Скачать книгу

Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee. Jy mag nie doodslaan nie. Jy mag nie egbreek nie. Jy mag nie steel nie. Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie (Eks 20:1-17).

      So staan dit geskryf

      Toe het ‘Ĕlôhîym al hierdie woorde gespreek en gesê: Ek is YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym, is ’n jaloerse ‘Êl wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou. Jy mag die Naam (Shêm) van YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym nie ydellik gebruik nie, want YAHWEH sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie. Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym; dan mag jy géén werk doen nie – nie jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het YAHWEH die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het YAHWEH die sabbatdag geseën en dit geheilig. Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym aan jou gee. Jy mag nie doodslaan nie. Jy mag nie egbreek nie. Jy mag nie steel nie. Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie (Eks 20:1-17).

      DIE HEILIGE TETRAGRAMMATON

      Die vier letters van יהוה, die heilige tetragrammaton (woord met vier letters), is van regs na links: Yodh, He, Waw en He.

      Die grammatikale grondbetekenis van יהוה is “HY IS”, wat dan in elke opsig ooreenstem met die HERE se openbaring aan Moses van wie Hy is (Eks 3:14).

      In die Fenisiese skrif (1100 v.C. tot 300 n.C.) is die Godsnaam só geskryf:

1.jpg

      In tiende-eeuse Aramees is die Godsnaam só geskryf:

2.jpg

      In hedendaagse Hebreeus word die Godsnaam só geskryf: יהוה.

      Die Romeinse transkripsie van die Godsnaam was YAHWEH.

      Die Afrikaanse transkripsie van die Godsnaam is HERE.

      HOE WORD DIE NAAM UITGESPREEK?

      Niemand weet werklik hoe die Godsnaam יהוה uitgespreek moet word nie, maar Wilhelm Gesenius (1786–1842) het op grond van sy navorsing oor vroeg-Griekse transkripsies voorgestel dat “Yahweh” die mees waarskynlike uitspraak is. Ons transkribeer dit in hierdie teks as YAHWEH, ’n skryfwyse waarin die ingevoegde klinkers net meer sigbaar is.

      UIT EERBIED VIR SY NAAM

      By vroom Jode het die tradisie ontstaan om die woord HaShêm (die Naam) te gebruik in plaas daarvan om die woord YAHWEH, die Naam waarmee God Hom aan die mens bekend gemaak het, hoorbaar uit te spreek. Derhalwe is die Godsnaam nooit in gewone gesprekke of diskussies gebruik nie.

      •Die gelowige wou byvoorbeeld sê: “Dank die HERE.” Binne bogenoemde tradisie het hy dan in sy gedagtes die heilige Naam, יהוה, gesien. Hy het die HERE in sy gedagtes op sy Naam יהוה gedank, maar uit eerbied vir die HERE het hy hoorbaar slegs gesê: “Baruch HaShêm” (“Dank die Naam”).

      •’n Joodse gelowige wou miskien ook sê: “Met die hulp van die HERE.” In sy gedagtes sou hy die heilige Naam, יהוה, sien en hy sou sy afhanklikheid van die Here in sy gedagtes bely, maar uit eerbied vir die HERE sou hy hardop slegs sê: “Be’ezrat HaShêm” (“Met die hulp van die Naam”).

      Voordat Jesus Christus na die aarde gekom en vir ons die toegang tot die HERE geword het, het dié wat in die geloof geleef het, God in direkte gesprek of gebed as Adonai (soewereine, oppermagtige God) aangespreek, waardeur hulle hul magteloosheid bely het en hulle beroep het op God se genade jeens die mens, die geringe.

      Daarom sê Abraham in Genesis 15:2: “Adonai YAHWEH, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is?”

      DIE GOD VAN DIE OU TESTAMENT IS DIE GOD VAN DIE NUWE TESTAMENT

      Die Naam van die God van die Ou Testament is die Naam van die God van die Nuwe Testament. Maar in die plek van die eerbiedswoord HaShêm (die Naam), het ’n Naam bo alle name van die ewige God na die mens gekom.

      Jesus Christus is die Naam waardeur ons na die Vader gaan, die enigste Naam in die hemel en op die aarde waardeur ons gered kan word, die Naam waarin ons mag bid en waarin ons elke behoefte in ons lewe na God mag bring.

      “Tot nou toe,” het Jesus Christus vir sy dissipels gesê, “het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees” (Joh 16:24).

      Só staan dit in die Nuwe Testament geskryf:

      Tot nou toe het julle niks in my (Jesus se) onoma (Grieks vir gesag, karakter, naam) gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees (Joh 16:24).

      NOUDAT JY WEET

      Noudat jy weet, sal jy die Ou Testament nooit weer soos tevore kan lees nie. Jy sal die majesteit en heerlikheid van die HERE ervaar wanneer jy sy Naam sag of hardop lees.

      Lees nou Deuteronomium 10:10-22, waarin Moses oor God skryf, soos wat dit in die Skrif geskryf staan. Waar “die HERE” staan, hoor jy, sien jy en lees jy YAHWEH. Waar “God” staan, lees jy ‘Ĕlôhîym. Waar “God van …” staan, kan jy Elohei lees.

      En ék het op die berg gestaan soos die vorige dae, veertig dae en veertig nagte lank; en die HERE het my ook dié keer verhoor; die HERE wou jou nie in die verderf stort nie. Maar die HERE het vir my gesê: Staan op, gaan heen om voor die volk uit verder te trek, dat hulle kan inkom en die land in besit neem wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee.

      En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel, om te hou die gebooie van die HERE en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan?

      Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is. Maar net aan jou vaders het die HERE ’n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is. Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie. Want die HERE julle God is die God van die gode en die HERE van die here; die grote, magtige en gedugte God wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem

Скачать книгу