Аннотация

Muskiekonderwyseres Christa van Graan moet teen haar sin op ʼn afgeleë plaas gaan skoolgee. Dis nie die elf seuns vir wie sy klasgee wat haar pla nie, maar eerder die baas van die plaas, baron Von Leipsig, wat haar teen die bors stuit. Sou hy haar ná al die jare onthou? En is hy steeds so ʼn gemene buffel?

Аннотация

De Wet Vermeulen se ouers is dankbaar toe sy aanneemsuster, Madie, ook ʼn pos in die stad aanvaar. Dan kan die twee tog na mekaar omsien. De Wet se modelmeisie stel hoë eise, terwyl Madie verlief raak op die geheimsinnige Theo Lendorf. In plaas van mekaar by te staan, raak De Wet en Madie toenemend van mekaar verwyder.

Аннотация

In Liefde per dosyn moet musiekonderwyseres Christa van Graan teen haar sin op ʼn afgeleë plaas gaan skoolgee. Dis nie die elf seuns vir wie sy klasgee wat haar pla nie, maar eerder die baas van die plaas, baron Von Leipsig, wat haar teen die bors stuit. Sou hy haar ná al die jare onthou? En is hy steeds so ʼn gemene buffel? In Waar die Suiderkruis hang pak agtienjarige weesmeisie Katrien Kruger die lang, gevaarlike pad Duitswes toe saam met die Liebenberg-gesin aan. Vandat sy vir hulle begin werk het, het die Liebenbergs soos familie geword. Dis net aan Faan, die middelste Liebenberg-seun, wat Katrien nie as ʼn broer wil dink nie. Maar hy het net oë vir Helena Pretorius met haar verfynde afrondingskoolmaniertjies. In ʼn Vrou vir Herman soek beesboer Herman van Rensburg ʼn vrou soos sy ouboet s’n – Magriet wat sy voete onder hom uitgeslaan het. In die Boland leer hy die jong perde-afrigter Estie ken en geniet haar geselskap, maar dis die toekomstige eienares van die plaas waarop hy tydelik werk kry, Leana met die gesofistikeerde maniertjies en wulpse vroulikheid, wat sy hart wild in sy borskas laat tamboer slaan…

Аннотация

In Sy was ’n somerdeel kom Jonathan Bergman op Isaacsdal aan om ʼn stuk dorpsbeplanning vir sy firma te doen. Is dit te veel gehoop dat sy werkgewer en dié se pragtige dogter Jeannie nie alles omtrent sy verlede uitvind nie? In Dan kom die eensaamheid bestaan daar vir Hantie Hasper geen twyfel dat sy en Manus Bruwer binnekort sal trou nie. Maar dan gebeur daar iets wat haar totaal teen Manus en sy mense laat draai. Hantie word slegs staande gehou deur Billy de Meyer, haar werkgewer wat self met verdriet worstel. In Skerwe van geluk is De Wet Vermeulen se ouers dankbaar toe sy aanneemsuster, Madie, ook ʼn pos in die stad aanvaar. Dan kan die twee tog na mekaar omsien. De Wet se modelmeisie stel hoë eise, terwyl Madie verlief raak op die geheimsinnige Theo Lendorf. In plaas van mekaar by te staan, raak De Wet en Madie toenemend van mekaar verwyder. En in Lamplig teen die seile vergesel Kinnie Rigter, wat as weeskind grootgeword het, vir Rudolf Viljee en sy ma delwerye toe. Sy is jare al verlief op Rudolf, maar hy is haar niggie se kêrel. Kinnie ontmoet vir Sephton Butler, ʼn speelmaat uit haar kinderjare. Kan daar uit die harde delwerslewe ʼn sprokie groei?

Аннотация

In Die kluisenaar van Abendruhe moet Thero van Zyl, die beeldskone sosiale vlinder met ʼn geheimsinnige kwaal, teen wil en dank die pad vat in haar rooi sportmotor na die eksentrieke kluisenaarsdokter Emile Fraser se hospitaal in die Drakensberge. Abendruhe word vir Thero nog ʼn speelveld om in rond te dartel en van haar hart weg te vlug, maar Emile duld nie speletjies nie… In Sluiers van die nag sluit dokter Ralph Weideman ʼn bitter verlede vir Maryke Linde oop. Sy wend haar tot die wildvreemde professor Paul de Vries, en intuïtief kom hy tot haar redding. Maar is hul maskerade oortuigend genoeg om te keer dat Maryke haar laaste waardevolle besitting verloor? En in die speelse verhaal Junior in saal 7 gee ʼn wit leuentjie daartoe aanleiding dat almal dink leerlingverpleegster Louwrinda Kemp het ʼn verhouding met haar uiters aantreklike nuwe professor in Verloskunde. Maar kort voor lank besef sy dat daar tóg waarheid in hierdie gerug mag steek.

