Скачать книгу

is die unieke aangebore wil en wese waarmee elke baba gebore word en is reeds sigbaar op ’n paar weke. Hierdie persoonlikheid bepaal of die baba gretig is om te eet, maklik slaap, of dalk kriewelrig is of gou protesteer wanneer hy of sy ongelukkig is. Alle ouers leer ken hul kinders met die grille en giere en andersheid en eendersheid en weet: Dit is ons kindjie! Soos die kinders grootword, en hulle aan omgewingsfaktore, ouers, traumas en oorwinnings blootgestel word, word kin­ders se inherente persoonlikheid gevorm tot hul uiteindelike karakter. In hierdie opsig kan ons verstaan dat ’n mens nie jou persoonlikheid kan ontwikkel nie, maar wel jou karakter.

      Met persoonlikheidsanalise wil ’n mens nie die mense se ka­rak­ter met hul aangeleerde gedrag vasvang nie, maar wel hul inherente, Godgegewe persoonlikheid. Wanneer ’n mens jou per­soonlikheid probeer identifiseer, kyk ’n mens nie na die “regte” eienskappe of dit wat jy wil wees nie, maar net na jou ware self, goed en sleg – die hele pakket. Tegnies gesproke sou ’n mens hierdie toets op verskillende tye van jou lewe kon afneem en sou die uitslag elke keer dieselfde wees, want dit vang ’n denkwyse, optrede en reaksie vas. Dit word weer deur jou in­herente persoonlikheid bepaal en nie deur jou ouderdom of geheelbreinontwikkeling nie.

      Die Bybel verwys op verskeie plekke daarna dat God ons geskape het volgens ’n Meesterplan, en elkeen tot in die fynste besonderhede uniek en spesifiek geskape het om ’n spesifieke rol te speel en ’n spesifieke taak te verrig. Dit sou as jou roeping verstaan kan word.

      You formed the way I think and feel. You put me together in my mother’s womb. You could see my bones grow as my body took shape, hidden in my mother’s womb. You could see my body grow each passing day. You listed all my parts, and not one of them was missing.

      (Ps. 139:13,15,16) (ERV.)

      Volgens hierdie Skrifgedeelte kan ons duidelik sien dat God ons persoonlikheidspesifiek geskape het – maar ook sekere dinge in ons lewe toelaat wat ons vorm en snoei.

      Die Keirsey-persoonlikheidsanalise-model

      Die Keirsey-persoonlikheidsanalise bied aan my as professionele berader die mees praktiese opsie om mense van hul identiteit te leer. Ná die uitslag van die analise help dit my om hulle beter te verstaan. Ek kan hulle dan help om mekaar beter te verstaan en hoe om mekaar op die beste manier te hanteer. Dit is ’n maklik toepasbare toets wat eenvoudig aangebied word en deur pro­fes­sionele persone in Afrikaans of Engels vanaf hoërskool tot op ’n hoë ouderdom afgeneem kan word. Dit is deur dr David W Keirsey, ’n veteraan-persoonliksheidsanalis van Amerika, ontwikkel wat spesialiseer in die pragmatiek van afrigting by ouers, kinders en huweliksmaats om konflik te verminder en samewerking te bevorder. Hy is ’n kliniese sielkundige wat al ver­skeie boeke in die menswetenskappe oor disfunksionele gedrag geskryf het, en het hierdie toetsing wêreldwyd bekend gemaak.

      In Suid-Afrika is daar meer as ’n 1 000 professionele persone wat daagliks hiermee werk. Die toets kan vinnig en effektief gedoen word. Hierdie persoonlikheidstoets word ook wêreldwyd in die sakewêreld vanuit ’n sielkundige perspektief gebruik en help mense om binne hul sterkste talente te funksioneer en mekaar beter te respekteer vir wie hulle is.

      Die kriterium waarop wêreldwyd gewerk word en waarvolgens persoonlikheid bepaal word, berus op vier alternatiewe en die kombinasies daarvan. Die kombinasie van een uit elk van die vier kategorieë sal dus jou persoonlikheid sterker weerspieël. (Dit word later duidelik uiteengesit.)

      Jy is in elke kategorie een van die twee

      (Die afkortings spruit uit die Engelse weergawe)

      •Extrovert or Introvert (E/I) Ekstrovert of Introvert

      •INtuition or Sensation (N/S) Intuïsie of Sintuiglikheid

      •Thinking or Feeling (T/F) Denkend of Gevoelsmens

      •Judging or Perceiving (J/P) Berekend of Begrypend

      (Probeer om in hierdie stadium die afkortings te koppel aan die Afrikaanse begrippe sodat jy dit kan begin verstaan.)

