Скачать книгу

julle die vreemdeling liefhê, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Die HERE jou God moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang en by sy Naam sweer. Hy is jou lof, en Hy is jou God wat hierdie groot en vreeslike dinge wat jou oë gesien het, aan jou gedoen het. Sewentig siele sterk het jou vaders na Egipte afgetrek, maar nou het die HERE jou God jou gemaak soos die sterre van die hemel in menigte (Deut 10:17-22).

      DANKGEBED

      U het u Naam en u Woord bo alles gestel.

      U openbaar U aan ons terwyl ons u Woord bestudeer

      om U beter deur u heilige Naam te leer ken.

      Loof u heilige Naam!

      SÓ STAAN DEUTERONOMIUM 10:17-22 GESKRYF

      En ék het op die berg gestaan soos die vorige dae, veertig dae en veertig nagte lank; en YAHWEH het my ook dié keer verhoor; YAHWEH wou jou nie in die verderf stort nie. Maar YAHWEH het vir my gesê: Staan op, gaan heen om voor die volk uit verder te trek, dat hulle kan inkom en die land in besit neem wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee.

      En nou, Israel, wat eis YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym van jou as net om YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym te dien met jou hele hart en met jou hele siel, om te hou die gebooie van YAHWEH en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan?

      Kyk, aan YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is. Maar net aan jou vaders het YAHWEH ’n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is. Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie. Want YAHWEH julle ‘Ĕlôhîym is Elohei (‘Ĕlôhîym) van die gode en YAHWEH Âdôn âdôn van die here; die grote, magtige en gedugte ‘Êl wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie; wat reg verskaf aan die wees en die weduwee, en die vreemdeling liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee.

      Daarom moet julle die vreemdeling liefhê, want julle was vreemdelinge in Egipteland.

      YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang en by sy Naam sweer. Hy is jou lof, en Hy is jou ‘Ĕlôhîym wat hierdie groot en vreeslike dinge wat jou oë gesien het, aan jou gedoen het. Sewentig siele sterk het jou vaders na Egipte afgetrek, maar nou het YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym jou gemaak soos die sterre van die hemel in menigte (Deut 10:17-22).

      HERE, onse HERE, u Naam …

      VOETNOTAS

Скачать книгу