Аннотация

In Soos ʼn silwer droom het Rina Verhoef pas haar onderwysstudie voltooi en vertrek op ʼn reis na Lissabon. Rina het ʼn wil van haar eie, maar dan ontmoet sy die markies Conzalo de Valcada, wat gewoond is aan absolute gehoorsaamheid en onderdanigheid. Kort voor lank begin die vonke spat. In Ver bo korale hoor dokter Elaine Enslin die ontstellende nuus dat haar pa verplig word om die familieplaas te verkoop – aan Niel Durandt van alle mense! Sy kon die Durandts nog nooit verdra nie. En dan begin Niel boonop by haar aanlê… maar sy sal haar nie só maklik laat tem nie. In Sag ruis die nagwind besluit miljoenêrsdogter Alta van Eden om ʼn verpleegster te word ná haar pa in ʼn ernstige motorongeluk betrokke was. Wanneer sy oom Petrus Conradie op Saaiplaas gaan verpleeg, leer sy ook sy kinders ken – en dít is nie altyd aangenaam nie. En oom Petrus se testament bevat ʼn eienaardige bepaling wat vir Alta baie pyn, maar ook uiteindelik ongekende vreugde meebring.

Аннотация

Beeldhouer Leah Louw moet al haar energie fokus op die beelde wat sy vir ’n uitstalling oor Madiba se nalatenskap maak. Maar wanneer Leah en haar suster, Mari, en dié se kinders in ’n motorongeluk betrokke is, word haar lewe op sy kop gekeer. Die beseerde Mari en haar kinders kom by Leah bly en die buurman Hein Malherbe, teen wie se motor hulle gebots het, ontferm hom oor hulle almal. Terwyl Leah aan haar beelde moet werk, kan sy haar aantreklike argitek-buurman nie uit haar kop kry nie. Maar Mari blyk ook haar oog op Hein te hê. Hoe kan Leah haar suster, ’n enkelma, van ’n kans op geluk ontneem? Nee, Hein is beslis verbode. Buitendien, by watter suster lê hy nou eintlik aan?

Аннотация

Donna Ferguson is ’n eenkantmens en ’n realis. Maar wanneer sy by ’n kunsuitstalling oogkontak maak met ’n wildvreemdeling wat ruwe manlikheid uitstraal, doen sy iets wat glad nie in haar aard is nie. Sy soen hom sowaar in die galery se tuin. Donna dink sy sal hom nooit weer sien nie, maar dan daag hy by haar voordeur op . . . saam met haar suster, Karen. Donna se droomman en Karen se nuwe liefde, veearts Pieter Visser, blyk een mens te wees. Dit lyk asof Donna weer iets kosbaars aan Karen moet afstaan omdat sy mos blonder en jonger is – maar veral omdat haar kleinsus siek is. Al is die aantrekkingskrag tussen Donna en Pieter hóé sterk, kan sy nie haar verliefde suster se swak hart waag nie.

Аннотация

Natalie Olivier het geen familie van haar eie nie, maar by haar vriendin Amelie se mense voel sy tuis. Totdat Amelie se swaer van Italië terugkeer. Neethling Meyer se sjokoladebruin oë onthuts Natalie heeltemal. En toe hy haar boonop soen, wil haar hart net nie meer normaal klop nie. Maar Neethling is ’n beroemde skrywer van rillerromans wat duidelik sy lewe as vrygesel geniet. Natalie weet mos hy is nie die tipe wat langtermynverhoudings aanknoop nie. Wat ook al tussen hulle is, sal nie hou nie. Jare ná haar kinderdae in die weeshuis vind Natalie uiteindelik meer oor haar verlore familie uit en begin sy om haar lewensverhaal in ’n laslapdeken uit te beeld. Maar Neethling se silhoeët duik telkens in haar uitbeeldings op. Is hul stories werklik bestem om te vervleg?

Аннотация

Toe ʼn beeldskone rooikopmeisie met die uiters onvroulike naam van Hennie Vermaak, wat sy saam met ʼn stowwerige plaasbiblioteek van haar oupa geërf het, op Sesdorings aankom om besit van haar erfenis te neem, begin die vonke behoorlik spat. Voor haar koms het sy immers geweet van die vete tussen haar oupa en die Meirings op die buurplaas… en ook dat die spul Meirings haar oupa behoorlik laat les opsê het. En wat kon hy, ʼn arme ou man, doen om hom te laat geld? Natuurlik moes hy maar af en toe op sy eie manier vir hulle wys hoe die vurk in die hef steek. Nie alleen wou Hennie van haar erfenis ʼn klinkende sukses maak nie, maar ook wou sy die onreg teenoor haar arme, weerlose oupa uitwis. Aanvanklik slaag sy in haar doel – maar dit is voordat die sjarmante Donnie Meiring op die toneel verskyn en die strydbyl begrawe. En veral voordat sy ouer broer, Carl, wat niks met enigiemand wat ʼn rok dra te doen wil hê nie, sy ware kleure wys.