      Dit is waarlik belangrik dat ’n mens in gedagte hou dat mense nie slegs in een groep sal val nie, maar eienskappe van al­bei sal hê. Jy mag hoofsaaklik ’n Introvert(I) wees, maar in mindere mate ook Ekstrovert(E)-eienskappe besit. Dit is juis die mate waartoe ’n persoon natuurlik tot ’n groep neig wat bepaal wat jou inherente persoonlikheid is. Ná die toetsing van persoonlikheidstipe sal hierdie begrip duideliker verstaan word, maar maak jouself so­lank vertroud met die verskille. Ter wille van ’n beter verstaan hiervan kan jy probeer om in hierdie groepe jouself te identifiseer en jou sterkste voorkeur neer te skryf.

      Extrovert/Introvert (E/I) Ekstrovert/Introvert

      (Hoe jy jou energie inneem.)

      Om te onderskei kan ons sê dat Ekstroverte(E) hul energie kry van menslike interaksie met ander. Hulle is gereeld sosiaal en geniet ander mense se teenwoordigheid. Hulle het letterlik mense nodig om te funksioneer en hulself te herlaai. Hulle funksioneer daarom goed binne groepsituasies.

      Introverte(I) is weer meer na binne gekeer en verkry hul energie vanuit hulself en hul gedagtes en gevoelens. Hulle geniet tyd op hul eie en herlaai wanneer hulle in hul eie spasie is en privaatheid het. Hulle is gewoonlik nie groepdiere nie en sal ten beste onafhanklik funksioneer. Te veel menslike interaksie in een dag mag hulle moeg en gedreineer laat.

      (Let wel: Hulle geniet mense ook, maar verkies om nie die grootste deel van die dag tussen mense te wees nie en geniet dan een-tot-een-verhoudings, waar groepe mense hul energie kan dreineer.)

      (Kyk na die kort opsomming en waar jy onseker is tussen twee alternatiewe, skryf neer in watter kategorie jy meer natuurlik val.)

EKSTROVERT(E)INTROVERT(I)
Geniet mense en nooi hulle graag binne.Geniet hul eie geselskap en is tevrede tuis.
Hulle is vrolik en mensgerig.Hulle is gereserveerd.
Onderbrekings kan hulle stimuleer.Onderbrekings trek hul aandag af.
Praat oor wat hulle dink; dink hardop.Is privaat en hou hul gedagtes binne.
Hulle funksioneer graag in ’n groep.Funksioneer graag onafhanklik en alleen.
Geniet interaksie.Geniet konsentrasie.
Sosiaal.Territoriaal.
Doen eers en dink later.Dink eers en doen later.
Funksioneer in die algemeen.Funksioneer in diepte.
Praat soms te veel.Praat soms te min.
Volgens David Keirsey: 75% van die samelewingVolgens David Keirsey: 25% van die samelewing

      Kies jou persoonlike voorkeur:

      INtuition/Sensation (N/S) Intuïsie/Sintuiglikheid

      (Die manier waarop jy inligting inneem wat tot besluitneming lei.)

      Sintuiglike(S) mense maak ten sterkste gebruik van hul vyf sintuie om inligting op te neem en is gewoonlik realisties en prakties in alles wat hulle aanpak. (Die vyf sintuie: reuk, sig, gehoor, tas, smaak.)

      Hulle is die mense wat bewyse in alles soek en ondervinding en feite vertrou. Hul voete is plat op die aarde en hulle leef in ’n wêreld van werklikhede. Hulle sal ’n taak in kleiner dele opbreek om dit verstaanbaar te maak en is planmakers wat binne ’n roetine kan funksioneer. Hulle verwag dat elkeen sy deel moet doen en gee self hul beste.

      Intuïtiewe(N) mense vertrou hul sesde sintuig (intuïsie) en neem die meeste inligting op deur ’n “gevoel”. Hulle is visioenêr in hul denke en kan hul verbeelding gebruik om kreatief te wees. As kinders was hulle dikwels dromers en kon stories opmaak, fantaseer en hulself soms lekker in ’n wêreld van hul eie inleef. As volwassenes leef hulle in ’n wêreld van moontlikhede – herhaling en roetine kan hulle uitput. Hulle het nodig om binne nuwe inspirasie te funksioneer en sien die lewe vanuit ’n heel ander perspektief as die sensoriese persoon.

SENSORIES(S)INTUÏTIEF(N)
Reageer op ondervinding.Reageer op intuïsie.
Leer uit die verlede se ervarings.Kyk vorentoe na die toekoms.
Realisties en prakties.Spekulatief, kreatief en vindingryk.
Leef binne die werklikheid.Leef in ’n wêreld van wat kan wees.
Breek in dele op om verstaanbaar te maak.Sien die

Скачать книгу