Скачать книгу

Mag U elkeen lei en hiermee bystaan.

      Dankie, Vader.

      Amen.

      Noudat jy uit die vier blokkies in hoofstuk drie jou voorkeur­tipes verstaan en ’n moontlike idee het van hoe elkeen se kop anders dink, wil ek die sestien persoonlikhede opsommend verduidelik. Dit sal die verskille en interessanthede rondom jou identiteit uitlig en laat waardeer.

      Daar bestaan dus vier hoofgroepe, met verskille in elke groepe.

      Moontlikhede

      (Opsomming: einde van die hoofstuk)

SJ-HooftipeNF-HooftipeNT-HooftipeSP-Hooftipe
ISTJINFJINTJISTP
ESTJENFJENTJESTP
ISFJINFPINTPISFP
ESFJENFPENTPESFP

      Indien jy dalk verward is en jouself duidelik binne twee groepe sien en eintlik deurmekaar voel, wil ek dit verduidelik.

      Kombinasiepersoonlikhede

      Daar mag areas wees waar jy onseker was en in albei groepe tuis is, byvoorbeeld by Ekstrovert en Introvert. Dit beteken dan dat jy ’n kombinasie van ekstroverse eienskappe sowel as introverse eienskappe het. Jy het dus mense nodig as bron van energie, maar nie vir te lank nie, dan sal hulle jou uitput. Dit is op geen wyse verkeerd of verwarrend nie. Jou voorkeur is verdeel tussen die twee, E en I, en jy behoort ’n mate van balans tussen die twee te openbaar.

      Waar voorkeure by albei van die laaste groep voorkom, die Judging(J)/Berekend en Perceiving(P)/Begrypend, sal sulke persone van die voltooiing van sommige dinge hou, maar nie heeltyd onder druk wil verkeer ter wille van voltooiing nie. Sulke persone sal ’n toleransie hê ten opsigte van mense wat nie altyd betyds of pynlik netjies is nie, maar self soms ’n mate van behoefte daartoe hê. Dit behoort ook nie ’n probleem te veroorsaak nie, hoewel daardie persone hulleself soms ’n bietjie kan verwar, maar nie genoeg om oor bekommerd te wees nie.

      Waar gelyke tellings by die Gevoelsmens(F) en Denker(F) voorkom, sal daardie persone emosioneel/denkend wees en eintlik baie gebalanseerd voorkom. Sulke persone behoort dit soms moeilik te vind om te kies tussen rede en emosie, omdat hulle nie altyd weet of hul hart of verstand die keuse maak nie. Daar mag omstandighede wees wat die geneigdheid om van hart en verstand gebruik te maak beïnvloed, soos byvoorbeeld die dood van ’n kind, ’n egskeiding, onlangse trauma of ander beradingsinsidente asook nuutgevonde Christenskap of huidige grondige karaktergroei. Waar persone die Keirsey-persoonlikheidsanalise laat doen, sal hul puntetelling dit duidelik maak en hulle help om dit beter te verstaan en onsekerhede uit die weg ruim.

      Waar daar by die Sensories(S) en Intuïtief(N) gelyke voor­keure voorkom, mag sulke persone nou meer deurmekaar voel as ooit. Juis omdat hulle hul sintuie(S) gebruik om inligting te versamel en hul intuïsie(N) ook sterk ontwikkel is as bron van waarneming, weet hulle nou nie meer wat en hoe hulle dink nie. Dit veroorsaak innerlike konflik en laat hulle maklik sê dat hulle juis om hierdie rede nie te diep oor hulleself wil dink nie. Hulle kan dan effe vies voel. Hou moed, juis hierin lê ’n waardevolle antwoord, wat jou baie dinge beter sal laat verstaan wanneer jy dit begryp.

      (Ek gaan hierdie verskynsel breedvoerig bespreek, maar weereens wil ek jou aanraai om dit met ’n persoonlikheidsanalis of berader met kennis en ondervinding te bespreek.)

      Die verwarring ten opsigte van Sensories(S)/Intuïtief(N)

      Ek sien gereeld met berading dat mense wat vanuit die Intuï­tiewe(N)-groep kom, as kinders deur verskeie faktore beïnvloed is om te skuif na die rigting van Sensories(S). N-kinders is dromers en kan heerlik fantaseer. Hulle het ’n ryk verbeelding en kan maklik stories vertel en hulle so inleef in hul verhale dat hulle selfs die rolle begin vertolk. Kinders wat heeldag sit en dagdroom kan maklik ’n taakgerigte ouer wat gefokus is, hê (soos SJ), wat hulle uit hierdie droomwêreld wil inlei na die werklikheid. Sulke ouers is bekommerd dat die kind nooit op skool sy werk sal voltooi as daar heeltyd gedroom word nie. Hulle sal die kind dan help om te fokus, vinnig te maak, klaar te kry en eindelik minder verbeeldingryke stories te vertel, wat vir die SJ-ouer alte veel na lieg kan klink.

