Скачать книгу

hul voorgevoel en sesde sintuig.Funksioneer binne aksie.Funksioneer binne moontlikhede.Maak projekte klaar.Geniet die projek tot iets nuuts opdaag.Voete plat op die aarde. (Realis)Kop in die wolke. (Dromer)Volgens David Keirsey: 75% van die samelewingVolgens David Keirsey: 25% van die samelewing

      Kies jou persoonlike voorkeur:

      Thinking/Feeling (T/F) Denkend/Gevoel

      (Dink jy met jou hart of met jou kop wanneer jy besluite neem?)

      Denkers(T) is logiese mense en maak meer staat op kopbesluite. Hulle staan vir die waarheid en sal veg om hul punt oor te dra, selfs al kan dit ander seermaak. Hulle is taakgerig en laat hulle nie maklik deur emosies afsit nie. Hulle raak nie te persoonlik by mense betrokke nie en bly objektief. Hulle mag vir ander koud voorkom en is gewoonlik redelike hardekoppe. Hulle ver­wag die beste van elkeen en raak ongemaklik met te veel emosionele vertoon.

      Gevoelsmense(F) dink letterlik met hul harte en beleef emosie in hul besluitnemingsproses. Hulle identifiseer per­soonlik met mense en word as warm, liefdevolle mense ervaar. Hulle is gemaklik met hul eie emosies en maak staat op hul waardes en wil ander graag akkommodeer.

      Albei tipes is nodig en bruikbaar, maar hulle sien en beleef dinge totaal verskillend: Die een vanuit die hart(F), en die ander vanuit die kop(T). Onthou egter dat albei emosie beleef, die denker is net nie gemaklik om daaraan uiting te gee nie en sal miskien rooi raak of sweterige hande kry by die belewing daarvan. Net so gebruik die gevoelsmens ook sy kognitiewe denke, maar ervaar hy eers die hart se roepstem bo sy kop.

DENKEND(T)GEVOELSMENS(F)
Besluit met logiese denke.Besluit met emosie, sterker as denke.
Gee kritiek.Gee waardering en warmhartigheid.
Ferm.Gebruik oortuiging of manipulering. (Sag)
Taakgerig.Verhoudingsgerig.
Objektief.Subjektief.
Regverdig en eerlik, dikwels nie gepla oor ander se gevoelens nie.Diplomaties en versigtig vir ander se gevoelens.
Onpersoonlik betrokke.Persoonlik betrokke.
Neem opinies nie persoonlik op nie.Neem alles persoonlik op.
Gee erkenning meestal slegs waar prestasie oorskry is.Gee lof vir enige prestasie.
Het ’n harde kop.Het ’n sagte hart.
Volgens David Keirsey: 50% van die samelewingVolgens David Keirsey: 50% van die samelewing

      Kies jou persoonlike voorkeur:

      Judging/Perceiving (J/P) Berekend/Begrypend

      (Vind jy jou vrede binne afhandeling en orde of irriteer dit jou?)

      Hierdie voorkeur is ’n totale verskil in lewensbenadering en kan groot konflik en irritasie in verhoudings bring – by vriendskappe sowel as in die huwelik. Wanneer mense ’n nodigheid vind om take te voltooi en eers vrede ervaar as dit afgehandel is, is hulle Berekend(J). Hulle sal ’n dringendheid ervaar tot ’n projek voltooi is en kan dan eers waarlik ontspan. Hulle hou van orde, goeie tydsbeplanning en is gewoonlik betyds of streef daarna. Hulle beplan hul lewe en wil gereed wees vir aksie, en daarom voel hulle veilig in ’n georganiseerde beplande omgewing. Hulle hou nie van verrassings nie en leef binne redelike grense wat hulle aan hulle self stel. Hulle kan streng wees oor netheid en sukkel om binne chaos te funksioneer en te konsentreer.

      Begrypende(P) mense ervaar nie ’n dringendheid om dinge af te handel nie en kan sulke druk as stresvol ervaar. Hulle hou van die vryheid van die lewe en ervaar reëls en keerdatums as onnodige struikelblokke. Hulle het ’n meer gemaklike benadering ten opsigte van die lewe en kinders grootmaak – chaos kan later opgeruim word. “Live and let live!” Hulle verkies avontuur en wil nie hul lewe haarfyn beplan nie; hulle laat ruimte vir spontaneïteit en geniet dit om impulsief te kan reageer. Tyd pla hulle nie, ’n paar minute laat sal niemand doodmaak nie. Hulle kan mense wat altyd betyds is en almal aanjaag, vanuit hul rustige wese, soms as irriterend en vervelig ervaar. (Hoewel teenoorgesteldes mekaar tog kan aantrek.)

