukse bootreis om te herstel ná sy in ’n motorongeluk betrokke was. Haar lewenslustige vriendin Belle, wat saamreis, het egter nie net herstel in gedagte nie: Sy het die bootrit na die MVV – die manvangvaart – herdoop en is vasberade dat sy en Victoria voor die einde van die vakansie elk ’n nuwe manlike bewonderaar moet hê. Op die boot loop Victoria vir Bartho Krüger raak, die sakeman wat sy die aand van die motorongeluk ontmoet het. Hy herstel ook op die vaart ná ’n ski-ongeluk hom tydelik aan ’n rolstoel gekluister het. Hoewel die besonderhede van hul eerste ontmoeting vaag is, onthou Victoria dat hy vir haar presies gelyk het soos sy haar droomman voorstel. Is Bartho werklik als waaroor Victoria nog altyd droom? Is dit net sy afhanklikheid van die rolstoel wat hom so nukkerig maak? Wat van sy broer, Lukas, wie se blote aanraking haar vel byna aan die brand laat slaan . . .?

Аннотация

Аннотация

Drie van Annelize Morgan se beste verhale: In ’n Sluier vir Shahira word Isabelle Deneuve deur seerowers na Arabië weggevoer en as slavin aan die wrede sjeik Salem Khidr verkoop. Sy aartsvyand, sjeik Xavier Jarad, raap haar egter voor sy neus weg. In Melktert en kaviaar droom liedjieskrywer Emma Steyn daarvan om haar eie liedjies op die verhoog te sing en Xander Vermeulen, die eienaar van ’n musiekmaatskappy, wil help. Maar haar eks, die sanger Ingo, kan als beduiwel. In Liefde sonder hawe bring Isabeau sewentien jaar van haar lewe op ’n seerowerskip deur terwyl die hoop vervaag dat sy haar jeugliefde weer sal sien. En dan verskyn seerowerjagter Armand du Bois op die toneel.

Аннотация

In Mense van die môre herleef Bina se liefde vir Dawid, die seun van oom Kola wat haar grootgemaak het, toe Dawid met sy vrou en kind uit die Kaap terugkeer. ’n Jong predikant word Bina se vertroueling. In Maak brand die lampe het Ester Hartman se nuwe baas, Denis Dalton, se meisie hom verlaat en hy bied vir Ester sy woonstel aan. En in Een lang winter kry Elise Tredoux met alle soorte ouers en voodge te doen by die musieklesse wat sy aanbied – insluitende die moeilike Robin Hendriks.

Аннотация

Letitia le Roux vererg haar bloedig toe sy sien hoe Chris Swart, die nuwe lektor by die kollege waar sy werk, een van haar studente se pogings as ’n voorbeeld van swak ontwerp aan sy klas voorhou. Die arrogante vent moet hom by sy digitale vakke bepaal en die tradisionele dissiplines soos skilder en teken vir háár los! Laatnag begin Chris vir haar boodskappe stuur en Letitia besef meneer Spiertier is alleen en slapeloos, nes sy . . . Sy wonder oor die verlede wat by hom spook. Wie is Mariah, die naam wat op sy arm getatoeëer is? Letitia het haar eie lysie van dinge wat sy wil doen om haar lewe weer op koers te kry ná haar egskeiding; sy het nie tyd om te probeer uitwerk wat in Chris se kop aangaan nie. Maar ná hy haar asem in die kollege se hysbak wegsoen, kan sy nie sy gesig, met die sexy litteken op sy bolip, uit haar gedagtes kry nie.

Аннотация

In ’n Bruidegom vir Lille moet Lille Jacquard met Philippe Bidault, ’n man wat sy nie ken nie, trou om haar erfporsie te bekom. Die geldwolf Louis Pacquin vertrek saam met Lille na die Kaap, oënskynlik om haar bruidegom te help soek, maar wat is sy ware motiewe? Toe Lille impulsief vir graaf René de Louvois tot ’n tweegeveg uitdaag, raak sy ál meer in ’n web van leuens verstrik. In Die spookvrou van Santa Catalina kom die avontuurlustige Juanita de Ramiro, oftewel die “spookvrou”, teen boekanier én seerower te staan. Maar die dag toe sy De Gramont voor haar bemanning verneder, begin sy beheer verloor . . . oor haar hart én haar lewe. En in Bruid uit die vreemde reis Franse edelvrou Jacqueline na die suidpunt van Afrika nadat sy ’n brief van haar verdwene tweelingbroer ontvang. Maar loop sy dalk oopoë in ’n lokval in wat deur Estienne de Savoye, die man wat sy van haar pa se moord verdink, vir haar gestel is?