      Die skoolsisteem is op prestasie en voltooiing geskoei en daar is min tyd op skool vir stories, kreatief wees en daaglikse verbeeldingsvlugte. Kinders leer aan dat dagdroom en fantaseer eintlik “verkeerd” is en dat ons gou moet maak, klaarkry en aangaan. Heimlik ervaar kinders ’n verwerping van hul God­ge­gewe persoonlikheid en hierdie intuïtiewe inslag word al minder gebruik. Ons leef in ’n wêreld wat deur spoed, tyd, geld en vooruitgang gedrewe is – dit is grotendeels ’n swart-en-wit wêreld van reg of verkeerd. Intuïtiewe mense daarenteen geniet die grys gebied en funksioneer effektief daarbinne en kies ook beroepe waar hulle hierdie talente kan uitleef.

      Soos met enige talent, as dit nie gebruik word nie, neem dit af en is dit soms nodig om jou intuïtiewe gawe weer te leer gebruik en kreatief en innoverend te raak. Dit is belangrik om te weet dat jy die ware jy mag wees, al verskil jy van baie ander om jou! Alleen wanneer jy funksioneer binne jou ware Godgegewe persoonlikheid, sal jy totale vervulling ervaar en innerlik volkome geluk beleef.

      Die alternatief is waar die een ouer ’n SJ is, die ander ’n NF, en geneties is daar by een ’n emosionele inslag tesame met intuïsie. Daar is egter ook ’n strengheid wat met betroubaarheid en sin­tuiglikheid saamgaan en van jou ’n staatmaker maak. Dit mag ook aangeleerde gedrag wees, na gelang van van die omstandighede (die S-gedeelte).

      Juis weens hierdie verwarring wat kan ontstaan, is profes­sionele persoonlikheidsanalise van kardinale belang om jou ware persoonlikheid te ontdek en binne konteks te verstaan. Dit sal vir jou klaarheid gee om presies te weet hoekom daar twee kante aan jou is, en jy jouself soms as kompleks beskou. Dit mag amper voel of daar soms innerlike konflik binne jou siel bestaan – en al is jy lewenslank daaraan gewoond, verwar dit jou steeds.

      Persoonlikheidsanalise bied ’n lewensbelangrike bousteen rakende identiteit. Min mense soek regtig hiervoor, maar wanneer hulle dit eers gevind het en dit sin maak, bied dit antwoorde waarna hulle jare lank in die onderbewussyn gesoek het.

      Moenie jouself in die steek laat nie, jy is al wat jy het.

      – Janis Joplin

      Hooftipes en die onderafdelings

      Ek gaan nou die vier hoofgroepe verduidelik om hierdie konsep vir jou uiteen te sit. Moontlik kan jy reeds sien waar jy inpas en met watter een jy identifiseer.

      (Sien die opsomming aan die einde van hierdie hoofstuk as jy wil terugloer om seker te maak en ’n vinnige verwysing wil hê.)

      SJ-groep

      •ESTJ - Ekstrovert / Sintuiglik / Denker(T) / Berekend(J)

      •ESFJ - Ekstrovert / Sintuiglik / Gevoelsmens(F) / Berekend(J)

      •ISTJ - Introvert / Sintuiglik / Denkend(T) / Berekend(J)

      •ISFJ - Introvert / Sintuiglik / Gevoelsmens(F) / Berekend(J)

      Dit is duidelik dat hierdie groep slegs verskil ten opsigte van die TF(Denkend/Gevoelsmens) en die IE(Introvert/Ekstrovert). Al vier is oorheersend sintuiglik(S) en gebruik die sintuie as voorkeurgroep. Al vier is ook berekend(J) en hulle ervaar ’n dringendheid ten opsigte van afhandeling van take.

      Die SJ-hooftipe

      ESTJ, ESFJ, ISTJ en ISFJ

      Hierdie groep mense kan gesien word as standvastig en uiters betroubaar. Hul woord is hul eer en SJ’s is gemaklik met ver­ant­woordelikhede. Pligsbesef is deel van hul wese. Hierdie mense is taakgerig en gemotiveerd en skram nie weg van hul opgelegde take nie. Hulle lewer werk van hoogstaande gehalte en verwag dit ook van ander. Hulle is tuis en in die werkplek gesteld op orde en wil elke ding op sy plek hê. Vanweë hul doelgerigtheid is hulle uiters bruikbaar in ’n werksopset en vorder hulle ge­woonlik tot bestuursposisies in hul veld.

      Die SJ’s se geneigdheid tot verantwoordelikheid bring eg­ter nie altyd vir hulle die welverdiende waardering nie. Hulle ontvang oor die algemeen minder waardering as wat hulle toe­kom, juis omdat almal dit van hulle verwag of

Скачать книгу