BEREKEND(J)BEGRYPEND(P)
Maak werk klaar voor hulle speel.Werk en speel soos hulle voel.
Hulle het ’n behoefte aan netheid, orde en voltooiing.Hulle ervaar druk wanneer netheid gehandhaaf en take voltooi moet word.
Besluite is vas.Alles is veranderbaar.
Beplan vooruit.Pas aan soos die dag vorder.
Voel veilig binne reëls en prosedures.Vind reëls beperkend en wil vry wees.
Gedruk vir tyd – meestal betyds.Daar’s nog baie tyd.
Verkies sperdatums.Sien sperdatums as relatief.
Hou daarvan om dinge klaar te maak.Hou daarvan om dinge te begin.
Geniet die finale produk.Geniet die tentatiewe produk met ruimte vir verandering.
Beplan hul toekoms.Laat die lewe net gebeur.
Volgens David Keirsey: 50% van die samelewingVolgens David Keirsey: 50% van die samelewing

      Kies jou persoonlike voorkeur:

      Noudat die vier verskillende voorkeurvlakke geïdentifiseer en verduidelik is, skryf jou vier letters neer waar jy meestal funksioneer en let op die kombinasies daarvan. Vanuit hierdie vier voorkeurvlakke ontstaan daar dan 16 verskillende persoonlikhede wat op sekere aspekte ooreenstem en op ander drasties en beslis verskil. Byvoorbeeld ESTJ of INFP of …

      Tydens professionele persoonlikheidsanalise word elke spesifieke persoonlikheidstipe breedvoerig bespreek, met verwysing na die benadering tot werk, as huweliksmaat, kinderlewe en tipiese persoonlikheidstrekke. Moontlike beroepe word ook bespreek en ’n persoon se inherente benadering ten opsigte van die lewe word duidelik en sigbaar weerspieël, sodat ’n mens jouself sien presies soos jy is. Laat jou persoonlikheidsanalise by iemand professioneel doen, juis omdat jy nou verstaan hoe grondig mense verskil. Op hierdie manier kan jy hieruit iets oor jouself leer wat waarde tot jou lewe toevoeg.

      Ek hoor gereeld dat mense tydens die voorlees van hul per­soonlikheidstipe vir my sê dat niemand hulle nog ooit so raak beskryf het soos hierdie persoonlikheidstipering nie. Dit is of ’n mens antwoorde op vrae kry waaroor jy nog altyd gewonder het, en so bring dit ’n dieper verstaan en aanvaarding van jouself net soos God jou gemaak het.

      Selfs ná die ware persoonlikheid uitkom en jy sien hoe jou brein funksioneer ten opsigte van besluitneming, gedrag, per­soonlike spasie en emosie, is dit steeds nodig om jouself te sien vir wie jy is, en te kyk of jy binne die wil van God leef ten opsigte van jou naaste en jou God.

      Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ’n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

      (Ps. 139:23-24) (1953-vertaling.)

      Waste no more time arguing what a good man should be. Be one!

      – Marcus Aurelius

      (Keirsey-seminare word op ’n gereelde basis landwyd profes­sio­neel deur Antoinette Struwig aangebied. Afrikaanse en Engelse verwerkings van verskillende dele van die handleidings, asook ’n CD met ’n elektroniese weergawe kan direk bestel word.

      Antoinette Struwig

      [email protected]

      Enige navrae ten opsigte van gekwalifiseerde professionele per­sone in jou omgewing wat hierdie toetse afneem, kan gerig word aan Antoinette Struwig.)

      4

      Die verstaan van wie ek en jy is

      Marital happiness is dependent on the extent that we meet our partners’ emotional needs.

      – Arnold Mol

      Voor jy kan weet wat ander nodig het, is dit noodsaaklik om jouself te leer ken en te verstaan. As jy jouself nie ken nie, is die kans groot dat jy ander ook nie sal verstaan nie, en nie regtig genade met hul andersheid sal hê nie. Eers daarna kan jy jou maat leer ken en met oë van aanvaarding na hom of haar kyk.

      Gebed

      Dankie, Vader, dat dat U ons met ’n spesifieke persoonlikheid in die moederskoot aanmekaar geweef het. Ek vra u seën oor almal wat hulleself

Скачать книгу