Аннотация

Wanneer Nicola Meyer agter haar kamera skuil, voel sy veilig en in beheer. Dit laat enige onstuimigheid in haar binneste bedaar. Selfs toe sy, in haar beroep as fotograaf, vlugtelinge oorsee afgeneem het, het sy al die hartseer in haar foto’s gekanaliseer en dit só van haar afgeweer. Sy huil nooit nie. Maar toe sy na Suid-Afrika terugkeer, dreig haar onderdrukte emosies om uit te borrel – en dis alles Francois Olivier, haar skoonsus se baie aantreklike broer, se skuld. Hy soen haar onverwags, vat aan haar, en laat haar wêreld tol. Hy sien die hartseer raak wat sy diep wegsteek en daag haar uit om te erken hoe sy voel. Nicola probeer om met haar kamera afstand tussen hulle te skep. Maar as sy haar weer kom kry, fokus sy op sy sterk gelaatstrekke. En wat is die uitdrukking wat sy daar sien? Geen man het al ooit só na haar gekyk nie. Sal Nicola haar verskansing kan laat vaar? En is dit liefde wat sy deur die lens sien?

Аннотация

In Hart van die son beland Nadia Pretorius in die hof ná traumatiese gebeure. Sy word vrygespreek danksy Dewald Duvenage se knap regsvaardighede en hy kry ook vir haar werk by sy pa se prokureursfirma. Maar Nadia is steeds vasgevang in die verlede en neem verlof om haar grootwordplek, waar alles begin het, te besoek. In Beenaf bokkie val die bodem uit Candy Cilliers, diere-aktivis, se wêreld toe haar ouers feitlik oornag alles verloor. Nou is hulle diep in die skuld by haar “oom”, Fouche Mulder, en hy verwag sy moet vir hom gaan huishou op sy plaas – waar hy sowaar toelaat dat mense onskuldige bokkies met gewere jag! In Romanse agter die skerms wen Colette ’n naweek op ’n gasteplaas saam met haar gunsteling-tydskrif se held van die maand. Maar die “held”, Emile, is juis die een man saam met wie Colette nié wil wees nie. Want hy hét al haar hart gebreek. Sal hierdie naweek hulle weer bymekaar bring? Of is dit die aantreklike Antoine de la Roche wat Colette se hart sal verower?

Аннотация

’n Skenkerhart gee Mienke Langeveldt ’n tweede kans op die lewe. Maar sy kan dit nie ten volle geniet nie, want sy het per ongeluk uitgevind wie die vrou was wat moes sterf sodat sy kon lewe: geliefde aktrise Sheralize Myburgh wat saam met haar man, Franco Greeff, in ’n gewilde sepie gespeel het. Mienke wil haar dankbaarheid teenoor Franco en sy kind, Audrey, betoon sonder dat hulle uitvind wie sy is. Toe sy die geleentheid kry om vir Audrey skool te hou in Franco se kasteel by Noetzie, gryp Mienke dit aan, ondanks ’n gegis dat Sheralize se dood nie ’n ongeluk was nie. Is Franco net so ’n skurk soos die karakter wat hy in die sepie vertolk? Enersyds weet sy nie of sy Franco kan vertrou nie, maar andersyds voel sy sterk tot hom aangetrokke, al vreet die skuldgevoel haar op. Hoe moet sy haar hartsbegeertes verstaan? Is daar werklik iets soos sellulêre geheue? Voel sy net wat Sheralize gevoel het weens die hart wat in haar lyf klop? Of is Franco regtig die man wat Mienke wil hê?